Trekkerswee | Page 8

Totius
word aangevoer;?voorheen was daar so min maar nodig:?'n ryperd, biltong en 'n roer.
Dis nodig, ja, die tyd die vorder,?en daarom swyg hy maar en kyk.?Maar heel die Amajuba-w��reld,?alles wil hom so anders lyk.
Tog leef hy weer, die troue krygsman,?al trek hy nou maar same net:?'n oorlogsperd die stamp en runnik?wanneer hy hoor die krygstrompet!
XVI
Verlore!...?Die dag van stryd het mooi begin,?die burgers trek verwinnend in,?en boerename 't binnekort?oral 'n glorie-klank geword!--?'n Pragtige m?reglore!?Maar onder in oom Gert se hart?kom effens al, nog diep-verward,?'n fluisterstem na vore:?Verlore, verlore!
Verlore!...?Die dag van stryd begin so goed,?Suid-Afrika l�� aan hul voet...?Die Boer moet Afrika regeer!?Gryp gou, voordat die kans kan keer!?Buig uit die grense na vore!...?Maar nou kom daardie fluisterstem,?diep in oom Gert se bors geklem,?so duidelik na vore:?Verlore, verlore!
Verlore!...?Rookwolke nader uit die suid?en sprei hul oor die aard-breedte uit;?oor Drakensberg se veil'ge top?skuif swaar 'n donderonweer op;?die storm sing in wilde kore!?Oom Gert se stemme, in hom bekneld,?kom nou daar buite op berg en veld?al donderend na vore:?Verlore, verlore!
Verlore!...?Oom Gert die kon nie verder vlug,?en sit nou, met sy vrou, te sug?agter die ysterplate vas,?daar waar hy eertyds vryman was?en sy vryheid is wedergebore!?Die fluisterstem daarbinne kom?nou deur die ysterplaat weerom?as huilende windstem na vore:?Verlore, verlore!
Verlore!...?Die dag van stryd hou lank nog aan--?dis of die son nou stil gaan staan.?Maar eindlik roep hul rond: "Verby!?dis vrede, vrede weer, wees bly--?al is die vryheid verlore!"...?Dan keer die wilde stem as sug?weer in oom Gert se hart terug;?en dring dan weer altyd na vore:?Verlore, verlore!
XVII
Die oorlogsfakkel is gedoof,?en die oorlogskamp word oopgesluit.?Die nuwe tye, hooggeloof,?kom met gejubel, lank en luid.
Die burgers kom van oral an?en raak al met hul lot versoen.?Maar net oom Gert, gebroke man,?wat sal hy in so 'n w��reld doen?
Want ook sy troue vrou is dood--?die lewe van 'n handjie meel?en van 'n brok genadebrood?was haar as boerevrou te veel.
Willem, sy skoonseun--hy't vir hom?die boerdery eers waargeneem--?is skout, en het nie teruggekom.?Hy's seker nou totaal vervreem!
Oom Koos weer het sy grond verhuur,?en trek die ho? Bosveld in,?die Randse lewe is hom te duur?en skaadlik vir sy huisgesin.
Maar Dina--waar is sy en wat??sy die altyd skone boerevrou?...?Geheel verslingerd in die stad?en will'ge prooi van vreemdes nou!
Wanneer oom Gert van Dina hoor,?verbysterd al deur smart op smart,?dan roep 'n dubb'le stem: "Verloor!"?en dubb'le swaard gaan deur sy hart.
Geen antwoord is daar op die stem?wat vlymend deur sy siel nou gaan;?maar as die leed te vinnig klem,?roep hy: "Dit het die stad gedaan!"
[Illustrasie: "Di�� vaal-wit hopies dek hul bei, / vader en dogter, sy aan sy!"]
Groue Grawe
I
Dis heuwels, heuwels, heuwels net?sover 'n mens se oog kan speur:?maar heuwels sonder struik of gras,?en droewig-vaal soos as gekleur.
Langes die heuwels staan 'n ding?soos die houtgeraamte van 'n huis,?waarbowe rust'loos wiele draai?wat die waentjies optrek met die gruis.
Die heuwels is party al oud;?verlate en vasgere?n party,?en storms het baster-klofies in?hul naakte ribbes ingesny.
Die ander is nog in die maak?van poeiergrond of gruis nog grof;?en as die wind die fynes vat,?dan trek daar tuite stof.
Die heuwels lyk soos duine wat?in blankheid rys aan verre strand--?d����r rys hul uit die blou-diep see,?hier uit die aard se ingewand.
Hier's ook 'n dreuning soos die dreun?van sagbewo? w��reldsee,?en winde wend, dan hier, dan daar?die dowwe dreuning met hul mee.

Maar waarom is die heuwels dan?so hoog en ook so bleek??En waarom is die dreun so diep,?so droef nes een wat smartlik smeek?...
Hul s�� die duine aan strand is die?grafheuwels van wie sterwe in see;?en daardie droewe dreuning is?die klag van wees en weduwee.
Maar hi��rdie heuwels, heuwels dan?wat ook so hoog is en so bleek??En hi��rdie droewe dreuning dan?wat klaag soos een wat smartlik smeek?...
II
'n Agtal jare is weer verby.?Die boereplase is opgebou,?die platjies is weer huise nou,?die woeste leegte 'n landery.?Gou ruk weer alles in verband--?Suid-Afrika's 'n wonderland!
Maar net oom Gert se lewe kwyn.?Sy hart is nie meer in die werk,?sy wank'le bene is al onsterk,?en ook die plasie word te klein.?Die lewensreggie, kort van duur,?wag net nog op sy sterwensuur.
Wanneer hy die omtrek saans beskou,?hoedat die huis-tal groter word,?die vrydom steeds word ingekort--?dan s�� hy: "Ja, daar is dit nou!?Die vroe?re boere-paradys?is nou ����n molshoop, groot en grys.
"Hier bly net hope en holtes l��:?die vreemd'ling kraak die neut in twee?waarvan hy ons net doppe gee,?maar al die neutvet dra hy weg.?Ons goud gaan na 'n vreemde strand--?Transvaal bly l��: 'n armmans-land!
"Die voorpos van die armes woon?in Blikkies-dorp se kronkel-sink?wat ver soos bottelstukke blink.?Hul lewe van 'n hongerloon?in huisies aanmekaar gepas?en jaartjies vol van steenkool-as.
"Ag, arm Transvaal, waarvoor ek vrees,?jy't Afrika voorheen geroer?tot wakkerskudding van die boer--?sal jy nie nou die laaste wees??Jou heil'ge eersgeboorte-reg?word op die mark te koop geleg."
III
Oom Gert het min verwagting meer.?Nog ����n ding hou hom aan die loop,?dit is die vleugie van 'n hoop?dat eens sy dogter weer sal keer.?Die droewe en tog verbede dag,?daar bly sy siel nou stil
Continue reading on your phone by scaning this QR Code

 / 14
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.