Trekkerswee | Page 7

Totius
word gebuig, gevra, geswaai,?die arrems in mekaar gedraai.

Dan rus oom Gert, in slaap gesink,?waar net Gods sterre in stilte blink.
Rus?... Nee, hy sien op donker muur,?in helder letters van hemelvuur:
"Geweeg, geweeg, te lig bevind!"?Dan roep hy: "Ag, my arme kind!"
Sy vrou die stoot hom saggies aan,?maar berg ook self 'n snik en traan.

Dof word ��n saal ��n walsgeluid,?en langsaam gaan die lampe uit...
Leeg is die saal... Op tafelblad?staan le? bottels in hul nat.
En eind'lik, n�� die sondenag,?staan weer daarbuite 'n ander dag.
XII [A]
'n Warrelwind, die dagspook wat?so plots ontwaak,?en plots op straat of in die pad?sy dans-swaai maak--?is hy nie soms die bode van?'n storm wat naak?
Papiere, blare, voddegoed,?van stof deurdring;?geswaai, geruk, soos in 'n tregter?opgewring,?kry skielik lewe en asem, hul?dans in 'n kring.
Is dit 'n gees, haastig gedaal?uit ho?r lug,?wat van 'n naadrende onheil bring?die voorgerug?...?Kyk hoe die loom-lui stof geswind?sy voet ontvlug!
Of is dit dalk 'n toorheks wat?puur uit 'n grap,?op straat al in die rondte wals?met ligte stap,?en met die voddegoed en stof?kalkoentjies trap?...

Rumoer'ge warr'ling langs?die stof-vuil straat;?binne die sinkgebou staan al?'n mense-plaat,?en op die platform staan 'n klomp?klaar om te praat.
Uit alle w��reld-oorde saam?gewarrelwaai,?lyk hul oom Gert soos hane wat?staan koningkraai;?wanneer hul veg vir stemreg met?'n groot lawaai.
Intussen pak die stormwolk al?op Tafelberg;?en anderkant die water is?'n leeu vererg?wat nog in sagte woorde-klou?sy naels verberg.
Oom Gert is moeg van die tumult;?ryp is sy plan:?hy self met honderd ander storm;?gryp pote van?die stoele, en slaan op kop en lyf?so wat hul kan.
Die helde vlug na alle kant?die deurpoorte uit.?Van lae galery vlug hul?deur vensterruit,?totdat 'n al te dikkert daar?op half-lyf stuit.
Oom Gert laat hom dit dugtig op?sy sitplek voel.?Die dikkert skreeu sy buitevriend:?"o Pull, John, pull!"?Oom Gert die slaan; die dikkert roep:?"o Help, John, pull!"
[A] 'n Beskrywing van die stemreg-agitasie.
XIII
Is 't oorlog?... In oom Koos se huis?woel almal net om klaar te kry.?Daar word geslag weer en gebak,?en buite voor die agterdeur?trek reeds die seuns die bokwa reg?om op te pak.
Die harte voel nie lekker nie,?die woorde het angstig-min geword--?soos steeds by donker voorbesef,?by die vergeefse angsgevraag?van hoe en waar?die ontwaakte lewenslot sal tref.
Lughartig praat 'n enkele seun?hoe hy die Engelsman sal skiet,?maar moeder maan: My kind, my kind!?Die seun wyk willig vir die woord,?want, ja, daar was 'n kleinigheid?wat hy nog aan sy saal wou bind!
Dis amper klaar... Daar kom hul aan,?die burgers van die omtrek, want?oom Koos die is nog veldkornet...?Straks staan hul, teuel in die arm?en met gebo? hoof,?want een gaan voor in smeekgebed.
Die vrouens staan effens opsy,?met arrems oor mekaar gevou,?nou dat hul taak is afgedaan.?Nou kan hul eers hul smart besef,?en enkle droog met voorskoot-punt?al die eerste oorlogstraan.
Dan skuif en skok, met gang en draf,?die burgers op hul perde weg--?dit lyk somaar 'n mengelklomp!?Maar tussen hulle flikker-blits?geweldig in die lenteson?die blinkgemaakte mauser-tromp!
Oom Gert wat hom meer tuis voel by?di�� ruiterskaar--hy het oom Koos?sy krygsmansdiens al aangebied--?die luister hoe die jongspan in?hul oorlogsblydskap sing?die klanke van 'n oorlogslied:
XIV
Kom, burgers, trek die perde reg:?nou vrou en kind goeien-dag geseg!?Jongk��rels, los die n?i se hand;?en seuns, verlaat jul moeders, want?daar gaan 'n strydroep deur die land!?Gryp nou die teuels bymekaar--?die vierkleur is weer in gevaar!
Die regterhand gryp die visier,?die bors oorkruis 'n bandelier;?die spore in die sonskyn blink,?stiebeuels teen mekaar weerklink,?die ketel aan die saal rinkink.?Kom, burgers, hou nou bymekaar--?die vierkleur is weer in gevaar!
Laat aan die trippelaar sy pas,?maar hou die vuurge hingste vas.?Die agterstes moet ingalop?tot binne-in die ruiter-trop--?die ponie en die bossie-kop.?Kom, burgers, ry so bymekaar--?die vierkleur is weer in gevaar!
Trek burgers, almal nou geteld,?al voort maar deur die wye veld,?en of jul al omlaag verdwyn?of op die heuwels weer verskyn--?wys altyd weer die slingerlyn.?Kom burgers, trek so bymekaar--?die vierkleur is weer in gevaar!
Jaag, burgers, jaag oor rant en rots?wanneer jul teen die vyand bots.?Ruk in, spring af en pos gevat?aan die onwrikbre ryperd-blad.?Mik fyn, kyk waar die stoffie spat!?Staan, burgers, staan dan bymekaar--?die vierkleur is weer in gevaar!
En moet jul val, val dan met eer,?met die oog die vyand toegekeer;?val op die grense, man en perd,?die oue vierkleur is dit werd,?en die eerkroon wink al uit die vert.?Val burgers, val dan bymekaar--?die vierkleur is weer in gevaar!
XV
So sing die jonges vol van vreugde,?maar ag, oom Gert se hart is seer?as hy straks diep en dieper peinsend?gaan langs die slagveld van weleer.
D����r l�� Majuba, donker kleurig,?sy sye een en al terras;?dis of die berg van alle eeue?vir wonderdaad geskape was.
Daar l�� Laingsnek; dis of Gods hande?dit vir 'n skanswerk uit wou bou.?En daar's Ingogo's kronkelbedding--?net om die vyand op te hou.
Daar's nog die wonderlike hoeke,?net om die vyand vas te keer;?maar ag, oom Gert voel nou so anders,?sy hart is onverklaarbaar seer.
Hy sien nou oral groot kanonne,?hy weet nie of die ding sal gaan.?Die treine voer nou alle soorte?van wapens uit die hoofstad aan.
Daar is hom ook so baie mense,?en baie goed
Continue reading on your phone by scaning this QR Code

 / 14
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.