op wag.
Sy hopie word hom aangesterk?deur 'n storie in 'n boek gelees:?"In Skotlands berge is 't gewees,?en 't was ook daar 'n stad se werk.?'n Eenge dogter in haar fleur?is uit die vadershuis geskeur.
"Nie wetend waar sy swerwend gaan,?kon haar vader net nog bid.?Geen grendel is snags opgesit,?maar deur die deur wat opestaan,?flikker 'n kersie heelnag lang,?wat haar by weerkoms moet ontvang.
"En ja, sy het eennag gekom!?Die trekking van die ver-oop deur,?en kersgeflikker deur die skeur,?die stille bede-heiligdom--?ja die gebed nog allermees--?was 't vir haar hart te sterk gewees?...
"As sy haar vader wenend kus,?bars die oue ook in trane uit:?'My kind, die deur was nooit gesluit?en daardie kersie nooit geblus;?d����r het ek biddend, nag aan nag,?geduldig op jou koms gewag.'"
Maar ag, oom Gert se hart is bang;?want as die jaartal al maar slyt,?dink hy: "My hoop is ydelheid,?my wagte duur tog al te lang;?my lewensdaggie's netnou om,?en dan het sy nog nie gekom."
Die mense vier al Unie-fees!...?Hy, arme, sal ook maar gaan kyk?hoedat die nuwe w��reld lyk--?wie weet, miskien sal sy daar wees!?Sy eensaamheid verlaat hy dan?en kyk die vreemde w��reld an:
IV
Hoe mooi het al die stad geword!?Hoe slinger, soos 'n krans, omheen?die villatjies in keur van steen?en wisseling van boumodel!
Hoe mengel hulle kleuretint,?van helder-wit tot donker-dof,?omlaag, omhoog; dis alles of?'n kunst'naarshand hul plek bepaal.
Hoe groei die bome in die rots?en bloei die blomme in kleure sag,?vlak teen die rant se wilde prag,?asof dit nooit nie anders was.
En dan, die golwende verskiet?van bulte en bosse, al deureen,?totdat die o? vasslaan teen?Magaliesberg, die groot blou reus.
('n Bietjie goud maak baie mooi,?en--dis maar krummels van die groot,?uit louter goud gebakte brood,?wat na Europa word vervoer!)
Ook saans nog wyk die mooiigheid?nie heeltemal nie, want dan blink?'n see van liggies; mens sal dink?die sterre 't uit die lug geval.
Die stad self lyk nou een en al?koopmanspaleise opeengehoop,?waartussen al die mensies loop?wat vreselike drukte maak.--
Oom Gert sien niks van al die skoon.?Die agterbuurt, daar dink hy aan?waar die blikhuisies almal staan,?en alles vuil-armoedig is;
bedink maar hoe die mense woel?waar huise en stof die son versper,?waar sawends skyn geen maan of ster,?en net die lampeskynsels blink.
Hy sien skoorstene en steenkoolrook;?hy hoor die treine met hul haas;?hy hoor die myn se toeter blaas,?en 't gaan asof die aarde brul.
Hy dink dan aan die myn-graf waar?die mense lewendig in kruip,?om soos erdvarke rond te sluip?vir bietjie geld en--longekwaal.
Hy dink aan ander duisende?van mense, voorheen eerbaar-braaf,?vir wie die skandgraf word gegraaf?wanneer die goud rys uit die grond.--
Maar--daar is fees bo-op di�� graf!?Nes die ou tyd waar oom Gert van lees,?dat mense hou 'n dansersfees?wanneer die "swarte dood" verwoes.
V
_Die m?re van die Unie-fees_
Oom Gert sien die soldate?in kakie langs die strate.?Hy sien die oorlogslans?se lintjies vrolik dans,?die sabels en gewere,?kanonne en helmet-vere,?op die paradebaan.?En agteraan?...
Hy sien die oorlogs-wees?wat deelneem aan die fees--?'n kinder-keurkommande?met skewe hoede-rande;?'n ganse skaar kadette?met roer en bajonette--?al agteraan?op die paradebaan.
_Die m?re-godsdiens_
Vroom geklank!?Mense dank,?almal mede,?vir die vrede?'n Opperwese.?Want genees is?en verbonde?is al die wonde;?rassevete [B]?'s al vergeet.?Met ver����nde klank?rys die vreugdedank!
[B] Rassetwiste.
_Die middag_
Hy hoor die geluid van juublend gesketter,?die vrolike klank van simbaal en trompetter,?gedra op die dreun van die oorlogstamboer?wat dond'rend soos onweer die harte kom roer.?Daar's wapenbeweeg wat yslik weerklink;?kanonwaens kom aan en kettings rinkink.?En hy hoor daarna:?Hoera! Hoera!
Hy hoor die tred van die oorlogswees,?sy voete gedril vir die Unie-fees!?Hy hoor 'n gesang van sy lippe weerklink?as hy bly en verruk uit die feesbeker drink.?'n Hosanna gaan op uit die kindermond,?en die skare juig saam in die vrolike stond;?En hy hoor daarna:?Hoera! Hoera!
_Die aand_
Vreugdevure deur die land...?Mense juigend om die brand!?Vreugdepyle gons omhoog?en ontplof hoog aan die boog;?bly-verwonderd bly die skaar?na die skitterkleure staar.
Oom Gert gaan vroeg die aand na huis,?want een ding staan by hom nou vas:?dat hy nie in di�� w��reld pas.?Hy het 'n beter dag geken?en is te oud om nog te wen?aan al die vreemdigheid?van nuwe koers en tyd.
Hy slaap laat in met diep gesug,?en in sy droom kom weer terug?die wese op die paradebaan,?die kinders wat hosanna sing,?die mense wat mekaar verdring?om rond die vreugdevuur te staan.
Ook kom hom deur sy droomnag speel?'n enk'le krygs- en kamptoneel;?'n moeder by haar kind aan waak,?'n stryder sterwend vir sy saak.
En as hy opstaan kom die vraag:?My Dina, ja, was sy?ook dalk daarby?...
VI
Dina se lewe val haar swaar.?Helaas, sy was die laaste tyd?haar blosende gesondheid kwyt,?en moes gedurig drankies koop.
Sy het in 'n caf�� gedien?waar sy gedurig reg moes staan,?die wit-gestyfde voorskoot aan?en haardos ydel opgetooi.
Sy moes haar aangesig verkleur;?want al die glans van vel en oog?het met die jare weggedroog--?s�� was haar blommesteel geknak!
Sy moes daar staan en vriendlik wees?vir iedereen, al oor en oor,?ook as die k��rels met haar skoor?en stilletjies haar dinge s��.
Saans word sy dikwels uitgevra?om na die bioskoop te kyk;?dan moet sy weer so sinlik lyk,?dat sy die jonkmans kan bekoor.
Dan kry sy volop lekkers en?'n sitplek in
Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.