die naam van die god is: Goud.
VI
Voorheen was in oom Gert se huis?'n sjieling net so skaars te kry?as in 'n bedelaar se kluis--?en tog was daar geen armoed' by.
Oom Gert se huis kos hom geen geld:?hy't self die muurtjies opgetrek,?die gras gesny op eie veld,?en toe met eie hand gedek.
Die hout was geelhout wat gesaag?is in die Houtbosbergse kuil,?vandaar met moeite uitgedraag?en oral in die land verruil.
Sy meubels is van eie maak,?en wie daarop gaan sit die voel:?dit is geen goed na vreemde smaak,?maar boer se eie bank en stoel.
Wat op sy tafel kom is uit?sy eie tuin of uit sy kraal--?daar's brood en melk, daar's boerbeskuit?en vleis, dit is die sober maal.
Hul klere kies hul so gering,?dat ho? ruil nie nodig is.?Die smouse het dit rondgebring:?ferweel en tabberdgoed en sis.
Ja, geld was skaars en goud was min,?maar min ook die onrus en gebrek;?daar was geen ryke of arme in?die land, niks wat die onrus wek.--
Hoe het die w��reld nou gedraai!?Hoe word oom Gert se vrees gewek!?Hy sien sy goed al opgelaai?en hoe sy wa weer noordwaarts trek.
VII
"Kom kinders, ons moet trek,?want hier kan ons nie bly;?as ons hier langer bly,?sal hulle ons weer kry.
"Ek het my grond so lief,?my vrye plaas en werf.?Vir hierdie plaas en werf?het ek voorheen geswerf.
"Kom kinders, ons moet trek,?dit is die boer se plan,?en daar's geen ander plan.?Laat almal trek wat kan!"
"Ag, vader, moenie trek,"?s�� Dina, "laat ons bly,?want waar ons trek of bly,?sal hul ons tog weer kry.
"Ons kan nie immer trek,?ons kan nie immer vlug,?saam met die wild wegvlug?vir mensgerug.
"Ons woon al lank so stil;?laat ons nou maar geniet,?met eerbaarheid geniet?van wat die w��reld bied."
Wat sal oom Gert nou doen?om die onheil af te weer?as Dina haar verweer,?met sagte woord hom keer?
"Ek voel 'n ding wat kom,?my binneste die werk?net soos die miertjies werk?wat verweg storm bemerk.
"Nou ja, ons sal hier bly,?op die uithoek van die plaas,?van die ons ontvalle plaas?maar v��r van stadsgeraas."
VIII
Bo-op die grond rys al 'n stad?wat op die heuwels skitter-blink;?dit was 'n reeks van kampe eers,?getimmer uit hout en sink;?maar nou 'n w��reldstad meteen,?en massas delwers trek daarheen.
Oom Gert het so iets nooit gesien:?die suiwer lug is troebel-vuil,?en helder stroompies van weleer?dam nou in donker modderkuil.?Die grond voorheen so skoon en rooi?is nou met steenkool-as bestrooi.
Al bo die stad, en verder, sweef?'n swart-deurrookte deins'righeid;?dit lyk net soos 'n veldvuur wat?hom uitsprei oor die velde wyd.?En saans dan slaan 'n rooi gegloor?soos veldbrand al die heuwels oor.
In boeredorpe het hul eers?'n kerk gestig op wye plein,?waarom vergader, hier en daar,?die grasdak-huisies, laag en klein.?Maar nou word eers, en wondergou,?'n groot hotel daar opgebou.
Daar is geen Son- of Maandag meer;?dit vleg en kronkel deurmekaar,?en saans, nog lank na middernag,?het die gewoel nog nie bedaar.?Die w��reld maak oom Gert nou dom?wat selde in die stad meer kom.
En as hy in die sonlig sien?hoedat die stad l�� flikker-beef,?of saans bemerk die dof-rooi gloed?wat opwaarts na die hemel streef,?dan dink hy: 's Dit nie wat ek lees?van Babilon en van die Bees?
IX
Die nuwe w��reldstad die l��?tussen die twee families in.?Een kant is Willem en oom Gert,?en ander kant daar boer oom Koos?nog met sy talryke gesin.
Die w��reldstad l�� tussen hul,?want, ja, die vriendskap is geskeur.?Is dit miskien die profesie?van wat op later dag nog met?die hele nasie sal gebeur?...
Dina het Engels gou geleer,?en ook so mooi leer sing...?Sy het verlaas oom Koos besoek?om hom saam met sy huisgesin?tot vriendskap met die stad te dwing.
Sy praat van meegaan met die stroom,?van nie so alles te vermy.?Maar nee, oom Koos het vas besluit?dat hy met sy geslag?op die ou-ou boere-pad sal bly.
Sy sing oplaas vir hul 'n lied?om so hul harte nog te vang.?Oom Koos die volg dit met 'n sug?en dink aan beter tyd terug?wanneer hy hoor die mode-sang:
X
"Stad waar die ligte newels swewe,?waar ligte luggies skitter-bewe;?stad op 'n hoogland uitgebou,?ver-sigbaar by die hemelblou--?Johannesburg jy's waarlik ja?die glorie van Suid-Afrika.
"Van digte donkerheid omgewe?het Boer en Kaffer hier gelewe;?hul kon die goudstraal nie ontdek?wat die beskawings-lewe wek;?geen boeretent of ossewa?kon lig bring vir Suid-Afrika.
"Geen trekker bring hier nuwe lewe,?maar deur 'n ho?r drang gedrewe,?kom pionier en delwer aan?wat goudvonke uit die rotse slaan.?Johannesburg die was weldra?die ligpunt van Suid-Afrika.
"Johannesburg is hoog van strewe,?wat laag is word nie neergedrewe,?maar naturel en trekker-boer?word uit hul onkunde opgevoer.?Johannesburg is waarlik ja?die glorie van Suid-Afrika.
"Johannesburg is hoog verhewe,?die koningin uit lig gewewe;?haar goue beeld sal wonders doen,?sal immer ophef en versoen.?Johannesburg sal steeds hierna?die glorie wees van Afrika!"
XI
Blink is die saal van lampelig;?gloed-helder blink hulle aangesig.
Warm is die saal van somergloed;?warm en onstuimig die hartebloed.
En kringlend sweef daar bont deureen?die danseresse op ligte been.
Maar Dina is die skoonste as sy?haar liggaamskoon in dans uitsprei;
en Willem, die gewenste man,?sien van die kant die skouspel an;
terwyl hom loof 'n kring van mans?dat hy s�� 'n vrou leen vir die dans.
Daar
Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.