anderkant die water, in?die w��reld is, raak my maar min.
_Bruid_
"Ek is maar net 'n boerebruid,?ek laat nie my geleerdheid uit.?As hul oor politiek begin?dan luister ek en hou my in.?Maar 'k sal my kinders eendag wel?die storie van Transvaal vertel!"
[Illustrasie: "Bo-op die grond rys al 'n stad / wat op die heuwels skitter-blink."]
Goue Gode
I
Dis heuwels, heuwels, heuwels net?sover 'n mens se oog kan speur;?dis of voorheen 'n monsterploeg?die w��reld hier wou stukkend skeur.
Ja, God se ploeg het hier geloop?in wentelkrag van vloed en vuur?toe heel die hoogland omgekeer?is in die aard' se wordings-uur.
Die reuse-sooi van daardie ploeg?'n berg was of 'n ho? rand;?en elke voor daaragter was?'n vrugbre moot of akkerland.
God se almagtige Hand het toe?daaroor gegaan met groot geswaai,?sodat 'n ganse goudveld is?in die aard se boesem uitgesaai.
Daarna het Hy die eeugety?stil oor sy akkerveld laat duur,?sonder dat een die geelblink vrug?versamel in sy voorraadskuur.
Geen Babilon se reusebeeld?is uit die goudsaad saamgesmelt;?geen w��reldstad se grootheid het?geskitter oor die heuwelveld.
Net Kaffervoete 't daar gegaan?wanneer hul hordes vlug of veg;?en die ondier het gelaer waar?die skatte van die w��reld leg.
II
Die taal van berge en rante is oud.?Ek sien die letters voor my staan,?die skeure omlaag, die kranse omhoog;?maar dis 'n skrif wat nooit vergaan.
Die taal is geskrywe met letters?van kranse en klowe en rif;?dit l�� oop en bloot op die wande, ...?maar niemand ontraadsel die skrif.
Die kranse en klowe is woorde?tot reuse-sinne vereen,?en die stippels en strepe daartussen?is tot massas rotse versteen.
Dit is die taal van skeppings-dae,?die taal ook van die sondvloed-tyd,?waarby die late mens verbysterd?staan klae van onwetendheid...
Spreek daardie taal van ho? waters?teen ho? bergwand uitgeslaan,?en van opdrifsels eeue later?tot kransverst��ning oorgegaan?
Of spreek die taal van vuur se werking,?van vreselike w��reldbrand?toe berggevaartes op kom rys het?uit die aard se vuurge ingewand?...
Die sleutel van pylskrif-figure?en hi?rogliewe is gevind;?maar hier staan al die wyse same?onwetend soos 'n kind.
So swyg ook stil die Rand se rante.?Ja, die skeppingstaal is al te oud!...?Of spreek hier gryse lettermerke?miskien al lank die woord van: Goud?...
III
Nou loop 'n loper oor die Rand?wat rooi is in sy aangesig;?hy sien niks van die skone land,?maar hou sy oog omlaag gerig.
'n Kaffer sukkel agter hom?en dra sy loodswaar pak:?'n vysel, stamper, pikswart kom?met goeters in 'n goiingsak.
Hoor! dis geen vooros-klok gewis?wat lui op die anders stille Rand!?Die klankgeluid is anders, dis?die stamper op die vyselkant.
Bo stugge rots--nog nooit getref?as deur die slag van donderweer--?word nou die hamer opgehef?en mokerslag daal dreunend neer.
Die rots word gruis; die gruis word stof;?die wasbak spoel dit om en om,?en delwers-oog speur rust'loos of?die goud-en ysterstrepie kom.
Daar is dit! en hoe bly is hy!?Die goud-aar is oplaas geraak...?Die outa sien 'n os wat wei,?en dink: "Hoe lekker sal hy smaak."
Die rots word nog 'n keer gestamp ...?en in die spoelkom omgewas.?Die delwer gaan dan na sy kamp ...?sy dienaar hurk daar by sy las.
IV
Ons sien nou weer die loper loop.?'n Tolk en hy het keer op keer?met omhaalwoorde geprobeer?of hul oom Gert se plaas kan koop.
Oom Gert was na Pretoria:?hy het hom met sy sorg gew��nd?na die vaderlike president,?en di�� het hom geantwoord: Ja.
Maar ag, oom Gert se hart is swaar?as hy weer kom die bultveld oor;?daarbinne moet hy almaar hoor?'n stem so lastig, so onklaar:
"My plasie is my Nabots-erf?wat met sy weiveld wiegel oor?die Rand. Moet ek dit nou verloor?vir Agabs, om dan rond te swerf?
"Gewetenstem naas lotgeval!?Die stem is Jakobs stemklank, maar?die lewenslot 's die Esaus-haar,?en ek is blind soos Isak al!"
So het hy lank gepeins, gewag,?tot hy oplaas dink: "Laat maar gaan."?Hul bied hom tweemaal duisend aan,?en daarmee is die koop volbrag.
Oom Gert maak nog sy saak gewis:?hy vra net goudgeld en kontant,?en dat sy eie predikant?sal tel of hulle almal is.
V
? Heilige nagte van voorheen as die maanlig skaars in die huisie dring, waar oom Gert l�� waak, soos die psalmis sing, om te peins oor God,
die nagte nog lank, na skeppings-maak,?deur geen kunsglans nog verkort;?as die mens nog tyd het om wakker te word?en te peins oor God.
Die vetkers het maar kort gebrand?om te lig oor die oue Skriftuur?wat die stof bied in die vroe? uur?om te peins oor God.
Die siel doen soos die blomkelk dan?wat die blaartjies sluit by nag,?en stil-alleen op die son staan wag--?so peins die siel oor God.
Dit doen net soos die vo?l by nag,?wat die vlerk nie vliegend meer wil strek,?maar die koppie in die dons gaan dek--?so peins die siel oor God.
Dis doen en doen en nog eens doen,?totdat uit ho?r, heil'ger oord?verruis die saalge stemmingswoord--?as die siel stil peins oor God.
Totdat 'n ligstraal na benee?val in die oog omhooggehou,?en die siel dan weer sy God aanskou--?terwyl dit peins oor God.
Dan voel dit weer aan wyding ryk?en beef stil opwaarts-heen?met groot verlange om nog?oor God te peins.
Maar ag, n���� is oom Gert vol sorg,?en sy bed is vuur onder hom:?'n ander god het daar gekom,?en
Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.