Trekkerswee | Page 4

Totius
lossies-vas,?skoon nes in m?redou gewas--
'n blanke dame.
Twee lang wit kappe in die veld:?'n wa en tent daarnaas gesteld,?tweeheid tot eenheid saamgesmelt
in sware stonde.
Die wa--'n sterke man is hy;?die tent--'n taaie vrou is sy.?Jul het die nasie uitgelei,
sy boei's ontbonde.
Lig op haar voet net soos die ree?en trekkend met die trekker mee?bied sy hom tog 'n vaste stee
in angs-geweste:
as wolkbreuk beuk die witte wand,?die sonstrale op die nokke brand?of nagdier sluip oor donker land,
'n veil'ge veste.
En as sy wa nie verder dring,?hoor ek by wind haar fladdering?die lied van boerbeskawing sing,
stemmig-tevrede.
Dan word haar seile trou bewaar:?by feesdag net span sy 'n laer?en straal haar seile dankbaar daar
van groot verlede.
XVI
Oom Gert en Koos die sluit hul waens?vas aanmekaar aan die buitekant?en in 'n lyn met al die waens?wat reeds in rye staan geskaar?uit die omtrek van die Rand.
Die lang grys wasems van die nag?l�� soos 'n slangrug in die dal;?dit is die misdamp van die re?n?wat in Desember langs die Rand?oorvloedig val.
Daar in die miswolk dryf die kiem?van perdesiekte, s�� hul, rond,?maar mens en bees, waarvoor die Heer?die nuwe land gemaak het, is?gesond.
Reg-bo die vuurtjies van die laer?styg stil omhoog die ligblou walm,?en nou die son weer op wil gaan,?styg uit 'n tent nog hier en daar?'n laaste psalm.
Die osse word al losgemaak?en veld toe aangejaag;?'n Kaffer stap hul agterna?wat aan 'n stok sy velskoene en?'n haarge knapsak draag.
'n Enkele hamerslag weerklink?van die wat laat kom, maar?die meeste burgers is gereed?en staan die landsaak te bespreek?in klompies bymekaar.
Die vrouens maak die brekfis al--?die tweede ketel sing;?hul loop tent in tent uit en koes?gramstorig vir die braaivleis-rook?wat trane in hul o? bring.
Straks gaan hul, of dit kerk is, in?hul Sondagspak geklee?na die vermaarde steenhoop heen;?'n ieder neem sy kerkboek en?sy riempies-stoeltjie mee.
Die predikant laat sing; hy lees?en hou 'n nasionale preek.?Dan vra hy ook nog vir oom Gert?wat oral saamgetrek het, om?die landgenote toe te spreek:
XVII
"My landgenote, julle weet?hul het in Kaapland, vroeg en laat,?'n valse vryheidsleer verkondig;?jul weet die Kafferbendes het?met roof en moord en skelmery,?die grensbewoners daar versondig.
"Ons het getrek, eers na Natal,?tot aan die see wat vir ons was?'n tweede en wilder Onbekende;?maar nooit het trekkers moed of lus?gehad om na die wildernis?hul dapper trekkersvoet te wende.
"Hul het daar deur die duinsand heen?hul waens gedryf, en tot vandag?staan daar die boerenaam geskrywe.?Ons vyande 't ons daar gevind,?ons uit-oorl�� of aangeval,?en uit di�� Kanan weer verdrywe.
"Ons laat aan Kaffervolk en Brit?die mooiste deel van Afrika?wat slinger langs die strande.?Ons het gekies, om vrede vir?ons voet te vind, die wildernis?en altyd skraler binnelande.
"God het ons eers gelouter en?laat wraak neem op Dingaan?se duisternis van Soeloe-horde,?dat ons daar in die nuwe land,?nes uit 'n smeltkroes voortgekom,?'n Gode-dankbaar volk sou worde.
"En later toe die Engelsman?ons weer gedreig het en gedruk,?het ons die steenhoop d����r vergader.?Hier van Transvaal se hoogaltaar?het ons ons harte opgehef?tot God Almagtig, onse Vader.
"Jul weet hoe God gered het. Dink?aan Laingsnek, aan Ingogo en?aan Amajuba's ho? kranse.?Wee ons as ons weer God vergeet,?soos Israel by Sina?,?met wilde afgodsdanse!
"Dan sal die steenhoop ons verkla.?Ek roep tot my getuie aan?die hemel en die heuwelrande!?Dan sal ons hi��r moet kerm en klaag,?en rondom hi��rdie heil'ge plek?die tekens sien van al ons skande!"
XVIII
Die fees het weer verbygegaan--?na alkant sien mens waens, soos?die boere in klompies weer vertrek...?Hoe wakker staan die swepe-ry!?hoe daal hul, en die voorslag klap?om die osselywe op te wek!
Nie lank nie of daar is weer fees;?nou in oom Gert se huisie, waar?Willem en Dina samestaan...?Voordat die mense skei, vra nog?die predikant dat hul sal hoor?hoe hierdie bruilofsliedjie gaan:
XIX
_Bruidegom_
"Ek is 'n boerebruidegom?wat uit die ou Kolonie kom.?Ek is geen kind nie van die Trek,?maar my hart sit op die regte plek;?daarom het ek my vasgebind?aan 'n egte, egte trekkerskind.
_Bruid_
"Ek is die egte boerebruid,?uit die egte takhaarw��reld uit.?Maar ek kon my tog so goed gedra?dat 'n kolonis my hand kom vra!?Ja, die ou Transvaal is nie so sleg?as wat die mense dink en seg.
_Bruidegom_
"Ek is 'n boerebruidegom?wat met my ganse rykdom kom.?Ek het geen geld nie op die bank;?maar het 'n wa met suiwer klank,?twaalf rooies, jukke en rieme klaar,?en ek makeer nog net vir haar!
_Bruid_
"Ek is maar net 'n boerebruid,?en gee my vir niks anders uit;?geen jongman hoef hom te vergis,?want ek is net maar wat ek is.?Maar 'k het twee arrems, rond en sterk,?wat regstaan vir die huishou-werk.
_Bruidegom_
"Ek is 'n boerebruidegom?wat net maar na die bruilof kom?met stewels, en ook net dan dra?die laken-pak en keil van pa.?Anders is hul my lyf te veel?en is dit velskoen en ferweel.
_Bruid_
"Ek is maar net 'n boerebruid.?Ek dra 'n kappie met 'n tuit.?Ek knip die tabberds wat ek dra--?maar bietjie mooier!--moeder n��.?Net die ����n waar ek vandag mee loop?het vader by die smous gekoop.
_Bruidegom_
"Ek is 'n boerebruidegom?wat met lees en syfer klaar kan kom,?en die kaart ken van Suid-Afrika?wat ek daarso in my koppie dra.?Wat
Continue reading on your phone by scaning this QR Code

 / 14
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.