Trekkerswee | Page 3

Totius
l��plek soek?"
Hy swyg; verdwyn weer ongemerk;?hy's met die saak verle?:?die vrouens wat die wee bewerk?(so dink hy) spot daarmee.
X
Die tyd van trek die kom weldra.?Daar gaan oom Koos se ossewa,?blou-bont geskilder; hoor hoe raas?die wiele op pad na oom Gert se plaas.
Al dadelik van die staanplek af?dril die osse-lywe soos hul draf.?Die vrouens roep: hul skud uit lid,?s�� ruk en rammel dit.
"H?i, Willem, hou nou op met klap!?Wat wil jy?... Laat die osse stap."?So roep oom. "Watter haas is daar??Die middagson sit nog wie weet waar."
Dit help so effentjies, maar dan?praat Willem weer bo die rooibont span,?en die ossedier, so stroef en stil,?voel gou-gou wat sy drywer wil.
So kort-kort teen 'n opdraand blyf?die kettingtou nog taamlik styf,?maar anderkant-af swaai dit somaar slap?as die osse weer raak uit maat en stap.
Hul is te veel, maar oom wil tog?ook bietjie met sy beeste spog.?En dan, dis so armoedig om?met so 'n paartjies daar te kom;
d����r by die plaas, daar by die fees?waar soveel mense saam sal wees.--?Oom Gert se plasie haal?hul as die son nog wakker straal.
XI
Ek hoor van vreemde lente melde?as sangtyd wat genaak,?wanneer die vo?ls in bome-velde?singend hul nessies maak.
Maar hier's geen sang in ho? twyge?as skat van lentetyd,?maar oral diep en ernstig swyge?van velde kaal en wyd.
Ek hoor van vreemde lente melde?as tyd van blommegeur,?wanneer veldblommetjies die velde?versier met tint en kleur.
Maar hier bloei hul in klein alleenheid,?in aarde dor en vas;?by ons is dit ��l golwende eenheid?van velde enkel gras.
S�� stil eenvoudig in sy worde,?so sonder klank of praal,?kom hier die lente in ryp-verdorde?geweste neergedaal.
Tog is ons lief sy eerste sprietjies,?die grassies aan ons voet;?tog leer dit ons weer nuwe liedjies?van taaiheid en van moed.
XII
So het eenselfde lentelewe,?eenvoudig, diep en waar,?twee stille wesens sag omswewe--?vir Willem en vir haar.
Daar was geen danse of sangerskore,?geen klank of kleure-gloed;?net liefde stil di�� dag gebore?by simple boere-groet--
Nog gaan in droomnag stil sy skrede?na simple boerehuis;?oom Gert se plasie is sy Eden--?sover haar voete ruis.
Die kalwerhok is dan die plekkie?waar hy so graag sou staan?om, loerend deur die klipkraal-hekkie,?haar heeldag ga te slaan.
En nou ... hy kan dit skaars gelowe,?sien hy haar wese weer,?net soos 'n lenteson daarbowe?skaamrooierig en teer.
En nou ... sy gaan met hulle same,?sit op die voorste wa,?terwyl hy roep die osse-name?met sweepslag agterna.
En nou ... hy sien haar liewe kappie,?gestik van enkel sis.?En straks ... doen hy 'n klein vriendskappie?as hul gelaer is.
XIII
Die vuurtjie brand?hoog langs die heuwelrif.?Die duisternis bedek die land,?maar dis 'n duisternis waardeur?die maan se melkies sif.
Die vlamme dans?vrolik in vuurge kring.?Die mense sit 'n krans?en luister swygend na?die keteltjie wat sing.
Dit is die trekkersboer?se late lied wat wek?sy hart en diep hom roer.?Dit is sy vroe? m?resang?wanneer hy verder trek.
Geen dans in woel'ge saal,?geen lied van danseres?bied hom 'n blye onthaal?wanneer hy eensaam is--?geen drank uit volle fles.
Sy vlamme dans en spring?al rond die ketel-boom;?sy ketel praat en sing?en skink hom in die drank?wat die ure laat verdroom.
Sy keteltjie is swart?al in sy diens gebrand:?die trooster van sy smart?die bly hom trou wanneer?hy soek 'n vaderland.
Die spoor l�� oral in?die ronde hopies as;?en telkens as die dag begin?dan swaai dit by die voorwiel, met?'n voorslag-riempie vas.--
Die vlamme dans?nou rond in vuurge kring.?Die mense sit 'n krans?en luister swygend na?die keteltjie wat sing.
Hul aandag span?nog meer wanneer oom Gert?vertel die storie van?Hendrik en Lettie en?hoe gou hul twee geskeie werd.
XIV
"Hul twee is lammers van een jaar,?hul huppel op een werf,?tot arm sy vader trek vandaar?en swerf.
"Beloftewoord, en dan niks meer.?En ... harte in pyn en hoop,?wyl ryke minnaars kom maar weer?om haar hart te koop.
"Die jaartal skuif so traag.?Gerug van sonde tot haar kom.?Totdat hy bewend waag...?hy is weerom.
"Hul leed blyk dan 'n wolk so rein.?Op huweliksdag?'n soete oorwinningsvrede skyn?in purperprag.
"Maar--die oorlogswoord roep haastig rond.?'Ag, Hendrik, hoe's ons droom so kort!'--?Liefs kort gedroom, as Britse grond?en slawe word.'
"Sy swyg. Sy perdjie huppel al?na Laingsnek weg.?Hy sink met wein'ge in Natal?om ver te veg.
"Dis duisternis en stille nag.?'My vriend, ek sterf by die eerste lig,'--?so spreek hy sag,?'maar Lettie wag haar eerste wig.
"'Laat sy my verre graf hom wys?en eewge trou laat sweer.'?Hy sterf--die dure prys?van vaderland en eer.--
"'n Moeder veeg haar trane af.?'n Kinderhand die kransie hou.?Hul staan voor 'n gesonke graf.?Dit was die eerste daad van trou."
XV
Die nag is heen, die m?re is grys;?'n plaat van tente en waens wys?waar Perdekraal se steenhoop rys
teen ho? hange.
Daar staan hul aan die grond gep��nd?die geweltjies so mooi orent--?die eie maaksels, tent aan tent,
in suiwer range.
? Trekkersvolk, my hart ontgloei! Ek sien hoe jul die vreemde boei verbreek het, om dan uit te bloei
? tot eie nasie.
Nie net 'n eie vaderland,?nie net 'n eie vlag geplant,?maar ��lles maak van eie hand--
geen imitasie!
Hoe l�� die tentseil, baan aan baan.?Hoe wakker bly die nokke staan.?Die klappies netjies oopgeslaan--
mooi eenheid same.
Sy staan daar by die wa se as,?die huis van doek, so
Continue reading on your phone by scaning this QR Code

 / 14
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.