wag haar eerste wig.
"'Laat sy my verre graf hom wys
en eewge trou laat sweer.'
Hy
sterf--die dure prys
van vaderland en eer.--
"'n Moeder veeg haar trane af.
'n Kinderhand die kransie hou.
Hul
staan voor 'n gesonke graf.
Dit was die eerste daad van trou."
XV
Die nag is heen, die môre is grys;
'n plaat van tente en waens wys
waar Perdekraal se steenhoop rys
teen hoë hange.
Daar staan hul aan die grond gepénd
die geweltjies so mooi orent--
die eie maaksels, tent aan tent,
in suiwer range.
0. Trekkersvolk, my hart ontgloei! Ek sien hoe jul die vreemde boei
verbreek het, om dan uit te bloei
. tot eie nasie.
Nie net 'n eie vaderland,
nie net 'n eie vlag geplant,
maar àlles maak
van eie hand--
geen imitasie!
Hoe lê die tentseil, baan aan baan.
Hoe wakker bly die nokke staan.
Die klappies netjies oopgeslaan--
mooi eenheid same.
Sy staan daar by die wa se as,
die huis van doek, so lossies-vas,
skoon nes in môredou gewas--
'n blanke dame.
Twee lang wit kappe in die veld:
'n wa en tent daarnaas gesteld,
tweeheid tot eenheid saamgesmelt
in sware stonde.
Die wa--'n sterke man is hy;
die tent--'n taaie vrou is sy.
Jul het die
nasie uitgelei,
sy boei's ontbonde.
Lig op haar voet net soos die ree
en trekkend met die trekker mee
bied sy hom tog 'n vaste stee
in angs-geweste:
as wolkbreuk beuk die witte wand,
die sonstrale op die nokke brand
of nagdier sluip oor donker land,
'n veil'ge veste.
En as sy wa nie verder dring,
hoor ek by wind haar fladdering
die
lied van boerbeskawing sing,
stemmig-tevrede.
Dan word haar seile trou bewaar:
by feesdag net span sy 'n laer
en
straal haar seile dankbaar daar
van groot verlede.
XVI
Oom Gert en Koos die sluit hul waens
vas aanmekaar aan die
buitekant
en in 'n lyn met al die waens
wat reeds in rye staan
geskaar
uit die omtrek van die Rand.
Die lang grys wasems van die nag
lê soos 'n slangrug in die dal;
dit
is die misdamp van die reën
wat in Desember langs die Rand
oorvloedig val.
Daar in die miswolk dryf die kiem
van perdesiekte, sê hul, rond,
maar mens en bees, waarvoor die Heer
die nuwe land gemaak het, is
gesond.
Reg-bo die vuurtjies van die laer
styg stil omhoog die ligblou walm,
en nou die son weer op wil gaan,
styg uit 'n tent nog hier en daar
'n laaste psalm.
Die osse word al losgemaak
en veld toe aangejaag;
'n Kaffer stap
hul agterna
wat aan 'n stok sy velskoene en
'n haarge knapsak
draag.
'n Enkele hamerslag weerklink
van die wat laat kom, maar
die
meeste burgers is gereed
en staan die landsaak te bespreek
in
klompies bymekaar.
Die vrouens maak die brekfis al--
die tweede ketel sing;
hul loop
tent in tent uit en koes
gramstorig vir die braaivleis-rook
wat trane
in hul oë bring.
Straks gaan hul, of dit kerk is, in
hul Sondagspak geklee
na die
vermaarde steenhoop heen;
'n ieder neem sy kerkboek en
sy
riempies-stoeltjie mee.
Die predikant laat sing; hy lees
en hou 'n nasionale preek.
Dan vra
hy ook nog vir oom Gert
wat oral saamgetrek het, om
die
landgenote toe te spreek:
XVII
"My landgenote, julle weet
hul het in Kaapland, vroeg en laat,
'n
valse vryheidsleer verkondig;
jul weet die Kafferbendes het
met
roof en moord en skelmery,
die grensbewoners daar versondig.
"Ons het getrek, eers na Natal,
tot aan die see wat vir ons was
'n
tweede en wilder Onbekende;
maar nooit het trekkers moed of lus
gehad om na die wildernis
hul dapper trekkersvoet te wende.
"Hul het daar deur die duinsand heen
hul waens gedryf, en tot vandag
staan daar die boerenaam geskrywe.
Ons vyande 't ons daar gevind,
ons uit-oorlê of aangeval,
en uit dié Kanan weer verdrywe.
"Ons laat aan Kaffervolk en Brit
die mooiste deel van Afrika
wat
slinger langs die strande.
Ons het gekies, om vrede vir
ons voet te
vind, die wildernis
en altyd skraler binnelande.
"God het ons eers gelouter en
laat wraak neem op Dingaan
se
duisternis van Soeloe-horde,
dat ons daar in die nuwe land,
nes uit
'n smeltkroes voortgekom,
'n Gode-dankbaar volk sou worde.
"En later toe die Engelsman
ons weer gedreig het en gedruk,
het
ons die steenhoop dáár vergader.
Hier van Transvaal se hoogaltaar
het ons ons harte opgehef
tot God Almagtig, onse Vader.
"Jul weet hoe God gered het. Dink
aan Laingsnek, aan Ingogo en
aan Amajuba's hoë kranse.
Wee ons as ons weer God vergeet,
soos
Israel by Sinaï,
met wilde afgodsdanse!
"Dan sal die steenhoop ons verkla.
Ek roep tot my getuie aan
die
hemel en die heuwelrande!
Dan sal ons hiér moet kerm en klaag,
en
rondom hiérdie heil'ge plek
die tekens sien van al ons skande!"
XVIII
Die fees het weer verbygegaan--
na alkant sien mens waens, soos
die boere in klompies weer vertrek...
Hoe wakker staan die swepe-ry!
hoe daal hul, en die voorslag klap
om die osselywe op te wek!
Nie lank nie of daar is weer fees;
nou in oom Gert se huisie, waar
Willem en Dina samestaan...
Voordat die mense skei, vra nog
die
predikant dat hul sal hoor
hoe hierdie bruilofsliedjie gaan:
XIX
_Bruidegom_
"Ek is 'n boerebruidegom
wat uit die ou Kolonie kom.
Ek is geen
kind nie van die Trek,
maar my hart sit op die regte plek;
daarom
het ek my
Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.