Trekkerswee | Page 5

Totius
vasgebind
aan 'n egte, egte trekkerskind.
_Bruid_
"Ek is die egte boerebruid,
uit die egte takhaarwêreld uit.
Maar ek

kon my tog so goed gedra
dat 'n kolonis my hand kom vra!
Ja, die
ou Transvaal is nie so sleg
as wat die mense dink en seg.
_Bruidegom_
"Ek is 'n boerebruidegom
wat met my ganse rykdom kom.
Ek het
geen geld nie op die bank;
maar het 'n wa met suiwer klank,
twaalf
rooies, jukke en rieme klaar,
en ek makeer nog net vir haar!
_Bruid_
"Ek is maar net 'n boerebruid,
en gee my vir niks anders uit;
geen
jongman hoef hom te vergis,
want ek is net maar wat ek is.
Maar 'k
het twee arrems, rond en sterk,
wat regstaan vir die huishou-werk.
_Bruidegom_
"Ek is 'n boerebruidegom
wat net maar na die bruilof kom
met
stewels, en ook net dan dra
die laken-pak en keil van pa.
Anders is
hul my lyf te veel
en is dit velskoen en ferweel.
_Bruid_
"Ek is maar net 'n boerebruid.
Ek dra 'n kappie met 'n tuit.
Ek knip
die tabberds wat ek dra--
maar bietjie mooier!--moeder ná.
Net die
één waar ek vandag mee loop
het vader by die smous gekoop.
_Bruidegom_
"Ek is 'n boerebruidegom
wat met lees en syfer klaar kan kom,
en
die kaart ken van Suid-Afrika
wat ek daarso in my koppie dra.
Wat
anderkant die water, in
die wêreld is, raak my maar min.
_Bruid_
"Ek is maar net 'n boerebruid,
ek laat nie my geleerdheid uit.
As hul

oor politiek begin
dan luister ek en hou my in.
Maar 'k sal my
kinders eendag wel
die storie van Transvaal vertel!"
[Illustrasie: "Bo-op die grond rys al 'n stad / wat op die heuwels
skitter-blink."]
Goue Gode
I
Dis heuwels, heuwels, heuwels net
sover 'n mens se oog kan speur;

dis of voorheen 'n monsterploeg
die wêreld hier wou stukkend skeur.
Ja, God se ploeg het hier geloop
in wentelkrag van vloed en vuur

toe heel die hoogland omgekeer
is in die aard' se wordings-uur.
Die reuse-sooi van daardie ploeg
'n berg was of 'n hoë rand;
en elke
voor daaragter was
'n vrugbre moot of akkerland.
God se almagtige Hand het toe
daaroor gegaan met groot geswaai,

sodat 'n ganse goudveld is
in die aard se boesem uitgesaai.
Daarna het Hy die eeugety
stil oor sy akkerveld laat duur,
sonder
dat een die geelblink vrug
versamel in sy voorraadskuur.
Geen Babilon se reusebeeld
is uit die goudsaad saamgesmelt;
geen
wêreldstad se grootheid het
geskitter oor die heuwelveld.
Net Kaffervoete 't daar gegaan
wanneer hul hordes vlug of veg;
en
die ondier het gelaer waar
die skatte van die wêreld leg.
II
Die taal van berge en rante is oud.
Ek sien die letters voor my staan,

die skeure omlaag, die kranse omhoog;
maar dis 'n skrif wat nooit
vergaan.

Die taal is geskrywe met letters
van kranse en klowe en rif;
dit lê
oop en bloot op die wande, ...
maar niemand ontraadsel die skrif.
Die kranse en klowe is woorde
tot reuse-sinne vereen,
en die
stippels en strepe daartussen
is tot massas rotse versteen.
Dit is die taal van skeppings-dae,
die taal ook van die sondvloed-tyd,

waarby die late mens verbysterd
staan klae van onwetendheid...
Spreek daardie taal van hoë waters
teen hoë bergwand uitgeslaan,

en van opdrifsels eeue later
tot kransversténing oorgegaan?
Of spreek die taal van vuur se werking,
van vreselike wêreldbrand

toe berggevaartes op kom rys het
uit die aard se vuurge ingewand?...
Die sleutel van pylskrif-figure
en hiërogliewe is gevind;
maar hier
staan al die wyse same
onwetend soos 'n kind.
So swyg ook stil die Rand se rante.
Ja, die skeppingstaal is al te oud!...

Of spreek hier gryse lettermerke
miskien al lank die woord van:
Goud?...
III
Nou loop 'n loper oor die Rand
wat rooi is in sy aangesig;
hy sien
niks van die skone land,
maar hou sy oog omlaag gerig.
'n Kaffer sukkel agter hom
en dra sy loodswaar pak:
'n vysel,
stamper, pikswart kom
met goeters in 'n goiingsak.
Hoor! dis geen vooros-klok gewis
wat lui op die anders stille Rand!

Die klankgeluid is anders, dis
die stamper op die vyselkant.
Bo stugge rots--nog nooit getref
as deur die slag van donderweer--

word nou die hamer opgehef
en mokerslag daal dreunend neer.

Die rots word gruis; die gruis word stof;
die wasbak spoel dit om en
om,
en delwers-oog speur rust'loos of
die goud-en ysterstrepie kom.
Daar is dit! en hoe bly is hy!
Die goud-aar is oplaas geraak...
Die
outa sien 'n os wat wei,
en dink: "Hoe lekker sal hy smaak."
Die rots word nog 'n keer gestamp ...
en in die spoelkom omgewas.

Die delwer gaan dan na sy kamp ...
sy dienaar hurk daar by sy las.
IV
Ons sien nou weer die loper loop.
'n Tolk en hy het keer op keer

met omhaalwoorde geprobeer
of hul oom Gert se plaas kan koop.
Oom Gert was na Pretoria:
hy het hom met sy sorg gewénd
na die
vaderlike president,
en dié het hom geantwoord: Ja.
Maar ag, oom Gert se hart is swaar
as hy weer kom die bultveld oor;

daarbinne moet hy almaar hoor
'n stem so lastig, so onklaar:
"My plasie is my Nabots-erf
wat met sy weiveld wiegel oor
die
Rand. Moet ek dit nou verloor
vir Agabs, om dan rond te swerf?
"Gewetenstem naas lotgeval!
Die stem is Jakobs stemklank, maar

die lewenslot 's die Esaus-haar,
en ek is blind soos Isak
Continue reading on your phone by scaning this QR Code

 / 15
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.