al uitgerys
en
die oond is koud! Dis werklik waar,
'n mens moet hul ook alles wys."
"In die ou Kolonie had jy nog
oorlamse skepsels wat gou-gou leer.
Wat het my man met die lang tog
in vredesnaam makeer?"
Maar die dogters staan hul moeder by
met opgestrookte arm:
dit
knee die deeg en maak pastei;
en die oond is ook al warm.
Die jong goed kan nie so ernstig wees
of 'n grap word tussendeur
gegôi.
"Hierdie tert is nie vir die fees,
maar vir Willem se
takhaarnôi."
Net sluip weer Willem deur die kombuis
langs 'n skemerdonker hoek.
"Willem, wat loop jy so deur die huis
nes 'n hoenderhen wat lêplek
soek?"
Hy swyg; verdwyn weer ongemerk;
hy's met die saak verleë:
die
vrouens wat die wee bewerk
(so dink hy) spot daarmee.
X
Die tyd van trek die kom weldra.
Daar gaan oom Koos se ossewa,
blou-bont geskilder; hoor hoe raas
die wiele op pad na oom Gert se
plaas.
Al dadelik van die staanplek af
dril die osse-lywe soos hul draf.
Die
vrouens roep: hul skud uit lid,
só ruk en rammel dit.
"Hôi, Willem, hou nou op met klap!
Wat wil jy?... Laat die osse
stap."
So roep oom. "Watter haas is daar?
Die middagson sit nog
wie weet waar."
Dit help so effentjies, maar dan
praat Willem weer bo die rooibont
span,
en die ossedier, so stroef en stil,
voel gou-gou wat sy drywer
wil.
So kort-kort teen 'n opdraand blyf
die kettingtou nog taamlik styf,
maar anderkant-af swaai dit somaar slap
as die osse weer raak uit
maat en stap.
Hul is te veel, maar oom wil tog
ook bietjie met sy beeste spog.
En
dan, dis so armoedig om
met so 'n paartjies daar te kom;
dáár by die plaas, daar by die fees
waar soveel mense saam sal
wees.--
Oom Gert se plasie haal
hul as die son nog wakker straal.
XI
Ek hoor van vreemde lente melde
as sangtyd wat genaak,
wanneer
die voëls in bome-velde
singend hul nessies maak.
Maar hier's geen sang in hoë twyge
as skat van lentetyd,
maar oral
diep en ernstig swyge
van velde kaal en wyd.
Ek hoor van vreemde lente melde
as tyd van blommegeur,
wanneer
veldblommetjies die velde
versier met tint en kleur.
Maar hier bloei hul in klein alleenheid,
in aarde dor en vas;
by ons
is dit àl golwende eenheid
van velde enkel gras.
Só stil eenvoudig in sy worde,
so sonder klank of praal,
kom hier
die lente in ryp-verdorde
geweste neergedaal.
Tog is ons lief sy eerste sprietjies,
die grassies aan ons voet;
tog leer
dit ons weer nuwe liedjies
van taaiheid en van moed.
XII
So het eenselfde lentelewe,
eenvoudig, diep en waar,
twee stille
wesens sag omswewe--
vir Willem en vir haar.
Daar was geen danse of sangerskore,
geen klank of kleure-gloed;
net liefde stil dié dag gebore
by simple boere-groet--
Nog gaan in droomnag stil sy skrede
na simple boerehuis;
oom Gert
se plasie is sy Eden--
sover haar voete ruis.
Die kalwerhok is dan die plekkie
waar hy so graag sou staan
om,
loerend deur die klipkraal-hekkie,
haar heeldag ga te slaan.
En nou ... hy kan dit skaars gelowe,
sien hy haar wese weer,
net
soos 'n lenteson daarbowe
skaamrooierig en teer.
En nou ... sy gaan met hulle same,
sit op die voorste wa,
terwyl hy
roep die osse-name
met sweepslag agterna.
En nou ... hy sien haar liewe kappie,
gestik van enkel sis.
En
straks ... doen hy 'n klein vriendskappie
as hul gelaer is.
XIII
Die vuurtjie brand
hoog langs die heuwelrif.
Die duisternis bedek
die land,
maar dis 'n duisternis waardeur
die maan se melkies sif.
Die vlamme dans
vrolik in vuurge kring.
Die mense sit 'n krans
en
luister swygend na
die keteltjie wat sing.
Dit is die trekkersboer
se late lied wat wek
sy hart en diep hom roer.
Dit is sy vroeë môresang
wanneer hy verder trek.
Geen dans in woel'ge saal,
geen lied van danseres
bied hom 'n blye
onthaal
wanneer hy eensaam is--
geen drank uit volle fles.
Sy vlamme dans en spring
al rond die ketel-boom;
sy ketel praat en
sing
en skink hom in die drank
wat die ure laat verdroom.
Sy keteltjie is swart
al in sy diens gebrand:
die trooster van sy smart
die bly hom trou wanneer
hy soek 'n vaderland.
Die spoor lê oral in
die ronde hopies as;
en telkens as die dag begin
dan swaai dit by die voorwiel, met
'n voorslag-riempie vas.--
Die vlamme dans
nou rond in vuurge kring.
Die mense sit 'n krans
en luister swygend na
die keteltjie wat sing.
Hul aandag span
nog meer wanneer oom Gert
vertel die storie van
Hendrik en Lettie en
hoe gou hul twee geskeie werd.
XIV
"Hul twee is lammers van een jaar,
hul huppel op een werf,
tot arm
sy vader trek vandaar
en swerf.
"Beloftewoord, en dan niks meer.
En ... harte in pyn en hoop,
wyl
ryke minnaars kom maar weer
om haar hart te koop.
"Die jaartal skuif so traag.
Gerug van sonde tot haar kom.
Totdat hy
bewend waag...
hy is weerom.
"Hul leed blyk dan 'n wolk so rein.
Op huweliksdag
'n soete
oorwinningsvrede skyn
in purperprag.
"Maar--die oorlogswoord roep haastig rond.
'Ag, Hendrik, hoe's ons
droom so kort!'--
Liefs kort gedroom, as Britse grond
en slawe
word.'
"Sy swyg. Sy perdjie huppel al
na Laingsnek weg.
Hy sink met
wein'ge in Natal
om ver te veg.
"Dis duisternis en stille nag.
'My vriend, ek sterf by die eerste lig,'--
so spreek hy sag,
'maar Lettie
Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.