Trekkerswee | Page 2

Totius
loop die mens se voet altyd--
die voetpad na die watervoor.
En verder, aan die werf se kant,
juis waar die hoë halme waai,
sien
ek 'n tweelingstrepie wat
bevallig deur die velde swaai.
Die tweeling-spoortjies, so gering,
met die maanhaar tussenbei,
is
die kompas wat trekkersboer
deur skraal bewoonde streke lei.
Dit is sy seker spoorwegbaan,
meteens sy wisse tel'graaflyn,

waarlanges gaan sy tripp'laar en
sy stadige ossewa-trein.
Wanneer die land kom in gevaar,
dan sien jy langs die lyntjies gly

'n wakker stoet van burgers wat
op wakker perdjies ry.
V
Die moeder kyk maar al weer uit,
die tyd begin nou lank te val;--

daar is haar dogter by haar man,
en ja, daar kom hul al!...
"Dag neef! Is dit die oudste seun
van buurman Koos miskien?
Ek
het hom so 'n dag of wat
vir die eerste keer gesien."
"Oom ja, en pa laat vra om saam
in een geselskap op te trek:
alléén
sal ons te vreemd ons voel
op Perdekraal se saamkomplek."
"Sê vir jou pa dis goed, my neef.
Kom maar die middag bietjie vroeg,

dan ry ons nog 'n aandskof en
is daar die môre vroeg genoeg.
"Kyk, daar is Perdekraal,
daar waar die laaste heuwels rys."
Oom
buig hom oor die onderdeur
terwyl sy vingers wys.
"Wel, oom, dis goed, ons sal so maak."
Dan sal hy ook maar weer
vertrek.
Hy gooi die teuels oor sy perd
en ry weer oor dieselfde nek.
Bo-op die nek loer hy verlaas
versigtig nog na agter om,
of hy nog

iets kan sien, maar nee,
die nôi het nie weer uitgekom!
VI
o, Die eensaam-huiswaartse rit,
en die eerste gedagtes aan haar!
Dit
is die eerste keer dat hy
die uitdraai-paadjie nie gewaar...
Hy is verdwaald, en dis al aand...
Sy droomgedagte is skielik weg,

maar nou sit hy 'n plan te maak--
wat, tuisgekom, te seg.
Sy mense sit aan tafel as
hy inkom met 'n stram gesig
en kort en
goed sy boodskap doen
met oë op sy bord gerig.
"Maar, Willem," vra sy suster hom,
"wat kom jy dan vanaand so laat?

Het jy heel-middag daar gesels
en so jou tyd verpraat?
"Ma, hoe lyk Willem vir my so snaaks?
Hy is tog dalk nie doodgegôi

geraak nie in die stilligheid
op die Transvaalse takhaarnôi?"
"Bly stil!" so sê hy nukk'rig-kort,
"Die oom daar was eers vér opsy,

en by die huistoe-kom het ek
verkeerde pad gery."...
Nou word dit langsaam stil aan tafel,
stil word die borde- en
messeklank.
Die vader lees 'n stukkie nog,
en sluit met lof en dank.
VII
Die donserige maanlig-nag
die daal so sag, so sag
al op die huis en
werf en plaas
waar net maar één hou wag.
Oom Koos se huisgesin het weer
van werf en werk teruggekeer;
en
maanlig-nag lê van sy pluim
op elke oog 'n donse-veer.
Die mense-gees, vry in sy lug
van onbegrensde wêreldvlug,
keer in
die donker liggaamshuis
ook weer terug.

Dan gaan die deurtjies almal dig;
dan worstel daar by halwe lig
die
hart wat waak
en wat die droomwerk moet verrig.
Net Willem slaap vannag nie gou.
Hy loer hoe deur sy raampie nou

die maan 'n sagte lig laat val
of buite lag oor trane-dou.
So voel hy hom: weemoedig-bly.
En ook so rein, so rein daarby,

soos maanlig wat met blanke voet
oor pêrels van die dounag gly.
In slaap sink hy dan eind'lik weg;
hy hoor die woord weer wat sy seg;

hy sien haar gaan weer oor die veld;
hy sien ook weer haar
harevleg.
Sy slaap duur tot die son hoog skyn,
die maan laag aan die lug
verkwyn,
beeld van sy droombeeld wat
nou bleekrig weer verdwyn.
VIII
o, Die oggendstond op 'n boereplaas!
Daar trek al op die eerste rook.

Hul het gistraand die vraag beslis
wie se beurt of dit môre is
om
ketel te kook.
Die môrester het opgegaan;
daarbinne roer al een;
daarbuite bly die
rokie draai,
omdat daar nou geen windjie waai
deur vroeë
môrewêreld heen.
Die haan het op sy beuel geblaas;
hy spring al van sy tak;
'n mens
sal sê dat hy die baas
(so stap hy) is van werf en plaas,
en die
transport dra in sy sak.
Hom volg sy vriend, die kallekoen,
'n oue towenaar:
hy worstel met
sy slange wat
hy nukk'rig teken in die pad
se stof, met duister
vlerkgebaar.
Die kraalvee is al moeg gelê;
hul rek die groot, stram lywe uit.
Daar
kom die Kaffer ook al aan
wat koulik oor die douveld gaan
en eers

die kalwerhok ontsluit.
Sy emmer ruis van pure musiek,
so vloei dit nou uit volle speen;

musiek ook vir die kalfie als
hy kort-kort om sy moeder wals
op
nog onvaste horrelbeen.
Maar kyk hoe staan die osse met
groot oë na die hek te tuur,
totdat
die laaste hinderpaal
word uit die mikstok uitgehaal
waaraan hul
saans hul lywe skuur.
Die son gaan op, die vee verdwyn.
Net in die onverstoorbre vert'
'n
ossespan stap voor die ploeg,
en agteraan die man wat swoeg
by 'n
rukkerige stert.
Die môre smelt weer met die dou,
die vrede alleen bly soos dit was.

Net 'n hen spring van haar eiers af
met groot geraas, en die
brakhond blaf
vir die enkele kuiergas.
IX
Binne die huis is dit vandag
nie al te rustig, want
moeder en dogters
moet bak en slag
vir die groot fees van die land.
En dan--die Kaffers is so baar!
"Daar staan die brood
Continue reading on your phone by scaning this QR Code

 / 15
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.