word.
Hoe ons Afrikaners ook onderling mag verskil omtrent die beste
skryfvorm van ons Nederlandse taal, tog moet ons nooit vergeet, dat
daar 'n hoër taaleenheid bestaan, wat geen onderskeid ken tussen
Hollands en Afrikaans. Die werk van die Afrikaanse Beweging is dan
ook 'n oortuigingswerk; en 'n oortuigingswerk moet dit altoos bly. 'n
Vyand kan jy beveg, en desnoods dwing, maar 'n vrind en 'n
bloedverwant, met dieselfde belange en dieselfde ideale as jyself, moet
jy oortuig--as jy ten minste nie jou eie ondergang wil bewerkstellig nie.
Dat die skryftaal van die Afrikaanse volk vroeër of later
Afrikaans-Nederlands sal wees, staan by my onteenseglik vas; en ek
grond my mening op die geskiedenis van die wording van ander tale en
op die herlewing in ons volk; maar dié mening regvaardig my nog glad
nie om voortaan teen elke Afrikaner, wat nog aan die ouer taalvorm
vashou, te velde te trek nie--en dit selfs onder die oë van die vyand, wat
gereed staan om ons albei te verslawe en deur ons verdeeldheid oor ons
te heers.
En ons, jong Afrikaners, moet ook nie somaarso die ou kampvegters
van 'n vorige geslag oor die hoof sien nie, eenvoudig omdat hulle ons
nuwighede 'n bietjie onsimpatiek behandel. Hulle het hul hele lewe
lank net Hollands gelees en geskrywe; en die aangebore konserwatisme,
wat aan elke mens eie is, en wat seker nie met die jare verminder nie,
word lig geskok deur 'n "taaltjie", wat _ons is_ wil skrywe in plaas van
_wij zijn_! So 'n standpunt is nie heeltemal onverklaarbaar nie, en dit
hoef ons ook geensins te berowe van die hulp en die raad van dié
geharde stryers, wat douvoordag op was om vir ons te werk, en aan wie
dit te danke is, dat die bestaan van 'n Afrikaanse Beweging vandag
moontlik is.
En die ouer geslag? Sal hulle dan ook nie 'n bietjie notiesie neem van
die woorde en werke van die jong geslag nie? Ons stry tog nog vir
dieselfde beginsels, waar hulle voor geveg het--net, ons wil Afrikaanse
wapens gebruik, omdat dit meer by die hand, makliker te hanteer, en
doeltreffender in die stryd is. Ons verwag ook van hulle, dat hul nie die
onkundige of bevooroordeelde uitlander sal napraat nie, as hy ons wil
wysmaak, dat ons Nederlands 'n patois, 'n mengelmoes, 'n kombuistaal
sonder grammatika en sonder woordeskat is! Sulke skreiende onkunde
is begryplik in iemand, wat alles, wat Hollands of Afrikaans is, verag;
maar by iemand, wat die Afrikaanse taalvorm elke dag hoor en ook self
praat, sal ons nie sulke gesegdes soek nie.
Selfs die bewering, dat Afrikaans 'n dialek van die Hollandse taal is, is
nie genoeg om die ondienlikheid of onwenslikheid daarvan te bewys
nie; want elke litteratuurtaal, sonder onderskeid, het een of meer
dialekte tot grondslag; en elke dialek word 'n litterêre taal, sodra 'n volk
daarin begin te skrywe en dit tot voermiddel van sy gedagtes maak.[3]
Twis en tweedrag moet ons dus vermy. Maar met dié woorde word
geensins bedoel, dat ons voortaan moet stil sit en wag, tot die tyd "ryp"
word nie. Die tyd word nooit vanself ryp nie: dis die mense, wat dit ryp
maak deur woord en daad.
'n Saak kan altyd op 'n besadigde en verstandige manier bespreek word,
en moet ook bespreek word, as ons vordering wil maak; want as ons
altyd bang vir verskil van opienie is, dan sal ook nooit enige nuwe
denkbeelde kan verkondig word nie; en die gevolg sal wees stilstand en
verstening.
Die werk van die Afrikaanse Beweging is, om die volk te "beweeg" en
op te wek om die voordele van 'n eie Afrikaanse taal in te sien. Dié
werk mag nooit stilstaan nie, voor en aleer die meerderheid van die
volk oortuig is. As daar waarheid en lewenskrag in die Beweging sit,
dan sal die dag ook gewisselik aanbreek, dat die meerderheid deur
minsame rede oortuig word; en dan sal die Afrikaanse taalvorm ook
vanself tot sy regte kom, sonder omwenteling en sonder onenigheid.
Ek geloof nie, dat die vurigste Afrikaans-gesinde die Afrikaanse taal
wil forseer en aan die volk teen wil en dank wil opdring nie. Dit is nie
alleen gek nie, maar onmoontlik! Nee, van opdring en dwing is daar
geen sprake nie: die werk is 'n oortuigingswerk. Aan die werk kan en
moet elkeen, wat reeds oortuig is, help, want hoe eerder ons die
meerderheid aan ons kant het, hoe beter vir die verstandelike
vooruitgang van ons volk.
En die beste middel om ander te oortuig, is om self die Afrikaanse taal,
by elke geleentheid, te gebruik, en sodoende die nut en die dienlikheid
daarvan te bewys. Woorde wek, maar voorbeelde trek.
Alles maar Slim Praatjies!
En hoe antwoord die teëstanders die argumente ten gunste van 'n
Afrikaanse skryftaal?
Gewoonlik is dit 'n siddering en 'n
Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.