'n mag gee, waar geen
middeleeuer ooit van gedroom het nie.
Die allergrootste voordeel lê egter daarin, dat ons Afrikaans 'n spruit is
van 'n edel en ou geslag, wat nie alleen in Suidafrika nie, maar ook in
Holland en Vlaandere voortlewe--'n geslag, wat 'n ryke litteratuur en 'n
uitgebreide woordeskat gesamentlik besit.
Vyftig jaar gelede was die taal van die Czechs versmaad en verag,
sonder letterkunde en sonder enige regte: vandag bloei die taal in hof
en skool en universiteit, nieteenstaande die langdurige verset van die
Duitssprekende inwoners van Boheme; en Praag, die hoofstad van die
land, het dosyne boekwinkels vol met werke in die Czechiese taal--ja,
selfs die straatname van Praag is alleen in Czechies te lees. En dit alles
kon binne 'n halwe eeu geskied, en in weerwil van die bitter teëstand
van die Duitse taal met sy wêreldlitteratuur! Voorwaar, die saak is in
Suidafrika nie hopeloos nie.
Twee Taalstandaarde.
Vir my is Afrikaans en Hollands nie soseer twee afsonderlike tale, as
twee afsonderlike standaarde van dieselfde Nederlandse taal, waarvan
die een meer bepaaldelik in Suidafrika, die ander meer bepaaldelik in
Holland tuis hoort. Elke standaard het sy ontstaan te danke aan die
besondere behoeftes en omstandighede van 'n besonder land.
Atties, Dories en Ionies was drie letterkundige standaarde van dieselfde
Griekse taal; en net so kan Hollands en Afrikaans as twee gewestelike
standaarde van dieselfde Nederlandse taal beskou word.[2]
Die "jas" van die Hollander met sy Europese snit en Europese fraiings
is nie so geskik vir die Afrikaanse veld, en sit ook nie so bevallig op die
breë skouers van die Afrikaner, as die welbeproefde "baadjie"; maar
desnietemin kan elkeen tog sien, dat jas sowel as baadjie van dieselfde
stof gemaak is.
Een ding staan vas: daar bestaan geen algehele gelykheid meer tussen
die taal van Holland en die taal van Suidafrika nie; maar of ons nou ook
praat van twee tale of van twee taalstandaarde, die verskille tussen die
twee mag nie tot vyandskap voer nie, want hulle bly tog nog nou
verwant, en die bloei en welvaart van die een is van ontsaglike
betekenis vir die ontwikkeling en vooruitgang van die ander.
Afrikaans veral sal in sy wordingstyd veel te leer hê van die meer
ontwikkelde Hollands, en sal ook sy woordvoorraad vir letterkundige
en tegniese begrippe uit die ou Nederlandse taalskuur moet aanvul. Dit
hoef niemand te bevreem nie, want elke wettige en reggeaarde kind het
reg op 'n erfenis, en alle tale (behalwe die basters en die diewe!) het so
geërf.
Ook die Hollandse en Vlaamse letterkunde is gemeenskaplike goed en
sal dit ook altyd bly solank as die Nederlandse taalvorme nog onderling
min of meer verstaanbaar is. Maerlant behoort ewegoed tot die
letterkunde van die Afrikaner, as Caedmon en Chaucer tot dié van die
Engelsman; en Maerlant is ook heelwat verstaanbaarder aan die
Afrikaner as Caedmon, ja selfs as Chaucer, aan die Engelsman.
En dan vra hul nog: "Waar is jul letterkunde, wat ons vir die eksamens
kan voorskrywe?" Ag, die eksamenvrees! Dit benewel ons verstand, en
selfs manne, wat beter hoort te weet, skrik hul asvaal, as 'n pedante
teëstander maar net iets oor "letterkunde" brom--'n teëstander, wat
dikwels nie eers weet nie, dat sy geliefde Shakespeare in 'n
gemoderniseerde spelling en met 'n verklarende woordelys moet gedruk
word, ten einde aan die moderne leser verstaanbaarder te wees!
Geen letterkunde is ooit gebonde aan die besondere taalvorm, wat op
een of ander tydperk in swang mag wees nie; en dit is alleen onkunde
of vitsug, wat aan 'n Afrikaanse letterkunde eise wil stel, waaraan selfs
geen Engelse of Duitse letterkunde voldoen nie.
Met 'n Afrikaanse skryftaal sal daar geen jota minder letterkunde wees
as met 'n ander Nederlandse skryfvorm nie. Inteendeel, daar sal veel
meer wees; want behalwe die bestaande Hollandse en Vlaamse, sal daar
ook 'n spesiaal Afrikaanse litteratuur wees--wat noodwendig moet volg,
as die Afrikaner selfbewus bly en 'n doelmatige uitingsmiddel vir sy
gedagtes besit. En laat ons tog nooit vergeet nie, dat, hoewel Afrikaans
genoegsaam verskillend van Hollands is, en aan 'n genoegsaam aparte
en selfstandige volk behoort, om as afsonderlike skryfmedium spesiale
voordele vir die Nederlandssprekende bevolking van Suidafrika te besit,
dit tog ook terselfdertyd nog genoegsaam gelykend op Hollands is, en
aan 'n volk genoegsaam verwant aan die Hollanders behoort, om 'n
maklike en dankbare gebruik te kan maak van die geestesskatte in die
Hollandse vorm van die Nederlandse taal bewaar. 'n Hartelike eendrag
is veel meer werd as 'n doodse eenvormigheid.
'n Oortuigingswerk.
Eendrag maak mag, maar tweedrag breek krag, sê ons ou spreekwoord;
en die ou spreekwoord is nog altyd bewaarheid geword. Onderlinge
verdeeldheid en tweespalk kan alleen tot gewisse ondergang voer, en is
ook gevaarliker as die vuur en die swaard van die felste vyand. Dié
dinge moet dan ook as dodelike gif vermy
Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.