Oom Gert Vertel en Ander Gedigte | Page 9

C. Louis Leipoldt
bewing vir 'n breuk van die band
met Holland, en daar word dan gepraat en gehandel, asof die
sogenaamde "Vereenvoudigde Hollands" van Suidafrika gelyk is aan
die skryftaal van Holland, terwyl die feit wil, dat die oorgrote
meerderheid in Holland van geen vereenvoudigde skryftaal wil weet
nie, en die Hoog-Hollands van die Afrikaner ewe "raar" vind as sy
Afrikaans.

Sê die Afrikaner, dat Hollands styf en onnatuurlik vir hom is, dan
antwoord die teëstander, met 'n skyn van geleerdheid: "Het Hollands
lijkt de Afrikaner stijf en artificiëel om geen andere reden, dan dat hij
er geen behoorlik onderricht in heeft gehad, en hij het zo slecht kent.
Had het Hollands op school gelijke rechten met het Engels, dan zou het
Afrikaanse kind zich het Hollands veel gemakkeliker eigen maken dan
het Engels. In Holland wordt dat bewezen, doordat de Fries, de
Brabander, of de Limburger, die ook thuis en in de dagelikse omgang
buitenshuis zijn eigen taal of dialekt spreekt, toch ook met gemak
Hollands leest en spreekt." Dié argument word af en toe gehoor, veral
uit Holland, en dit geld as 'n besonder kragtige argument. Die redenasie
is egter ver van oortuigend. Geen verbeterde onderwys kan die
natuurlikheid van die alledaagse omgangstaal aan 'n ander taalvorm gee
nie--nee, nie eers in Friesland, Brabant of Limburg nie. Suidafrika,
egter, is geen provinsie van Holland nie, en sy belange en toestande is
totaal verskillend: hier word o.a. 'n felle taalstryd gevoer--'n seën,
waarvan die drie genoemde provinsies vry is. Had ons 'n menigte
dialekte, dan was daar natuurlik nog veel te sê vir Hollands as onsydige
landstaal; maar die vry grote eenvormigheid van Afrikaans oor ons hele
spraakgebied maak die gebruik van 'n ander gemeenlandse taal onnodig
en onprakties. In grammatika is die verskille tussen Hollands en
Afrikaans ook veel ingrypender as tussen Hollands en enige dialek van
Holland; en in dié hoogs belangryke opsig staan Afrikaans werklik
nader aan Engels. Dink maar net aan die woordgeslag en die
ingewikkelde vervoeging van die skryftaal en die dialekte van Hollands
en Vlaams! Dit maak ons taalstryd soveel gevaarliker, daar Engels nie
alleen op sy eie eenvoudige grammatika, maar ook op die natuurlike
ontvanklikheid van die Afrikaner kan staat maak. Alleen die erkenning
van ons eie grammatika sal teen dié gevaar bestand wees.
Dit word heel dikwels beweer, dat Afrikaans te na aan Hollands staan
om as afsonderlike litteratuurmedium op te tree. Maar is Deens, Noors
en Sweeds dan nie ewe na aan mekaar verwant nie? En staan Spaans en
Portugees ook nie betreklik na aan mekaar nie? Hoe na aan of hoe ver
van 'n ander taal dit staan, het niks hoegenaamd met die

noodsaaklikheid of die dienlikheid van 'n taal as selfstandige skryftaal
te doen nie. Elke selfbewuste volk, wat 'n afsonderlike geheel vorm,

met afsonderlike maatskaplike en staatkundige belange, sal die taal,
deur die meerderheid van die volk gepraat, tot skryftaal ontwikkel,
onverskillig hoe min of hoe veel dit op die skryftaal van 'n ander volk
gelyk.
Dan weer heet dit, dat ons bevolking te klein is. Maar Ysland, met sy
wêreldberoemde saga-litteratuur, het selfs op sy bloeiendste tydperk nie
meer as 600000 inwoners gehad nie; en Wales, 'n ander land, waar die
tweetalige duiwel aan die woed is, tel ook maar sowat een miljoen
Welssprekende, en tog is daar geen tekens, dat die Welse taal aan
uitsterwe is nie. En waarom moet ons, Afrikaners, dan moed
opgee--ons, wat by die dag meer word?
Die vrees is ook meer as eenmaal uitgespreek, dat 'n Afrikaanse
skryftaal nodeloos ons lesende publiek sal beperk tot die driekwart
miljoen Afrikaners en ons geen lesers onder die miljoene van Holland
sal besorg nie, en dat die klein debiet van ons boeke dan geen skrywers
sal uitlok en dus die ondergang van die Nederlandse taal in Suidafrika
sal vergewis. Dit is egter in die laaste jare ten duidelikste geblyk, dat
die bevolking van Holland veel meer belang stel in ons Afrikaanse as in
ons "Hoog-Hollandse" produkte. Hollands en Afrikaans is ook
onderling nog vry verstaanbaar, sodat 'n Afrikaanse werk, wat die
moeite werd is om te lees, altyd ewe gretig in Holland en Vlaandere as
in Suidafrika sal gelees en verstaan word, ewenas die intelligente
bevolking van Suidafrika sal voortgaan om Hollandse en Vlaamse
werke te lees en te bestudeer.
Die tweetaligheid van Suidafrika en die daaruit spruitende onluste
verskaf stellig die mees geliefde argument teen die gebruik van die
Afrikaanse skryftaal. So'n kersvers Afrikaans, heet dit, kan tog
onmoontlik standhou naas die Engelse wêreldtaal, met sy uitgebreide
litteratuur. Maar wat leer die voorbeeld van Boheme ons? En leer
Wales en Ierland ons ook nie, dat 'n wêreldtaal met 'n wêreldlitteratuur
nie altyd die sterkste is nie?
Die gebruik van die Afrikaanse skryftaal sal ook geen verandering in
die bestaande spreektaal bring nie (behalwe dat dit die spreektaal
Continue reading on your phone by scaning this QR Code

 / 32
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.