geskok deur 'n "taaltjie", wat _ons is_ wil skrywe in plaas van _wij zijn_! So 'n standpunt is nie heeltemal onverklaarbaar nie, en dit hoef ons ook geensins te berowe van die hulp en die raad van di�� geharde stryers, wat douvoordag op was om vir ons te werk, en aan wie dit te danke is, dat die bestaan van 'n Afrikaanse Beweging vandag moontlik is.
En die ouer geslag? Sal hulle dan ook nie 'n bietjie notiesie neem van die woorde en werke van die jong geslag nie? Ons stry tog nog vir dieselfde beginsels, waar hulle voor geveg het--net, ons wil Afrikaanse wapens gebruik, omdat dit meer by die hand, makliker te hanteer, en doeltreffender in die stryd is. Ons verwag ook van hulle, dat hul nie die onkundige of bevooroordeelde uitlander sal napraat nie, as hy ons wil wysmaak, dat ons Nederlands 'n patois, 'n mengelmoes, 'n kombuistaal sonder grammatika en sonder woordeskat is! Sulke skreiende onkunde is begryplik in iemand, wat alles, wat Hollands of Afrikaans is, verag; maar by iemand, wat die Afrikaanse taalvorm elke dag hoor en ook self praat, sal ons nie sulke gesegdes soek nie.
Selfs die bewering, dat Afrikaans 'n dialek van die Hollandse taal is, is nie genoeg om die ondienlikheid of onwenslikheid daarvan te bewys nie; want elke litteratuurtaal, sonder onderskeid, het een of meer dialekte tot grondslag; en elke dialek word 'n litter��re taal, sodra 'n volk daarin begin te skrywe en dit tot voermiddel van sy gedagtes maak.[3]
Twis en tweedrag moet ons dus vermy. Maar met di�� woorde word geensins bedoel, dat ons voortaan moet stil sit en wag, tot die tyd "ryp" word nie. Die tyd word nooit vanself ryp nie: dis die mense, wat dit ryp maak deur woord en daad.
'n Saak kan altyd op 'n besadigde en verstandige manier bespreek word, en moet ook bespreek word, as ons vordering wil maak; want as ons altyd bang vir verskil van opienie is, dan sal ook nooit enige nuwe denkbeelde kan verkondig word nie; en die gevolg sal wees stilstand en verstening.
Die werk van die Afrikaanse Beweging is, om die volk te "beweeg" en op te wek om die voordele van 'n eie Afrikaanse taal in te sien. Di�� werk mag nooit stilstaan nie, voor en aleer die meerderheid van die volk oortuig is. As daar waarheid en lewenskrag in die Beweging sit, dan sal die dag ook gewisselik aanbreek, dat die meerderheid deur minsame rede oortuig word; en dan sal die Afrikaanse taalvorm ook vanself tot sy regte kom, sonder omwenteling en sonder onenigheid.
Ek geloof nie, dat die vurigste Afrikaans-gesinde die Afrikaanse taal wil forseer en aan die volk teen wil en dank wil opdring nie. Dit is nie alleen gek nie, maar onmoontlik! Nee, van opdring en dwing is daar geen sprake nie: die werk is 'n oortuigingswerk. Aan die werk kan en moet elkeen, wat reeds oortuig is, help, want hoe eerder ons die meerderheid aan ons kant het, hoe beter vir die verstandelike vooruitgang van ons volk.
En die beste middel om ander te oortuig, is om self die Afrikaanse taal, by elke geleentheid, te gebruik, en sodoende die nut en die dienlikheid daarvan te bewys. Woorde wek, maar voorbeelde trek.
Alles maar Slim Praatjies!
En hoe antwoord die te?standers die argumente ten gunste van 'n Afrikaanse skryftaal?
Gewoonlik is dit 'n siddering en 'n bewing vir 'n breuk van die band met Holland, en daar word dan gepraat en gehandel, asof die sogenaamde "Vereenvoudigde Hollands" van Suidafrika gelyk is aan die skryftaal van Holland, terwyl die feit wil, dat die oorgrote meerderheid in Holland van geen vereenvoudigde skryftaal wil weet nie, en die Hoog-Hollands van die Afrikaner ewe "raar" vind as sy Afrikaans.
S�� die Afrikaner, dat Hollands styf en onnatuurlik vir hom is, dan antwoord die te?stander, met 'n skyn van geleerdheid: "Het Hollands lijkt de Afrikaner stijf en artifici?el om geen andere reden, dan dat hij er geen behoorlik onderricht in heeft gehad, en hij het zo slecht kent. Had het Hollands op school gelijke rechten met het Engels, dan zou het Afrikaanse kind zich het Hollands veel gemakkeliker eigen maken dan het Engels. In Holland wordt dat bewezen, doordat de Fries, de Brabander, of de Limburger, die ook thuis en in de dagelikse omgang buitenshuis zijn eigen taal of dialekt spreekt, toch ook met gemak Hollands leest en spreekt." Di�� argument word af en toe gehoor, veral uit Holland, en dit geld as 'n besonder kragtige argument. Die redenasie is egter ver van oortuigend. Geen verbeterde onderwys kan die natuurlikheid van die alledaagse omgangstaal aan 'n ander taalvorm gee nie--nee, nie eers in Friesland, Brabant of Limburg nie. Suidafrika, egter, is geen provinsie van Holland nie, en sy belange en toestande is totaal verskillend: hier word o.a. 'n felle taalstryd gevoer--'n se?n, waarvan die drie
Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.