genoemde provinsies vry is. Had ons 'n menigte dialekte, dan was daar natuurlik nog veel te s�� vir Hollands as onsydige landstaal; maar die vry grote eenvormigheid van Afrikaans oor ons hele spraakgebied maak die gebruik van 'n ander gemeenlandse taal onnodig en onprakties. In grammatika is die verskille tussen Hollands en Afrikaans ook veel ingrypender as tussen Hollands en enige dialek van Holland; en in di�� hoogs belangryke opsig staan Afrikaans werklik nader aan Engels. Dink maar net aan die woordgeslag en die ingewikkelde vervoeging van die skryftaal en die dialekte van Hollands en Vlaams! Dit maak ons taalstryd soveel gevaarliker, daar Engels nie alleen op sy eie eenvoudige grammatika, maar ook op die natuurlike ontvanklikheid van die Afrikaner kan staat maak. Alleen die erkenning van ons eie grammatika sal teen di�� gevaar bestand wees.
Dit word heel dikwels beweer, dat Afrikaans te na aan Hollands staan om as afsonderlike litteratuurmedium op te tree. Maar is Deens, Noors en Sweeds dan nie ewe na aan mekaar verwant nie? En staan Spaans en Portugees ook nie betreklik na aan mekaar nie? Hoe na aan of hoe ver van 'n ander taal dit staan, het niks hoegenaamd met die?noodsaaklikheid of die dienlikheid van 'n taal as selfstandige skryftaal te doen nie. Elke selfbewuste volk, wat 'n afsonderlike geheel vorm, met afsonderlike maatskaplike en staatkundige belange, sal die taal, deur die meerderheid van die volk gepraat, tot skryftaal ontwikkel, onverskillig hoe min of hoe veel dit op die skryftaal van 'n ander volk gelyk.
Dan weer heet dit, dat ons bevolking te klein is. Maar Ysland, met sy w��reldberoemde saga-litteratuur, het selfs op sy bloeiendste tydperk nie meer as 600000 inwoners gehad nie; en Wales, 'n ander land, waar die tweetalige duiwel aan die woed is, tel ook maar sowat een miljoen Welssprekende, en tog is daar geen tekens, dat die Welse taal aan uitsterwe is nie. En waarom moet ons, Afrikaners, dan moed opgee--ons, wat by die dag meer word?
Die vrees is ook meer as eenmaal uitgespreek, dat 'n Afrikaanse skryftaal nodeloos ons lesende publiek sal beperk tot die driekwart miljoen Afrikaners en ons geen lesers onder die miljoene van Holland sal besorg nie, en dat die klein debiet van ons boeke dan geen skrywers sal uitlok en dus die ondergang van die Nederlandse taal in Suidafrika sal vergewis. Dit is egter in die laaste jare ten duidelikste geblyk, dat die bevolking van Holland veel meer belang stel in ons Afrikaanse as in ons "Hoog-Hollandse" produkte. Hollands en Afrikaans is ook onderling nog vry verstaanbaar, sodat 'n Afrikaanse werk, wat die moeite werd is om te lees, altyd ewe gretig in Holland en Vlaandere as in Suidafrika sal gelees en verstaan word, ewenas die intelligente bevolking van Suidafrika sal voortgaan om Hollandse en Vlaamse werke te lees en te bestudeer.
Die tweetaligheid van Suidafrika en die daaruit spruitende onluste verskaf stellig die mees geliefde argument teen die gebruik van die Afrikaanse skryftaal. So'n kersvers Afrikaans, heet dit, kan tog onmoontlik standhou naas die Engelse w��reldtaal, met sy uitgebreide litteratuur. Maar wat leer die voorbeeld van Boheme ons? En leer Wales en Ierland ons ook nie, dat 'n w��reldtaal met 'n w��reldlitteratuur nie altyd die sterkste is nie?
Die gebruik van die Afrikaanse skryftaal sal ook geen verandering in die bestaande spreektaal bring nie (behalwe dat dit die spreektaal teen verwildering sal bewaar); en ook die bestaande letterkunde sal bly, in watter taalvorm dit ook al mag geskrywe wees. 'n Skryftaal, wat maklik en prakties is--dis al, wat ons meer wil h��. En hoe makliker ons skryftaal, hoe hoopvoller die taalstryd; want 'n maklike grammatika en 'n maklike spelling het nog in elke taalstryd twee gedugte wapens geblyk. Laat elkeen maar eers besef, dat sy alledaagse Afrikaans goed genoeg is om te skrywe, en kyk dan, of die Afrikaner nog Engels aan sy mede-Afrikaner sal skrywe!
'n Ander argument, wat 'n seker klas mense by voorliefde van gebruik maak, is dat die meerderheid van die volk teen Afrikaans is,[4] en dat ons net onnodig stryd verwek. Maar watter hervorming het ooit met 'n meerderheid begin? Die volk is meestal teen 'n nuwe ding, eenvoudig omdat die nut en die voordeel van die nuwe ding nog nie duidelik gemaak is nie; maar om nou die volksonwetendheid en -vooroordeel 'n ekskuus vir individuele swakheid en papheid te maak, is baie dieselfde soort redenasie as di��, wat Adam en Eva in die Paradys gebruik het om hulle ongehoorsaamheid te verontskuldig. Of Afrikaans is die beste skryfvorm vir die Afrikaner, ��f dit is dit nie; en as dit bewys is, dat dit die beste is, dan word dit die dure plig van elke opreggesinde Afrikaner om vir die spoedige en algehele erkenning daarvan te werk. Hulp by die saai is veel meer welkom as hulp by die maai.
Die Verband van die
Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.