ook predikante ten gunste van die voorstel was. In Die Banier (Des. 1921) bepleit Dr. H.J. Steyn die oprigting van beroepsgeselskappe op goeie gronde. "Die tyd is verby om die toneel te bestry op grond dat dit teen ons sedes is. Die Engelse toneel is nie alleen 'n gevaar vir ons sedes nie, maar ook vir ons nasionale gevoelslewe."[35] In die taalstryd het die liefhebbery-toneel uitstekende dienste bewys en ook tans nog is daar geselskappe, wat groot gedeeltes van die land afreis. Jan Celliers sê in 1910 al: "Dis op ander plekke ook duidelik gebleke dat die toneel 'n magtige middel kan wees tot sedelike opvoeding, deur aan die mens 'n spie?l voor te hou van sy drifte, hartstogte en ydelhede. En die toneel boesem eerbied en liefde in vir die landstaal. In ons land, veral, waar so min gelees word, kan die toneel 'n groot rol speel ..."[36]
Hoe die Kalvinistiese gees reageer op die moderne Nederlandse letterkunde blyk o.a. uit die jaarboeke van die Akademie. In 'n voordrag De Dichter als Ziener sê Dr. J.D. du Toit (Totius): "Bij overvloedige tol van eerbied, die gij zeker met mij aan de nieuwe Hollandse dichters betaalt, moet toch bejammerd worden het waarlik arm-zijn van hun verzen aan dat ide?el-zienlike, dat logies-objektieve. Hun subjektievisme doet hen omdwalen in een ijle, onlogiese, zinledige wereld." (II p. 57). Ter stawing van sy oordeel voer hy aan Belpaire, Kunst- en Levensbeelden. Van l'art pour l'art wil Totius nie hoor nie. Met instemming haal hy Prof. Woltjer aan: "Het begin en einde van alle po?zie is de ere Gods in het woord Hem toegebracht uit en door zijn schepsel".
In 1912 spreek Dr. I.J. Marais ([oorlede] 1919) sy professorale banvloek uit oor "De Nieuwere Richting in de Nederlandse Letterkunde",[37] waarmee hy hoofsaaklik die Tagtigers bedoel. "Zij verheerliken de kunst; zij zijn artiesten, die woordkoppelingen dulden, vaak door geen mens verstaan ..." Beets, Da Costa, Van Lennep, Bosboom-Toussaint, Bilderdijk, Van Koetsveld en De Genestet--die noem hy almal "sterren van de eerste rang"! "Met hun heengaan nam de middelmatigheid bezit van het terrein"! Dat Van Deyssel dit waag om manne soos Vosmaer en Jan ten Brink die les te lees word genoem "verwaandheid, die alle perken te buiten gaat". En dan volg die uitspraak: "De Opstellen van Van Deyssel, de Letterkunde van Kloos, de Studies van Van Eeden zijn geen letterkunde die veredelt." Veral die wêreldbeskouing van die Tagtigers prikkel tot te?spraak. "Het èsthetiese neemt de plaats in van het etiese. Het schone wordt verheerlikt tegenover het goede en het ware, en het heilige." Steunende op Taco de Beer en Ds. Hulsman word die wêreldbeskouing dan veroordeel. Johan de Meester en Vermeylen val onder die skrywers "van mindere rang" en alleen enkele sonnette van Perk vind genade. En eindelik kom die volgende sug van verligting: "Goddank dat onze Zuid-Afrikaanse schrijvers ons een andere weg hebben aangewezen ... Couperus, Van Eeden, Van Deyssel en anderen kiezen wij niet tot model in Z.A. Daartegen waarschuwen wij ..." Prof. A. Moorrees breek 'n lansie vir Bilderdijk in sy dankwoord en prys die kritiek van Beets teenoor die "van sommige latere kritici, wier kritiek grotendeels schijnt te bestaan uit ge?dealiseerde viswijventaal."[38] Ook Ds. J.D. Kestell verklaar dat "ondanks de moderne neiging om de schrijvers van 1880 te volgen, men zich hier bij ons nog steeds vastklemde aan 'n oudere generatie, en inzonderheid aan Beets."[39]
As "men" beteken die ou garde, dan is die bewering in hoofsaak juis. Onder die jongere is daar seker niemand, wat die sonderlinge kritiek van Prof. Marais sal aanneem nie. Ons het in die woorde van Prof. Moorrees geleer om "het goede uit alle tijden en alle richtingen ... te waarderen"[40] en weier om 'n metode te volg, wat die meeste egte kunswerke op die Kalvinistiese indeks sou plaas, 'n metode, wat tot sulke ongerymdhede lei as om Van Koetsveld en Van Lennep o.a. onder "de sterren van de eerste rang" te reken! Prinsipi?le voorligting by die moderne literatuur is ongetwyfeld 'n dringende eis, veral in 'n Kalvinistiese gemeenskap, maar dit moet iets anders wees as 'n veroordeling met een bre? armswaai. Daar is ook in Suid-Afrika nog mense wat glo dat kristelike beginsels teenoor egte kuns nooit vyandig hoef te staan nie. Raak Jan Celliers in sy takvolle lesing oor _Kuns en Sedelikheid_ nie die wortel van die kwaad nie, waar hy sê: "Ons opvoeding in alles wat skoonheid en kuns aangaat, is te seer verwaarloos.... Word daar nie te veel "angsvallig bedek (ge) hou (nie), wat deur eerlike, openlike behandeling die aantreklikheid van verbode vrug en geheim sou verloor en gevaar sou voorkom"? (Die Huisgenoot Jan. 1922.) Aangesien daar nou al tekens is, dat die voetpaadjie van ons Afrikaanse kuns uitdraai na die internasionale grootpad, word dit 'n aktu?le kwessie.
Prof. J. Kamp het die verskil in geestesgesteldheid tussen

Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.