Europa en S.A. goed geformuleer: "Van de problemen die daarginds de moderne ziel bewonen, schokken en folteren, horen wij hier nog maar 't verre gerucht. Voor 't grootste deel wandelen wij nog maar op de traditionele paden ... En op emotioneel gebied, op 't terrein van de kunst? Wij zijn vermoedelik nog ver van Oud-Europa z'n tegenwoordige koers op dit gebied.... We zijn nog eenvoudig, nog natuurlik, ja zelfs nog tamelik na?ef. En aan onze kunst komt dat ten goede. Maar de vraag is of diep onder de oppervlakte van Jong-Zuidafrika z'n geestelik leven niet reeds kiemen zijn aan te wijzen, van dat modern-europese. 't Kontakt tussen hier en daar wordt al veelvuldiger en al intenser ... Ik meen, dat grondige kennis van, en diep inzicht in de getijen van hedendaags Europa, niet te vroeg onder ons bevorderd kunnen worden. Opdat wij weten, en gewaarschuwd zijn, en niet overrompeld worden."[41]
Van groot belang vir die letterkunde sal die Afrikaanse Bybelvertaling wees. As die vertalers daarin slaag om deur verhewe eenvoud 'n waardige vertolking van die gewyde teks te lewer, sal dit veel bydraag om vastigheid te gee op stylgebied.
§ 7. Die Prosa.--Algemene Karakteristiek.
In die letterkundige voortbrengsele van die periode wat ons die Afrikaanse Renaissance kan noem, sit daar ongetwyfeld sterk militante elemente--en geen wonder ook, want die letterkunde van alle volke is 'n weerspie?ling van die geestelike strominge wat die volksiel diep geroer het. Vir tientalle van jare voer ons al 'n taalstryd--'n stryd wat feitlik elke indiwidu dwing om grondig na te dink oor allerhande taalkwessies, waaroor hy hom onder normale omstandighede nooit sou bekommer nie. En die taalstryd is terselfdertyd 'n stryd vir ons volksbestaan, vir ons volkseenheid. "Ons jong Afrikaanse taal moet win en sal win", is die vlammende passiekreet van die herlewende volk; en, eweas die manne van die Ple?ade in Frankryk, verdedig ons kunstenaars met heilige ywer die moedertaal, deur die opheffing waarvan 'n lang periode van geestelike knegskap be?indig word; vol van die besielende weelde van 'n pasgewonne vryheid, slinger hul manifeste teen die wikkende, we?nde twyfelaars wat nog lus het om 'n vreemde taal aan ons op te dring, maar wat nou vasgekeer is tussen die langsaam maar seker sluitende sirkel, waarin die asgaai van die jeugdige stryders blink in die skittering van 'n nuwe son.
Juis die roes van 'n toekomstige maar sekere oorwinning is dit wat 'n rustige objektiewe beskouing van ons literêre kuns so erg moeilik maak. Baie boeke wat in die taalstryd kragtige wapens was, sal later nog alleen van kultuurhistoriese belang wees. Ons loop groot gevaar om in die hitte van die stryd 'n literatuur voort te bring wat die karakter van fabriekwerk draag. Die tot vervelens toe herhaalde geroep van die teenstanders: "Afrikaans het g'n letterkunde nie!" het prikkelend gewerk en 'n atmosfeer geskep, waarin wel 'n kragtige strydliteratuur kan ontstaan, maar slegs by uitsondering 'n uiting van stralende skoonheid wat deur alle tye heen sal geniet en gewaardeer word. Die uitdagende houding van die voorstanders van Hollands, wat hul steeds beroep het op 'n eeue-oue letterkunde, het ons opgehits tot dade van durf. In jeugdige oormoed het ons aan skrywe gegaan--nie altyd omdat hier binne ons 'n magtige worsteling van ide? was wat tot vertolking gedwing 't nie, maar ook om te bewys dat ons taal sy man kan staan. In die laaste paar jaar het daar 'n oorweldigende aantal boeke in Afrikaans verskyn; en omdat in die taalstryd juis dié wapens so uiters belangrik was, kon die kritiek dikwels nie onvoorwaardelik veroordeel nie. Maar nou begint die tyd verby te gaan waarin ons 'n boek gaan aanbeveel eenvoudig omdat dit in Afrikaans geskryf is. Vir ons jong skrywers is daar nou geen aanleiding meer nie vir dié oorhaasting waardeur in die verlede veel middelmatigs op die pers gekom 't.
Egte kuns kan nie ontstaan nie omdat dit ge?is word as bewys vir die manbaarheid van 'n jong taal--net so min as wat die goue erepennings van die talryke Nederlandse diggenootskappe van die 18de eeu egte po?sie uitgelok het. Egte kuns moet spontaan voortkom uit 'n innerlike onweerstaanbare drang, waaraan die geroepe kunstenaar, die "begenadigde eenling" eenvoudig moet gehoorsaam. Nasionale eersug het nog nooit 'n letterkunde van blywende waarde gefabriseer nie, eenvoudig omdat dit iets is wat nie gefabriseer kan word nie. Gun die kunstenaar die tyd om met rustige toegewydheid sy taal te troetel en te streel totdat hy daarin die fynste roersele van sy siel kan uit, die teerste opwellings kan verklank.
Laat die koorsagtige strydstemming van die laaste tyd ons hoofde nie op hol bring nie. Die fiere, lewenskragtige eienskappe van ons volk is die waarborg vir die langsame, gestadige opbloei van 'n gesonde nasionale letterkunde. So was dit in alle lande, en so sal dit ook by ons wees. Maar nie in één nag sal daar

Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.