te beweer, dat ons al ons kultuur "oorgeneem (het) van ons ingevoerde medeburgers. Dis nie ons eie nie, dis geleen. Ons sogenaamde nuwe kultuurvorme is 'n suiwere na-apery ... As ons so vuurwarm word oor ons eie tradiesies en gewoontes en sedes, dan praat ons so ongemerk ... 'n hele boel nonsens." Tog erken hy: "Op die gebied van ons geskiedenis, van ons boerdery, ons nywerheid en veral ons taal en letterkunde het ons verbasend vooruitgegaan. Op taalgebied het ons waarskynlik in die afgelope twintig jaar 'n groter ontwikkelingsproses deurgegaan as die Engelse taal in vyf eeue, van die tyd van Chaucer tot vandag toe. Dit alles getuig van 'n vitaliteit, 'n groeikrag, 'n energie, 'n lewe, wat ons met verbasing en blydskap vervul."[27]
Optimisties is Dr. D.F. Malan: "Ik geloof ... dat het Afrikaanse volk op het gebied van de kunst een schone toekomst tegemoet gaat. Voor die verwachting meen ik goede gronden te hebben. Ik bedoel niet alleen het feit gedurende de lange wachtensmoede uren in de kampen ontdekt, dat ons volk even kunstig kan zijn met het mes als dapper met de Mauser.... Ik bedoel ook het feit dat de kunst ons volk ongetwijfeld aangeboren is.... Ons volk is samengesteld hoofdzakelik uit drie elementen--het Hollandse, het Franse en het Duitse. 't Zijn juist die volken van Midden-Europa, die uitblinken in kunstgevoel en kunstprodukten, de natuurlike erfgenamen van de beschaving en de kunstzin van de oude Grieken en Romeinen."[28]
Van belang is ook die volgende: "Hier in S.A. kan ons nog nie praat van 'n spesifiek Afrikaanse toonkuns nie, hoewel ook hier die eerste druppels na 'n langdurige droogte begint te val.... Ons vernaamste musiek-eksamens word afgeneem deur 'n Engelse liggaam, wat elke jaar sy eksaminatore uit Groot-Brittanje naar S.A. stuur. Dit bewys hoe primitief die opvatting van ons outoriteite van die doel van die toonkuns is, dat hulle sulke verouderde toestande laat voortduur.... Ons volk is kultureel nog nie ontwikkel nie, en geldelik nie sterk genoeg om hom ontberings te getroos of groot somme uit te gee vir goeie skilderstukke nie."[29]
By die beoordeling van die letterkundige waardering kan ook gewys word op die soms hoogs eienaardige keuse van werke uit die Nederlandse letterkunde, wat vir publieke eksamens voorgeskryf is. Dikwels het dit geblyk, dat daar 'n besondere voorkeur was vir minderwaardige skrywers soos Justus van Maurik en ander, wat in Holland, òf totaal onbekend, of nog alleen deur die onderste lae van die samelewing gelees word. Tereg het dan ook die Akademie daarteen protes aangeteken[30] en in die laaste jare kom ook hierin verbetering.
§6. Kalvinisme en Kuns.
'n Belangrike faktor in ons kultuurlewe is die feit, dat die Afrikaner volk Kalvinisties is. "Als wij de ziel van dit volk wensen te bepalen zonder zijn religie 'n prominente plaats in te ruimen, zou het zijn 'n opvoeren van Hamlet zonder de prins erbij", verklaar Ds. N.J. Brümmer.[31] "Geheel ons Afrikaans-Protestantse religie is gebaseerd op 'n zeker Godsbegrip zoals in de (Dordse) Canones omschreven." Die "teugelloze willekeur" van die Afrikaanse natuur was "'n school voor de beoefening van de deugd der onderworpenheid, ... was genoeg om de Afrikaner tot ernst, ja tot somberheid te stemmen, en voorwaar de weemoedsschaduw der oude Germanen valt nog bij de besten onder ons volk op te merken." Daar mag wel 'n kern van waarheid in die laaste opmerking wees, maar laat ons veral die somber stemming nie oordryf nie. "Om den wat stroef gesloten mond van den Calvinist heeft Cats vaak een gezonden lach doen spelen", sê Dr. Kuyper.[32] Dit was by ons nie nodig nie, want 'n guitige humor is juis een van die kenmerke van die Afrikaner volk. En in die "meedogenloze" natuur van Suid-Afrika is die stralende son tog steeds 'n simbool van blyheid gewees, wat ons uit die bedompige huise gelok 't na jag- en veldvermaak.
Prof. J.J. Smith het daarop gewys, dat sekere kunsuitings al agterdog veroorsaak het. "Ons volk is by uitstek Kalvinisties en die geroep om die kuns ter wille van die kuns self te bewonder, wat die kunstenaar ook al mag voorstel, het heelwat argwaan teen die kuns verwek. Om 'n agterveldse patriarg 'n skilderstuk voor te hou of 'n beeldhouwerk te toon wat 'n voorstelling gee van Voortrekkersdogters wat in die Oranje-rivier baai, sal by hom nie juis liefde vir die kuns wek nie, want as afstammeling van die Hugenoot en Geus het hy alreeds met die idee vertroud geraak, dat die beeldhoukuns 'n werktuig in die diens van die afgodedienaar is en die skilderkuns 'n instrument om Roomse kerkvensters mee te versier."[33]
Op die Bloemfonteinse Taalkongres is daar in 1909 'n skermutseling gewees oor die vraag of die Akademie die opvoering van toneelstukke moes bevorder.[34] "Dit voorstel werd echter hevig bevochten" in 'n voorlopige komiteevergadering al, en hoofsaaklik deur kerklike teenstand verwerp. Merkwaardig is egter, dat daar tog

Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.