Die prosa van die twede Afrikaanse beweging | Page 6

Pieter Cornelis Schoonees
goeie bedoelinge, remmend werk op die ontwikkeling van 'n algemene kunsbegrip en die opbruisende energie van die jong mense op niksbeduidende sakies laat verflenter.
Aan die spits van die intellektuele gedeelte van die volk staan die wetenskaplik gevormde leiers, ten volle toegerus met al die geestelike goedere van die buiteland. En òm hulle, die steeds groter wordende skare, wat deur 'n verbeterde onderwysstelsel in staat is om aktief deel te neem aan wetenskap en kuns. Veral in die laaste jare het dit duidelik geblyk, dat skoonheid vir ons nie meer 'n weelde-artiekeltjie, 'n goue rand aan die bord waaruit ons die daelikse brood eet, is nie. Kuns het vir ons geword 'n noodsaaklikheid, en gelukkig is ons kuns van so 'n geaardheid, dat dit nie op die bergtoppe van ongenaakbare afsondering alleen enkele begenadigdes ontroer nie, maar verstaan en gewaardeer word deur 'n groot gedeelte van 'n volk, wat jare lank al soek na skoonheid in eie taal, skoonheidsuitinge van eie kultuur.
As dit waar is dat die materi?le posiesie van die kunstenaar 'n simptoom is vir die kulturele peil van 'n volk, dan kan ons op een inspirerende voorbeeld wys. Jan Celliers is uit die geesdodende sleur van 'n regeringskantoor verlos deur 'n spontane uitbarsting van algemene waardering. Dit is 'n erkenning van die waarde en onmisbaarheid van kuns, wat moed gee vir die toekoms, 'n bewys dat die gemeenskap belang stel in ide?le goedere. Die suksesvolle reise van Lauwerijs en Hullebroeck is ook aanduidings in dieselfde rigting.[20] Naas al die tekens van groei, deur Dr. E.C. Pienaar in sy dissertasie opgesom[21] kan nog gewys word op die oprigting van die _Tydskrif vir Wetenskap en Kuns_ in Bloemfontein (1922).
Eensydig sou egter bostaande oorsig van ons kultuurtoestand wees, as daar nie op gewys word nie, dat selfs by die ontwikkelde lae van die volk nog tallose spore van gebrekkige kunssin aanwesig is. So verklaar Dr. H.J. Steyn: "Ons volk is wel prakties en berustend van aard, maar te min idealisties. Sy eie geestesstryd en die van stamverwante laat hom meesal koud. Die laat hy oor aan 'n paar in sy oog eksentrieke idealiste.... Daar is nie 'n innerlike drang wat hom aangryp om naar 'n verafgelege horison te kyk nie; daar is by ons nog 'n gebrek aan liefde vir die abstrakte en bespiegelende, ons is nie genege om te werk vir resultate wat alleen deur ons nageslag gepluk sal word nie."[22] Die skilderskrywer Reenen J. van Reenen beweer: "In Suid-Afrika bly, by die meeste van ons, die bontgekleurde wand-kalenders wat die naaste smouswinkel aan ons stuur, nog die maatstaf wat ons gebruik by die beoordeling van skilderye."[23]
Wanneer Jan Celliers ons vertel: "Sommige korrespondente het my soveel per les aangebied, as ek hulle wil leer hoe om digters te word", (_Die Huisgenoot_, Aug. 1921) dan twyfel 'n mens aan die gehalte van die geesdrif vir letterkunde. In die Kersmisnommer van Ons Land, 1919, beveel Ds. J.P. van Heerden vir 'n ekstra prys aan 'n verhaal, getietel: De Dronkenschap van Dokter Dirkse, waarin alle woorde met die letter d begin. Dat dit tot 'n aaneenskakeling van onsin aanleiding gee, blyk uit die volgende: "De drank doet duizenden dwaasheden. Daarom drinkers, die de drankduivel dienen, denk diep daaraan. Doorziet daardoor de dwaasheid der dronkenschap, de droevige doodslag der drankzuchtigen. Doodt dus dadelik, doch degelik de drankduivel. Doet dus de drankduivel deerlik delgen...." Sedelike oorwegings het sy eerwaarde hier inderdaad 'n "droevige doodslag" op die kuns laat pleeg! Dat so 'n rederykers-aardigheidjie nog in 1919 kan bekroon word, is 'n aanduiding dat ons kunswaardering soms nog uiters gebrekkig is. Ook die opvoering van so 'n kykspel as die Medea van Jan Vos op Pretoria[24] deur die "Afrikaans-Hollandse Toneelvereniging" is 'n bedenklike teken.
Oor die gehalte van ons leesstof het Jan Celliers 'n opmerking gemaak, wat seker tans ook nog waar is: "In ons stede ... behoor baie van die mense wat so los in hul skoene staan--en wat hulself tog vir erg beskaaf hou--tot die wat weinig meer lees, of kan lees dan sulke goed soos Tit-bits en die Strand Magazine."[25] En veel uit die volgende, wat in 1911 geskryf is, bly vandag ook nog waar: "As ons let op wat tot nog toe (hoofsaaklik) in ons land geskryf is, as ons sien wat vernaamlik ... gelees word, dan moet ons sê, dat die awontuurlike en romantiese--die soort soos Captain Kettle en Sherlock Holmes, die soort wat sig besig hou met die growwe feite van die lewe--nog altyd die meeste in die smaak val.... In 'n jong land is dit amper nie anders te verwag nie--ons hele bestaan is hier prakties, geestelik oppervlakkig, woelerig en alledaags. Vraagstukke en gevoelens en gedagtes waar die groot wêreld daarbuite al moeg van is, daar het ons nog nie eers aan geroer nie."[26]
Dr. G. Cillié gaat selfs so ver om
Continue reading on your phone by scaning this QR Code

 / 143
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.