Die prosa van die twede Afrikaanse beweging | Page 3

Pieter Cornelis Schoonees
toegedien deur die politieke _volte face_--en gevolgelike onpopulariteit--van die persoon, die aan die spits gestaan het van die beweging wat, in die o? van die publiek, onafskeidelik aan hom verbonde was."[8] Heeltemal dood was die Afrikaanse Beweging egter nie, en in die volgende periode het o.a. die bloemlesing van Pres. F.W. Reitz, Twee-en-Sestig Uitgesogte Gedigte, asook die talryke bundels van Melt Brink goeie dienste bewys. Seer juis is die opmerking van Prof. J.J. Smith: "Dat Melt Brink in sy tyd 'n kultuurfaktor van betekenis was, val nie in die minste te betwyfel nie.... In later jare het beoordelaars sy taal as onafrikaans en sy kuns as onaanneemlik bestempel; maar die feit bly dat Melt Brink se optree--al het hy dit self nie bedoel en self nie eens geweet nie--een van die sterkste aanvalle op die vesting van die Hoog-hollandse skryftaal van Suid-Afrika was: hy het immers die mense gewend gemaak aan 'n taalvorm wat nie meer Nederlands was nie; en toe die afwykinge eers begin het, moes die eindresultaat Afrikaans wees." (Die Huisgenoot Mei 1922.)
Geen gebeurtenis het soveel bygedra tot die eenheidswording van die Afrikaanse volk nie as die oorlog van 1899-1902. "Die Transvaalse Vryheidsoorlog van 1881 was maar 'n begin, en die Jameson-inval van 1895 maar skrikmaak, vergeleke met die ontsettende jare tussen 1899 en 1902.... Die kloof tussen Kolonialer, Vrystater, Transvaler en Nataller (was) toegespoel deur 'n vloed van wee en ellende. Die hele Afrikanerdom het gevoel, asof hulle verlate was deur die ganse beskaafde wêreld.... Waar hul vroe?r, teenoor die naturelle, hul stamverwantskap gevoel had, het hul nou, teenoor Engeland, leer besef, dat hul lede van een nasie is.... In smart en angs is ons nasie gebaar geword. Die swaard het ons geboortemerk op ons voorhoofde geskrywe. Maar ook by ons het die dood die lewe gevoed. Die puinhope van die twee Republieke het die vrugbare bodem geword, waarin die nuwe Afrikaanse Nasie wortel, van die Kaap tot in Kongoland, en van Duits-Suid-Wes tot Brits-Oos-Afrika!"[9] "In die oorlogsjare.... is die vaderlandsliefde in lewendige ligte uitgelaai. Op die oorlogsveld en in die vreemde kom besinning en inkeer tot menige Afrikaner. En na Vereniging is dit oopgegaan, saggies-seer, en beginne drup-drup, soos bloedtrane uit die geheue drup."[10]
Met ons het dit gegaan soos Tennyson so mooi sê:
If a state submit
"At once, she may be blotted out at once And swallowed in the Conqueror's chronicle. But in wars of freedom and defence The glory and grief of battle won or lost Solders a race together--yea--tho' they fail, The names of those who fought and fell are like A banked up fire that flashes out again From century to century, and at last May lead them on to victory,--I hope so-- Like phantoms of the Gods."
Na die oorlog word die stryd vir die erkenning van Afrikaans hervat deur 'n jonger geslag en is die Twede Beweging al gou aan die gang, eers in die Kaap en later in Transvaal en Vrystaat. Nog sestien jaar sou dit egter duur, voordat die volkstaal deur staat, uniwersiteit en kerk erken word.[11]
§ 2. Te?stelling tussen die Eerste en Twede Beweging.
Besonder skraal was die letterkundige oes van die Patriot-beweging. Maar dat die Regte Afrikaners met taaie volharding en groot opoffering gestry en so die pad vir 'n jonger geslag skoongemaak 't sal iedereen erken. Teen alle vooroordeel in het hulle die durf gehad om 'n volk sy eie taal te leer lees, en afgesien van hul prestasies op ander gebied, verdien hulle al daarvoor alleen die dank van alle Afrikaners. Dat die hele beweging feitlik doodgekwyn het deur die politieke omswaai van een talentvolle leier is 'n bewys van die lae trap van ontwikkeling waarop die volk toe nog gestaan het. Selfs vandag nog belemmer verskil van politieke insig ons vooruitgang op kulturele gebied, maar gelukkig het die volk tans so 'n beskawingspeil bereik, dat selfs vyf of meer renegaatleiers die Twede Beweging nie sou doodkry nie.
Primitiewe letterkundige begrippe en die gemis aan leidende persoonlikhede was naas die reeds genoemde oorsake aanspreeklik vir die gedeeltelike mislukking van die Patriot-beweging. Wanneer daarby die maatskaplike toestande in aanmerking geneem word, dan blyk dadelik, dat 'n opluiking van nasionale kuns in die laaste kwart van die ne?ntiende eeu allermins te verwagte was. Aan die Kaap het wel betreklike rus geheers, maar daar het ook 'n deur-en-deur verengelste onderwyssisteem alle vooruitgang op kulturele gebied ondermyn. In die republieke het die Trekkers 'n stryd op lewe en dood gevoer teen die inboorlinge en die insluk-politiek van 'n magtige wêreldryk, terwyl hul intussen nog die land bewoonbaar gemaak het. By al die faktore kom nog die ontdekking van die goudvelde, met die daarop volgende instroming van uitheemse elemente, wat 'n landelike bevolking voor geweldige ekonomiese en kulturele vraagstukke gestel het. "Wij zien in de jaren 1884 en 1900 in Zuid-Afrika een reeks van
Continue reading on your phone by scaning this QR Code

 / 143
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.