Reenen: Lewensskets; Celestine, Verborge Skatte (183-185). Die Lokaas (186-188). § 13. Léon Maré: Die Nuwejaarsfees (188-195). Ou Malkop (195-197). § 14. D.P. du Toit (197-199). § 15. A. du Biel: Getrou (199-202). _Die Misdade van die Vaders_ (202-205). § 16. Mevr. M. Jansen-Pellissier: Lewensskets; Die Veldblommetjie; Verskil tussen goeie en slegte tendenswerk (205-207). Sedeprekery (207-208). Styl en taal (208-209). § 17. J.H. Malan: Lewensskets (209-210). Die Swerweling as historiese roman (210-212). Karaktertekening (212-14). Styl en taal (214-219). § 18. Ds. J.H. Kruger: Lewensskets en inhoud van Twee Rampe en twee Gelukke (219-220). Die kenmerke van goeie dialoog (220). Karaktertekening (220-223). Styl en taal (223-225). § 19. Mej. Sadie Bosman (225-228). § 20. G.J. Otto (228-229). § 21. Wolla (229). § 22. Slypsteen (230).
HOOFSTUK VI.
SATIERIES-HUMORISTIESE PROSA Bls. 231-248
§ 1. Ds. Willem Postma (Dr. O'Kulis): Lewensskets (231-232). Die Eselskakebeen (232-233). § 2. Reenen J. van Reenen: Die Agterstevoortrekkers (234-239). § 3. Adv. C.J. Langenhoven (Sagmoedige Neelsie): Sonde met die Bure (239-243). Doppers en Filistyne (243-248).
HOOFSTUK VII.
DIDAKTIESE PROSA Bls. 249-261
§ 1. Adv. C.J. Langenhoven: _Ons Weg deur die Wêreld I, IV, VI, IX (249-253). Aan Stille Waters_.--Langenhoven se letterkundige opvattings (253-259). § 2. Dr. C. Louis Leipoldt: Praatjies met die Oumense (259-261). § 3. G. Jordaan (261).
HOOFSTUK VIII.
DIEREBESKRYWING Bls. 262-269
§ 1. A.A. Pienaar (Sangiro): Lewensskets (262-263). Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld (263-269). Hans Anton Aschenborn (269).
HOOFSTUK IX.
REISBESKRYWING Bls. 270-273
§ 1. A.J. Jacobs (Dómine): _Reisavonture op Land en See_ (270-273).
HOOFSTUK X.
HISTORIESE PROSA Bls. 274-325
§ 1. Inleiding (274-276). § 2. Gustav S. Preller: Lewensskets (276-278). Voortrekkermense I en II (278). Dagboek van Louis Trigardt (279). Piet Retief (279-282). Kaptein Hindon (282-283). Baanbrekers (283). _Twee Geskiedkundige Opstelle (284). Genl. Botha_ (284-285). Letterkundige Opvattings (285-288). § 3. J.H. Malan: Boer en Barbaar (288-291). § 4. Dr. S.P.E. Boshoff: Vaalrivier, Rebellie-Sketse (292-293). § 5. J.A. Smith: Brit en Boer (294-295). Naar Bloedrivier en Paardekraal (295). § 6. Dr. J.D. du Toit (Totius): _Ds. S.J. du Toit in Weg en Werk (296-300). §7. Ds. W. Postma (Dr. O'Kulis_): Doppers (300-301). Die Boervrou (301-304). § 8. Thos. Blok: Grensboere (304). § 9. Ds. G.B.A. Gerdener: _Sarel Cilliers_ (305-307). § 10. A.J. van der Walt: Lewensskets (307). Noordwaarts (308-310). Vastrappers I (310-311). § 11. Senator G.G. Munnik: _Kronieke van Noordelike Transvaal_ (311-313). § 12. Ds. J.D. Kestell: Lewensskets (313), Die Voortrekkers (314-315). _Christiaan de Wet_ (315-317). § 13. Dr. N.J. van der Merwe: Marthinus Theunis Steyn (317-324). § 14. Mevr. Lenie Boshoff-Liebenberg: Moedersmart en Kinderleed (324-325).
NAAMREGISTER Bls. 327-330
HOOFSTUK I.
Die Twede Afrikaanse Beweging.
§ 1. Historiese Inleiding.
Meer as sestig jaar gelede het die eerste Afrikaanse geskrif verskyn, die _Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twijfelaar over het onderwerp van Afscheiding tusschen de Oostelijke en Westelijke Provincie (1861). Merkwaardig genoeg is dit 'n Engelsman_ gewees, wat allereers tot die tans so vanselfsprekende gevolgtrekking gekom het, dat Afrikaners Afrikaans praat en bygevolg dié taal ook sou kon lees en beter verstaan as Hollands. Prof. J.J. Smith het onlangs ontdek, dat die skrywer van die politieke vlugskrif die Cradockse magistraat L.H. Meurant (1811-1892) was.[1]
Ongeveer tien jaar na die verskyning van die eerste Afrikaanse boek word Ds. S.J. du Toit oortuig van die deugdelikheid van die volkstaal deur die Hollandse onderwyser Arnoldus Pannevis. Wanneer laasgenoemde op 7 September 1872 in De Zuid-Afrikaan 'n artiekel skryf oor _De Bijbel in het Afrikaansch_, dan begint die Eerste Beweging, wat op 14 Augustus 1875 vaste vorm kry deur die oprigting van _Die Genootskap van Regte Afrikaners_.[2]
Die verdienstelike werk deur die Eerste Beweging, nie alleen op taal- maar ook op nasionale gebied verrig, is deur verskillende skrywers behandel.[3] Reeds vóór die anneksasie van die Transvaalse Republiek (1877) het Die Patriot al roering in die Kaapprovinsie veroorsaak;[4] "en in die jare van lydelike verset wat daarop gevolg het, kom die patriottiese ontboeseminge vinnig in verset teen die nasionale druk; 'n oorkropte gemoed stort hom dikwels uit in bittere versugtinge, of die digter verdiep hom in blye bespie?linge van 'n mooier m?reskemer, eendag."[5] Maar die groot stoot, wat gelei het tot 'n nasionale herlewing deur die hele land het eers gekom met die Vryheidsoorlog. Op 15 April 1881 verklaar Die Patriot: "Die Afrikaners, veral die jeug, het nou 'n afkeer gekrij te?n vreemde tale en sede, veral te?n Engels, en daar is 'n ambisie opgewek ver ons eie volk en ons eie taal.... Die verwijt dat ons, Afrikaners, gen nasionaliteitsgevoel het nie, is oek nou beskaam."[6] Dit was die eerste kragtige ontwikkeling van die volksbewussyn, waarvan in die stryd teen Willem Adriaan van der Stel al duidelike kieme te sien is.[7]
Tot volle rypheid het die volksbewussyn egter in 1881 nie gekom nie. Die Jameson-inval veroorsaak in 1895 weer 'n sterk opflikkering van die volksgees, maar in die tyd kwyn ook die Patriot-beweging dood, weens die on-Afrikaanse politiek van die leier, Ds. S.J. du Toit. "Die genadeslag aan die vooruitgang van ons taal is

Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.