Die prosa van die twede Afrikaanse beweging | Page 8

Pieter Cornelis Schoonees
van die Hugenoot en Geus het hy alreeds met die idee
vertroud geraak, dat die beeldhoukuns 'n werktuig in die diens van die
afgodedienaar is en die skilderkuns 'n instrument om Roomse

kerkvensters mee te versier."[33]
Op die Bloemfonteinse Taalkongres is daar in 1909 'n skermutseling
gewees oor die vraag of die Akademie die opvoering van toneelstukke
moes bevorder.[34] "Dit voorstel werd echter hevig bevochten" in 'n
voorlopige komiteevergadering al, en hoofsaaklik deur kerklike
teenstand verwerp. Merkwaardig is egter, dat daar tog ook predikante
ten gunste van die voorstel was. In Die Banier (Des. 1921) bepleit Dr.
H.J. Steyn die oprigting van beroepsgeselskappe op goeie gronde. "Die
tyd is verby om die toneel te bestry op grond dat dit teen ons sedes is.
Die Engelse toneel is nie alleen 'n gevaar vir ons sedes nie, maar ook
vir ons nasionale gevoelslewe."[35] In die taalstryd het die
liefhebbery-toneel uitstekende dienste bewys en ook tans nog is daar
geselskappe, wat groot gedeeltes van die land afreis. Jan Celliers sê in
1910 al: "Dis op ander plekke ook duidelik gebleke dat die toneel 'n
magtige middel kan wees tot sedelike opvoeding, deur aan die mens 'n
spieël voor te hou van sy drifte, hartstogte en ydelhede. En die toneel
boesem eerbied en liefde in vir die landstaal. In ons land, veral, waar so
min gelees word, kan die toneel 'n groot rol speel ..."[36]
Hoe die Kalvinistiese gees reageer op die moderne Nederlandse
letterkunde blyk o.a. uit die jaarboeke van die Akademie. In 'n voordrag
De Dichter als Ziener sê Dr. J.D. du Toit (Totius): "Bij overvloedige
tol van eerbied, die gij zeker met mij aan de nieuwe Hollandse dichters
betaalt, moet toch bejammerd worden het waarlik arm-zijn van hun
verzen aan dat ideëel-zienlike, dat logies-objektieve. Hun
subjektievisme doet hen omdwalen in een ijle, onlogiese, zinledige
wereld." (II p. 57). Ter stawing van sy oordeel voer hy aan Belpaire,
Kunst- en Levensbeelden. Van l'art pour l'art wil Totius nie hoor nie.
Met instemming haal hy Prof. Woltjer aan: "Het begin en einde van alle
poëzie is de ere Gods in het woord Hem toegebracht uit en door zijn
schepsel".
In 1912 spreek Dr. I.J. Marais ([oorlede] 1919) sy professorale
banvloek uit oor "De Nieuwere Richting in de Nederlandse
Letterkunde",[37] waarmee hy hoofsaaklik die Tagtigers bedoel. "Zij
verheerliken de kunst; zij zijn artiesten, die woordkoppelingen dulden,

vaak door geen mens verstaan ..." Beets, Da Costa, Van Lennep,
Bosboom-Toussaint, Bilderdijk, Van Koetsveld en De Genestet--die
noem hy almal "sterren van de eerste rang"! "Met hun heengaan nam de
middelmatigheid bezit van het terrein"! Dat Van Deyssel dit waag om
manne soos Vosmaer en Jan ten Brink die les te lees word genoem
"verwaandheid, die alle perken te buiten gaat". En dan volg die
uitspraak: "De Opstellen van Van Deyssel, de Letterkunde van Kloos,
de Studies van Van Eeden zijn geen letterkunde die veredelt." Veral die
wêreldbeskouing van die Tagtigers prikkel tot teëspraak. "Het
èsthetiese neemt de plaats in van het etiese. Het schone wordt
verheerlikt tegenover het goede en het ware, en het heilige." Steunende
op Taco de Beer en Ds. Hulsman word die wêreldbeskouing dan
veroordeel. Johan de Meester en Vermeylen val onder die skrywers
"van mindere rang" en alleen enkele sonnette van Perk vind genade. En
eindelik kom die volgende sug van verligting: "Goddank dat onze
Zuid-Afrikaanse schrijvers ons een andere weg hebben aangewezen ...
Couperus, Van Eeden, Van Deyssel en anderen kiezen wij niet tot
model in Z.A. Daartegen waarschuwen wij ..." Prof. A. Moorrees breek
'n lansie vir Bilderdijk in sy dankwoord en prys die kritiek van Beets
teenoor die "van sommige latere kritici, wier kritiek grotendeels schijnt
te bestaan uit geïdealiseerde viswijventaal."[38] Ook Ds. J.D. Kestell
verklaar dat "ondanks de moderne neiging om de schrijvers van 1880 te
volgen, men zich hier bij ons nog steeds vastklemde aan 'n oudere
generatie, en inzonderheid aan Beets."[39]
As "men" beteken die ou garde, dan is die bewering in hoofsaak juis.
Onder die jongere is daar seker niemand, wat die sonderlinge kritiek
van Prof. Marais sal aanneem nie. Ons het in die woorde van Prof.
Moorrees geleer om "het goede uit alle tijden en alle richtingen ... te
waarderen"[40] en weier om 'n metode te volg, wat die meeste egte
kunswerke op die Kalvinistiese indeks sou plaas, 'n metode, wat tot
sulke ongerymdhede lei as om Van Koetsveld en Van Lennep o.a.
onder "de sterren van de eerste rang" te reken! Prinsipiële voorligting
by die moderne literatuur is ongetwyfeld 'n dringende eis, veral in 'n
Kalvinistiese gemeenskap, maar dit moet iets anders wees as 'n
veroordeling met een breë armswaai. Daar is ook in Suid-Afrika nog
mense wat glo dat kristelike beginsels teenoor egte kuns nooit vyandig

hoef te staan nie. Raak Jan Celliers in sy takvolle lesing oor _Kuns en
Sedelikheid_ nie die wortel van
Continue reading on your phone by scaning this QR Code

 / 145
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.