Die prosa van die twede Afrikaanse beweging | Page 7

Pieter Cornelis Schoonees
Kettle en Sherlock Holmes, die soort wat sig besig
hou met die growwe feite van die lewe--nog altyd die meeste in die
smaak val.... In 'n jong land is dit amper nie anders te verwag nie--ons
hele bestaan is hier prakties, geestelik oppervlakkig, woelerig en
alledaags. Vraagstukke en gevoelens en gedagtes waar die groot wêreld
daarbuite al moeg van is, daar het ons nog nie eers aan geroer nie."[26]
Dr. G. Cillié gaat selfs so ver om te beweer, dat ons al ons kultuur
"oorgeneem (het) van ons ingevoerde medeburgers. Dis nie ons eie nie,
dis geleen. Ons sogenaamde nuwe kultuurvorme is 'n suiwere

na-apery ... As ons so vuurwarm word oor ons eie tradiesies en
gewoontes en sedes, dan praat ons so ongemerk ... 'n hele boel
nonsens." Tog erken hy: "Op die gebied van ons geskiedenis, van ons
boerdery, ons nywerheid en veral ons taal en letterkunde het ons
verbasend vooruitgegaan. Op taalgebied het ons waarskynlik in die
afgelope twintig jaar 'n groter ontwikkelingsproses deurgegaan as die
Engelse taal in vyf eeue, van die tyd van Chaucer tot vandag toe. Dit
alles getuig van 'n vitaliteit, 'n groeikrag, 'n energie, 'n lewe, wat ons
met verbasing en blydskap vervul."[27]
Optimisties is Dr. D.F. Malan: "Ik geloof ... dat het Afrikaanse volk op
het gebied van de kunst een schone toekomst tegemoet gaat. Voor die
verwachting meen ik goede gronden te hebben. Ik bedoel niet alleen het
feit gedurende de lange wachtensmoede uren in de kampen ontdekt, dat
ons volk even kunstig kan zijn met het mes als dapper met de Mauser....
Ik bedoel ook het feit dat de kunst ons volk ongetwijfeld aangeboren
is.... Ons volk is samengesteld hoofdzakelik uit drie elementen--het
Hollandse, het Franse en het Duitse. 't Zijn juist die volken van
Midden-Europa, die uitblinken in kunstgevoel en kunstprodukten, de
natuurlike erfgenamen van de beschaving en de kunstzin van de oude
Grieken en Romeinen."[28]
Van belang is ook die volgende: "Hier in S.A. kan ons nog nie praat
van 'n spesifiek Afrikaanse toonkuns nie, hoewel ook hier die eerste
druppels na 'n langdurige droogte begint te val.... Ons vernaamste
musiek-eksamens word afgeneem deur 'n Engelse liggaam, wat elke
jaar sy eksaminatore uit Groot-Brittanje naar S.A. stuur. Dit bewys hoe
primitief die opvatting van ons outoriteite van die doel van die
toonkuns is, dat hulle sulke verouderde toestande laat voortduur.... Ons
volk is kultureel nog nie ontwikkel nie, en geldelik nie sterk genoeg om
hom ontberings te getroos of groot somme uit te gee vir goeie
skilderstukke nie."[29]
By die beoordeling van die letterkundige waardering kan ook gewys
word op die soms hoogs eienaardige keuse van werke uit die
Nederlandse letterkunde, wat vir publieke eksamens voorgeskryf is.
Dikwels het dit geblyk, dat daar 'n besondere voorkeur was vir

minderwaardige skrywers soos Justus van Maurik en ander, wat in
Holland, òf totaal onbekend, of nog alleen deur die onderste lae van die
samelewing gelees word. Tereg het dan ook die Akademie daarteen
protes aangeteken[30] en in die laaste jare kom ook hierin verbetering.
§6. Kalvinisme en Kuns.
'n Belangrike faktor in ons kultuurlewe is die feit, dat die Afrikaner
volk Kalvinisties is. "Als wij de ziel van dit volk wensen te bepalen
zonder zijn religie 'n prominente plaats in te ruimen, zou het zijn 'n
opvoeren van Hamlet zonder de prins erbij", verklaar Ds. N.J.
Brümmer.[31] "Geheel ons Afrikaans-Protestantse religie is gebaseerd
op 'n zeker Godsbegrip zoals in de (Dordse) Canones omschreven." Die
"teugelloze willekeur" van die Afrikaanse natuur was "'n school voor
de beoefening van de deugd der onderworpenheid, ... was genoeg om
de Afrikaner tot ernst, ja tot somberheid te stemmen, en voorwaar de
weemoedsschaduw der oude Germanen valt nog bij de besten onder
ons volk op te merken." Daar mag wel 'n kern van waarheid in die
laaste opmerking wees, maar laat ons veral die somber stemming nie
oordryf nie. "Om den wat stroef gesloten mond van den Calvinist heeft
Cats vaak een gezonden lach doen spelen", sê Dr. Kuyper.[32] Dit was
by ons nie nodig nie, want 'n guitige humor is juis een van die
kenmerke van die Afrikaner volk. En in die "meedogenloze" natuur van
Suid-Afrika is die stralende son tog steeds 'n simbool van blyheid
gewees, wat ons uit die bedompige huise gelok 't na jag- en
veldvermaak.
Prof. J.J. Smith het daarop gewys, dat sekere kunsuitings al agterdog
veroorsaak het. "Ons volk is by uitstek Kalvinisties en die geroep om
die kuns ter wille van die kuns self te bewonder, wat die kunstenaar
ook al mag voorstel, het heelwat argwaan teen die kuns verwek. Om 'n
agterveldse patriarg 'n skilderstuk voor te hou of 'n beeldhouwerk te
toon wat 'n voorstelling gee van Voortrekkersdogters wat in die
Oranje-rivier baai, sal by hom nie juis liefde vir die kuns wek nie, want
as afstammeling
Continue reading on your phone by scaning this QR Code

 / 145
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.