die kwaad nie, waar hy sê: "Ons
opvoeding in alles wat skoonheid en kuns aangaat, is te seer
verwaarloos.... Word daar nie te veel "angsvallig bedek (ge) hou (nie),
wat deur eerlike, openlike behandeling die aantreklikheid van verbode
vrug en geheim sou verloor en gevaar sou voorkom"? (Die Huisgenoot
Jan. 1922.) Aangesien daar nou al tekens is, dat die voetpaadjie van ons
Afrikaanse kuns uitdraai na die internasionale grootpad, word dit 'n
aktuële kwessie.
Prof. J. Kamp het die verskil in geestesgesteldheid tussen Europa en
S.A. goed geformuleer: "Van de problemen die daarginds de moderne
ziel bewonen, schokken en folteren, horen wij hier nog maar 't verre
gerucht. Voor 't grootste deel wandelen wij nog maar op de traditionele
paden ... En op emotioneel gebied, op 't terrein van de kunst? Wij zijn
vermoedelik nog ver van Oud-Europa z'n tegenwoordige koers op dit
gebied.... We zijn nog eenvoudig, nog natuurlik, ja zelfs nog tamelik
naïef. En aan onze kunst komt dat ten goede. Maar de vraag is of diep
onder de oppervlakte van Jong-Zuidafrika z'n geestelik leven niet reeds
kiemen zijn aan te wijzen, van dat modern-europese. 't Kontakt tussen
hier en daar wordt al veelvuldiger en al intenser ... Ik meen, dat
grondige kennis van, en diep inzicht in de getijen van hedendaags
Europa, niet te vroeg onder ons bevorderd kunnen worden. Opdat wij
weten, en gewaarschuwd zijn, en niet overrompeld worden."[41]
Van groot belang vir die letterkunde sal die Afrikaanse Bybelvertaling
wees. As die vertalers daarin slaag om deur verhewe eenvoud 'n
waardige vertolking van die gewyde teks te lewer, sal dit veel bydraag
om vastigheid te gee op stylgebied.
§ 7. Die Prosa.--Algemene Karakteristiek.
In die letterkundige voortbrengsele van die periode wat ons die
Afrikaanse Renaissance kan noem, sit daar ongetwyfeld sterk militante
elemente--en geen wonder ook, want die letterkunde van alle volke is 'n
weerspieëling van die geestelike strominge wat die volksiel diep geroer
het. Vir tientalle van jare voer ons al 'n taalstryd--'n stryd wat feitlik
elke indiwidu dwing om grondig na te dink oor allerhande taalkwessies,
waaroor hy hom onder normale omstandighede nooit sou bekommer
nie. En die taalstryd is terselfdertyd 'n stryd vir ons volksbestaan, vir
ons volkseenheid. "Ons jong Afrikaanse taal moet win en sal win", is
die vlammende passiekreet van die herlewende volk; en, eweas die
manne van die Pleïade in Frankryk, verdedig ons kunstenaars met
heilige ywer die moedertaal, deur die opheffing waarvan 'n lang
periode van geestelike knegskap beëindig word; vol van die besielende
weelde van 'n pasgewonne vryheid, slinger hul manifeste teen die
wikkende, weënde twyfelaars wat nog lus het om 'n vreemde taal aan
ons op te dring, maar wat nou vasgekeer is tussen die langsaam maar
seker sluitende sirkel, waarin die asgaai van die jeugdige stryders blink
in die skittering van 'n nuwe son.
Juis die roes van 'n toekomstige maar sekere oorwinning is dit wat 'n
rustige objektiewe beskouing van ons literêre kuns so erg moeilik maak.
Baie boeke wat in die taalstryd kragtige wapens was, sal later nog
alleen van kultuurhistoriese belang wees. Ons loop groot gevaar om in
die hitte van die stryd 'n literatuur voort te bring wat die karakter van
fabriekwerk draag. Die tot vervelens toe herhaalde geroep van die
teenstanders: "Afrikaans het g'n letterkunde nie!" het prikkelend
gewerk en 'n atmosfeer geskep, waarin wel 'n kragtige strydliteratuur
kan ontstaan, maar slegs by uitsondering 'n uiting van stralende
skoonheid wat deur alle tye heen sal geniet en gewaardeer word. Die
uitdagende houding van die voorstanders van Hollands, wat hul steeds
beroep het op 'n eeue-oue letterkunde, het ons opgehits tot dade van
durf. In jeugdige oormoed het ons aan skrywe gegaan--nie altyd omdat
hier binne ons 'n magtige worsteling van ideë was wat tot vertolking
gedwing 't nie, maar ook om te bewys dat ons taal sy man kan staan. In
die laaste paar jaar het daar 'n oorweldigende aantal boeke in Afrikaans
verskyn; en omdat in die taalstryd juis dié wapens so uiters belangrik
was, kon die kritiek dikwels nie onvoorwaardelik veroordeel nie. Maar
nou begint die tyd verby te gaan waarin ons 'n boek gaan aanbeveel
eenvoudig omdat dit in Afrikaans geskryf is. Vir ons jong skrywers is
daar nou geen aanleiding meer nie vir dié oorhaasting waardeur in die
verlede veel middelmatigs op die pers gekom 't.
Egte kuns kan nie ontstaan nie omdat dit geëis word as bewys vir die
manbaarheid van 'n jong taal--net so min as wat die goue erepennings
van die talryke Nederlandse diggenootskappe van die 18de eeu egte
poësie uitgelok het. Egte kuns moet spontaan voortkom uit 'n innerlike
onweerstaanbare drang, waaraan die geroepe kunstenaar, die
"begenadigde eenling" eenvoudig moet gehoorsaam. Nasionale eersug
het nog nooit 'n letterkunde van blywende waarde gefabriseer nie,
eenvoudig omdat dit iets is wat nie gefabriseer kan word nie. Gun
Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.