dood gevoer teen die
inboorlinge en die insluk-politiek van 'n magtige wêreldryk, terwyl hul
intussen nog die land bewoonbaar gemaak het. By al die faktore kom
nog die ontdekking van die goudvelde, met die daarop volgende
instroming van uitheemse elemente, wat 'n landelike bevolking voor
geweldige ekonomiese en kulturele vraagstukke gestel het. "Wij zien in
de jaren 1884 en 1900 in Zuid-Afrika een reeks van gebeurtenissen
voorvallen, zóó buitensporig van karakter, dat men in de nieuwere
geschiedenis te nauwernood de wedergade zal vinden."[12] In so 'n
woelige tydperk kon die kuns nie opbloei nie. Daar was geen tyd vir
rustige besinning nie en die vinnige loop van die gebeurtenisse het alle
geleidelike ontwikkeling onmoontlik gemaak. Voeg ons daarby nog die
stryd op taalgebied en die gebrekkige eenheidsbesef, dan hoef dit
niemand te verbaas nie, dat die kunsontwikkeling gering was, en die
Patriotters alleen voortrekkerswerk kon verrig.
Wanneer dan na die oorlog van 1899-1902 die vaste wil van die volk
kenbaar word om die stryd vir nasionale selfstandigheid met geestelike
wapens voort te set, dan ontbreek die leiers ook nie en word die
geskiedenis van die Twede Beweging gekenmerk deur 'n gestadige
vooruitgang, wat sedert die laaste jare met verrassend snelle tempo
toeneem. Die "nou-rym-ons-lekker"-periode[13], waarin iedereen, van
Generaal Joubert af tot die skaapwagtertjie in die veld versies inmekaar
gedraai het, was verby en al dadelik word op die ernstige strewe van
die Twede Beweging nadruk gelê. In 1906 sê Preller al: "Afrikaans het
tot hiertoe groteliks gedien als 'n soort van trog, om al die o'erloop
vulgariteit van die nasie op te vang";[14] en Jan Celliers verklaar in sy
brosjure, Doel van Ons Tydskrif: "As ons let op wat in hoofsaak tot nog
toe gelewer is in die Afrikaanse taal ... dan kan dit ons nie verwonder
nie as baie mense dink: die Afrikaanse taal is nou net geskik om
mekaar grappies te vertel en mekaar lekker te laat lag. Alhoewel erken
moet word dat sommige van die grappies en grappige versies goeie
werk is, is dit ons tog duidelik dat van die Afrikaanse taal meer ge-eis
word.... Omdat toevallig die vrolike kant van ons geaardheid sig die
sterkste geopenbaar het in ons letterkunde, moet dit die vat-plek wees
vir ons om die Afrikaner te vang, moet dit die aanknopingspunt wees
_om hom in te lei tot hoëre dinge_."[15]
§ 3. Die Twede Beweging veel meer dan Taalbeweging.
In die eerste jare neem die taalkwessie alle aandag in beslag, maar al
gou blyk dat die Twede Beweging, nog veel meer as die van Die
Patriot nie uitsluitend 'n taalbeweging is nie. Generaal Hertzog begroet
_Die Brandwag_ as volg in die eerste nommer: "Het Afrikaanse volk
ontwaakt tot het gevoel van mannelik eigen kracht, eigen waarde en
zelfrespekt, verlangt zichzelf te zijn.... Te lang reeds is 't volk
begocheld geworden door de luister van vreemde reklame en bedrogen
geworden door 't hooghartige ener aangematigde uitheemse
meerderheid. Evenals op industrieel en maatschappelik gebied, zo ook
op intellektueel gebied willen wij onszelven zijn. Wij willen zijn zoals
wij zijn en niet zoals anderen zijn...." En al gaandeweg groei die besef,
dat die grondslag van alle beskawing is die ontwikkeling van die hele
volk volgens die noodwendigheid van sy eie siel en sy eie geaardheid.
"Ons praat vandag van 'n Afrikaanse volk en ons werk vir 'n Afrikaanse
toekoms. Ons min ons eie land, en ons stry vir die erkenning van ons
eie taal. Ons begin waarde te heg aan die erfenis wat die vadere aan ons
nagelaat het en ons raak gesteld op dié sake wat ons as 'n volk van
ander volke onderskei.... Die skokkende gebeurtenisse van die laaste
twintig jare het baie Afrikaners wakker geskud. Hul het begin besef dat
hul lede is van 'n Afrikaanse volk--'n volk met eie tradiesies en sedes en
gewoontes, 'n eie taal en 'n eie roeping onder die volke van die
aarde."[16]
Die bedrywigheid van die laaste jare is van veelsydige geaardheid.
Daar word nie uitsluitend gestreef na politieke mag nie, maar ook
pogings aangewend om op ekonomies gebied onafhanklik te word. 'n
Teken van die kulturele manbaarwording van die volk is dit ook, dat
met liefdevolle ywer gewerk word om die geestelike erfgoedere van die
voorvaders teen verwaarlosing en verbastering te beskerm. Op
kultuurgebied is die leuse orals: "oneigene, ik late u, ... gaat reizen!"
Die laaste boodskap van President Kruger, waarin hy die volk aanspoor
om uit die verlede te neem wat goed is en daarop voort te bou vir die
toekoms het in goeie aarde geval. 'n Eensydige betragting van die mooi
leuse lewer egter groot gevaar op. Die strewe na 'n eg-Afrikaanse
kultuur mag nie lei tot 'n skrikkerige afwering van alle vreemde
invloede nie. Geskiedenis beteken juis verandering, en as ons vandag
probeer om 'n beskawing te ontwikkel uitsluitend uit wat ons
Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.