Die prosa van die twede Afrikaanse beweging | Page 5

Pieter Cornelis Schoonees
as goed
Afrikaans in die verlede voorkom, dan moet dit op mislukking uitloop.
Hoe hoog ons ook al die tradiesies van die voorgeslag skat, ons moet
nie vergeet nie, dat ons tans voor ander probleme as ons voorvaders
staan. Jan Celliers het in 1913 al gewys op die onmoontlikheid van
isolasie: "Die dag sal nog kom dat Suid-Afrika net soos enige
beskaafde land gelyk-op sal deelneem aan die wêreld se beweginge en
worstelinge op geestelik gebied, aan die wêreld se vergaderde kennis.
Die idee, wat sommige mense nog koester, om van S.A. 'n soort
alleenstaande Israel te maak--bang en wars van uitlandse inmenging en
invloede--is 'n droombeeld wat met die dag reeds vaer word."[17]
§ 4. Gevaar vir Isolasie.
Ook onder ons kunstenaars is daar wat met bangerige angsvalligheid
alle buitelandse invloede van ons wil weer, wat hul krag soek in 'n
benoude, stikagtige isolement. Hul hoop om op dié wyse 'n suiwer
Afrikaanse kuns te kan opbou, vry van alle basterdelemente. Ons moet
maar aansukkel op ons eie doringpaadjie, omdat ons toestande so glad
anders is as in die ouere kultuur-lande. Dat hierdie rigting totaal
verkeerd is, word al dadelik bewys deur die feit, dat ons beste
kunstenaars juis onder die inwerking van buitelandse invloede hul

skoonste werk geskep het. Die egte kunstenaar laat hom nie verbaster
deur 'n vreemde kultuur nie. Hy ontleen daaraan wat vir die volle
ontplooiing van sy gees diensbaar is, en vervorm en verwerk die
vreemde bestanddele dan tot 'n suiwer nasionale kunswerk. 'n Volk wat
nie sy man kan staan teenoor vreemde invloede nie, gaan te gronde en
so ook die kunstenaar. Maar met reg kan ons van hom eis, dat hy ons
blik sal verruim en ons in intieme aanraking bring met die kuns ook
van ander lande. Isolering op letterkundige gebied sou beteken
opdroging, sou aanleiding gee tot 'n eindelose herkouery. Laat ons
kunstenaars dus gerus van alle oorde hul gees verryk. As hul mans
genoeg is, sal hul selfstandigheid niks daaronder ly nie en ons kuns sy
nasionale stempel behou. In elk geval geen Chinese muur rondom
Suid-Afrika nie!
§ 5. Kultuur-toestande.
Dit sou seker te optimisties wees om te beweer, dat daar by ons al 'n
waaragtige diep-wortelende kultuur is. Maar so 'n kultuur is in elk
geval in wording en die kieme van 'n Afrikaanse skilder-, bou-, toon-
en beeldhoukuns maak al ons harte bly. Wie dan nog let op die
wondere ontluiking van ons letterkunde binne 'n tiental jare weet, dat
daar inwendige kragte aan roere is, wat tot die skepping van nog
grootser skoonheid sal lei. Ook by ons wag die jeug "het hoofd vol
duistere glories en de handen bevend van voorgevoel."[18]
"Het zijn eerst de dichters, die een volk ontdooien. Het zijn de dichters,
waar zij muziek gaande maken en gezongen worden; of waar zij, vanaf
het tooneel, de groote gevoelens ontboeien; het zijn de dichters, die een
volk, aan zichzelf ontdekt, één maken."[19] So het ook ons digters die
dinge, wat daar roer en woel in die hart van die nasie, vertolk en die
solidariteitsgevoel versterk, terwyl die prosaïste ons gevoel van
nasionale eiewaarde verhoog het deur die skildering van grootse dade
uit die wordingstydperk van die volk.
Moeilik is dit om die kulturele lewenshouding te bepaal van 'n volk,
wat nog altyd moet stry vir die verowering en behoud van 'n nasionale
kultuur. Vas staat egter, dat geskiedkundige en ekonomiese faktore 'n
egalige en natuurlike ontwikkeling onmoontlik gemaak het. 'n Groot

gedeelte van die volk--miskien kan die werklike toestand benader word
deur te sê die helfte--leef nog voort in byna volslae onkunde van die
kultuuropenbaring, wat orals om hul opbloei. By so 'n besondere
gebeurtenis as 'n Dingaansviering b.v. merk hul wel dat daar 'n roering
is, maar die dieper betekenis van die kultuurbeweging bly onbegrepe,
omdat hul deur 'n agterlike ontwikkeling die orgaan daarvoor mis.
'n Dikwels oordrewe belangstelling in die efemere politieke kibbelarye
is die toppunt van hul geestelike inspanning. So 'n groot persentage
agterlikes het natuurlik 'n ingrypende invloed op die letterkunde.
Daaraan moet toegeskryf word die sterk didaktiese en moraliserende
elemente in ons kuns.
Op die platteland doen die talryke debatsvereniginge veel om meer as
een versufte siel, vir wie die lewe nouliks meer dan 'n plantebestaan
van dowwe verveling is, op te beur en langsamerhand enige aandeel te
laat kry in die intellektuele beweging. Maar hoeveel kosbare energie
word nie verspil op debatte van die: "Wat is sterker: vuur of
water"-tiepe nie? As 'n mens so maand na maand die notule van baie
vereniginge, (gelukkig nie almal nie) deurlees, dan kan jy jou verbaas
oor die deurtrapte advokate-listigheid, wat aan een of ander
beuselagtige onderwerp bestee word, en die geesdriftige koppigheid
waarmee die kwessie eindelik uitgebaklei word. Triomfantelik word
dan die uitslag aan die pers meegedeel, asof dit 'n
Continue reading on your phone by scaning this QR Code

 / 145
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.