al duidelike kieme te sien is.[7]
Tot volle rypheid het die volksbewussyn egter in 1881 nie gekom nie.
Die Jameson-inval veroorsaak in 1895 weer 'n sterk opflikkering van
die volksgees, maar in die tyd kwyn ook die Patriot-beweging dood,
weens die on-Afrikaanse politiek van die leier, Ds. S.J. du Toit. "Die
genadeslag aan die vooruitgang van ons taal is toegedien deur die
politieke _volte face_--en gevolgelike onpopulariteit--van die persoon,
die aan die spits gestaan het van die beweging wat, in die oë van die
publiek, onafskeidelik aan hom verbonde was."[8] Heeltemal dood was
die Afrikaanse Beweging egter nie, en in die volgende periode het o.a.
die bloemlesing van Pres. F.W. Reitz, Twee-en-Sestig Uitgesogte
Gedigte, asook die talryke bundels van Melt Brink goeie dienste bewys.
Seer juis is die opmerking van Prof. J.J. Smith: "Dat Melt Brink in sy
tyd 'n kultuurfaktor van betekenis was, val nie in die minste te betwyfel
nie.... In later jare het beoordelaars sy taal as onafrikaans en sy kuns as
onaanneemlik bestempel; maar die feit bly dat Melt Brink se optree--al
het hy dit self nie bedoel en self nie eens geweet nie--een van die
sterkste aanvalle op die vesting van die Hoog-hollandse skryftaal van
Suid-Afrika was: hy het immers die mense gewend gemaak aan 'n
taalvorm wat nie meer Nederlands was nie; en toe die afwykinge eers
begin het, moes die eindresultaat Afrikaans wees." (Die Huisgenoot
Mei 1922.)
Geen gebeurtenis het soveel bygedra tot die eenheidswording van die
Afrikaanse volk nie as die oorlog van 1899-1902. "Die Transvaalse
Vryheidsoorlog van 1881 was maar 'n begin, en die Jameson-inval van
1895 maar skrikmaak, vergeleke met die ontsettende jare tussen 1899
en 1902.... Die kloof tussen Kolonialer, Vrystater, Transvaler en
Nataller (was) toegespoel deur 'n vloed van wee en ellende. Die hele
Afrikanerdom het gevoel, asof hulle verlate was deur die ganse
beskaafde wêreld.... Waar hul vroeër, teenoor die naturelle, hul
stamverwantskap gevoel had, het hul nou, teenoor Engeland, leer besef,
dat hul lede van een nasie is.... In smart en angs is ons nasie gebaar
geword. Die swaard het ons geboortemerk op ons voorhoofde geskrywe.
Maar ook by ons het die dood die lewe gevoed. Die puinhope van die
twee Republieke het die vrugbare bodem geword, waarin die nuwe
Afrikaanse Nasie wortel, van die Kaap tot in Kongoland, en van
Duits-Suid-Wes tot Brits-Oos-Afrika!"[9] "In die oorlogsjare.... is die
vaderlandsliefde in lewendige ligte uitgelaai. Op die oorlogsveld en in
die vreemde kom besinning en inkeer tot menige Afrikaner. En na
Vereniging is dit oopgegaan, saggies-seer, en beginne drup-drup, soos
bloedtrane uit die geheue drup."[10]
Met ons het dit gegaan soos Tennyson so mooi sê:
If a state submit
"At once, she may be blotted out at once And swallowed in the
Conqueror's chronicle. But in wars of freedom and defence The glory
and grief of battle won or lost Solders a race together--yea--tho' they
fail, The names of those who fought and fell are like A banked up fire
that flashes out again From century to century, and at last May lead
them on to victory,--I hope so-- Like phantoms of the Gods."
Na die oorlog word die stryd vir die erkenning van Afrikaans hervat
deur 'n jonger geslag en is die Twede Beweging al gou aan die gang,
eers in die Kaap en later in Transvaal en Vrystaat. Nog sestien jaar sou
dit egter duur, voordat die volkstaal deur staat, uniwersiteit en kerk
erken word.[11]
§ 2. Teëstelling tussen die Eerste en Twede Beweging.
Besonder skraal was die letterkundige oes van die Patriot-beweging.
Maar dat die Regte Afrikaners met taaie volharding en groot opoffering
gestry en so die pad vir 'n jonger geslag skoongemaak 't sal iedereen
erken. Teen alle vooroordeel in het hulle die durf gehad om 'n volk sy
eie taal te leer lees, en afgesien van hul prestasies op ander gebied,
verdien hulle al daarvoor alleen die dank van alle Afrikaners. Dat die
hele beweging feitlik doodgekwyn het deur die politieke omswaai van
een talentvolle leier is 'n bewys van die lae trap van ontwikkeling
waarop die volk toe nog gestaan het. Selfs vandag nog belemmer
verskil van politieke insig ons vooruitgang op kulturele gebied, maar
gelukkig het die volk tans so 'n beskawingspeil bereik, dat selfs vyf of
meer renegaatleiers die Twede Beweging nie sou doodkry nie.
Primitiewe letterkundige begrippe en die gemis aan leidende
persoonlikhede was naas die reeds genoemde oorsake aanspreeklik vir
die gedeeltelike mislukking van die Patriot-beweging. Wanneer daarby
die maatskaplike toestande in aanmerking geneem word, dan blyk
dadelik, dat 'n opluiking van nasionale kuns in die laaste kwart van die
neëntiende eeu allermins te verwagte was. Aan die Kaap het wel
betreklike rus geheers, maar daar het ook 'n deur-en-deur verengelste
onderwyssisteem alle vooruitgang op kulturele gebied ondermyn. In die
republieke het die Trekkers 'n stryd op lewe en
Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.