Die prosa van die twede Afrikaanse beweging | Page 2

Pieter Cornelis Schoonees
(161-162). Teleurgestel (162-171). Op Veld
en Rande (171-174). Ampie (174). _Die Burgemeester van Slaplaagte_
(174-176); § 10. Gordon Tomlinson (176-180). § 11. Adv. H.A. Fagan:
Lewensskets: Uit 'n Studente-Album (181-182). _Uitgesogte Afrikaanse
Verhale_ (182-183). § 12. Reenen J. van Reenen: Lewensskets;
Celestine, Verborge Skatte (183-185). Die Lokaas (186-188). § 13.
Léon Maré: Die Nuwejaarsfees (188-195). Ou Malkop (195-197). § 14.
D.P. du Toit (197-199). § 15. A. du Biel: Getrou (199-202). _Die
Misdade van die Vaders_ (202-205). § 16. Mevr. M. Jansen-Pellissier:
Lewensskets; Die Veldblommetjie; Verskil tussen goeie en slegte
tendenswerk (205-207). Sedeprekery (207-208). Styl en taal (208-209).
§ 17. J.H. Malan: Lewensskets (209-210). Die Swerweling as historiese
roman (210-212). Karaktertekening (212-14). Styl en taal (214-219). §
18. Ds. J.H. Kruger: Lewensskets en inhoud van Twee Rampe en twee
Gelukke (219-220). Die kenmerke van goeie dialoog (220).
Karaktertekening (220-223). Styl en taal (223-225). § 19. Mej. Sadie
Bosman (225-228). § 20. G.J. Otto (228-229). § 21. Wolla (229). § 22.
Slypsteen (230).
HOOFSTUK VI.
SATIERIES-HUMORISTIESE PROSA Bls. 231-248
§ 1. Ds. Willem Postma (Dr. O'Kulis): Lewensskets (231-232). Die
Eselskakebeen (232-233). § 2. Reenen J. van Reenen: Die
Agterstevoortrekkers (234-239). § 3. Adv. C.J. Langenhoven
(Sagmoedige Neelsie): Sonde met die Bure (239-243). Doppers en
Filistyne (243-248).
HOOFSTUK VII.
DIDAKTIESE PROSA Bls. 249-261
§ 1. Adv. C.J. Langenhoven: _Ons Weg deur die Wêreld I, IV, VI, IX
(249-253). Aan Stille Waters_.--Langenhoven se letterkundige
opvattings (253-259). § 2. Dr. C. Louis Leipoldt: Praatjies met die
Oumense (259-261). § 3. G. Jordaan (261).

HOOFSTUK VIII.
DIEREBESKRYWING Bls. 262-269
§ 1. A.A. Pienaar (Sangiro): Lewensskets (262-263). Sketse uit die
Oos-Afrikaanse Dierewêreld (263-269). Hans Anton Aschenborn
(269).
HOOFSTUK IX.
REISBESKRYWING Bls. 270-273
§ 1. A.J. Jacobs (Dómine): _Reisavonture op Land en See_ (270-273).
HOOFSTUK X.
HISTORIESE PROSA Bls. 274-325
§ 1. Inleiding (274-276). § 2. Gustav S. Preller: Lewensskets (276-278).
Voortrekkermense I en II (278). Dagboek van Louis Trigardt (279).
Piet Retief (279-282). Kaptein Hindon (282-283). Baanbrekers (283).
_Twee Geskiedkundige Opstelle (284). Genl. Botha_ (284-285).
Letterkundige Opvattings (285-288). § 3. J.H. Malan: Boer en Barbaar
(288-291). § 4. Dr. S.P.E. Boshoff: Vaalrivier, Rebellie-Sketse
(292-293). § 5. J.A. Smith: Brit en Boer (294-295). Naar Bloedrivier en
Paardekraal (295). § 6. Dr. J.D. du Toit (Totius): _Ds. S.J. du Toit in
Weg en Werk (296-300). §7. Ds. W. Postma (Dr. O'Kulis_): Doppers
(300-301). Die Boervrou (301-304). § 8. Thos. Blok: Grensboere (304).
§ 9. Ds. G.B.A. Gerdener: _Sarel Cilliers_ (305-307). § 10. A.J. van
der Walt: Lewensskets (307). Noordwaarts (308-310). Vastrappers I
(310-311). § 11. Senator G.G. Munnik: _Kronieke van Noordelike
Transvaal_ (311-313). § 12. Ds. J.D. Kestell: Lewensskets (313), Die
Voortrekkers (314-315). _Christiaan de Wet_ (315-317). § 13. Dr. N.J.
van der Merwe: Marthinus Theunis Steyn (317-324). § 14. Mevr. Lenie
Boshoff-Liebenberg: Moedersmart en Kinderleed (324-325).
NAAMREGISTER Bls. 327-330

HOOFSTUK I.
Die Twede Afrikaanse Beweging.
§ 1. Historiese Inleiding.
Meer as sestig jaar gelede het die eerste Afrikaanse geskrif verskyn, die
_Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twijfelaar over het
onderwerp van Afscheiding tusschen de Oostelijke en Westelijke
Provincie (1861). Merkwaardig genoeg is dit 'n Engelsman_ gewees,
wat allereers tot die tans so vanselfsprekende gevolgtrekking gekom het,
dat Afrikaners Afrikaans praat en bygevolg dié taal ook sou kon lees en
beter verstaan as Hollands. Prof. J.J. Smith het onlangs ontdek, dat die
skrywer van die politieke vlugskrif die Cradockse magistraat L.H.
Meurant (1811-1892) was.[1]
Ongeveer tien jaar na die verskyning van die eerste Afrikaanse boek
word Ds. S.J. du Toit oortuig van die deugdelikheid van die volkstaal
deur die Hollandse onderwyser Arnoldus Pannevis. Wanneer
laasgenoemde op 7 September 1872 in De Zuid-Afrikaan 'n artiekel
skryf oor _De Bijbel in het Afrikaansch_, dan begint die Eerste
Beweging, wat op 14 Augustus 1875 vaste vorm kry deur die oprigting
van _Die Genootskap van Regte Afrikaners_.[2]
Die verdienstelike werk deur die Eerste Beweging, nie alleen op taal-
maar ook op nasionale gebied verrig, is deur verskillende skrywers
behandel.[3] Reeds vóór die anneksasie van die Transvaalse Republiek
(1877) het Die Patriot al roering in die Kaapprovinsie veroorsaak;[4]
"en in die jare van lydelike verset wat daarop gevolg het, kom die
patriottiese ontboeseminge vinnig in verset teen die nasionale druk; 'n
oorkropte gemoed stort hom dikwels uit in bittere versugtinge, of die
digter verdiep hom in blye bespieëlinge van 'n mooier môreskemer,
eendag."[5] Maar die groot stoot, wat gelei het tot 'n nasionale
herlewing deur die hele land het eers gekom met die Vryheidsoorlog.
Op 15 April 1881 verklaar Die Patriot: "Die Afrikaners, veral die jeug,
het nou 'n afkeer gekrij teën vreemde tale en sede, veral teën Engels, en

daar is 'n ambisie opgewek ver ons eie volk en ons eie taal.... Die
verwijt dat ons, Afrikaners, gen nasionaliteitsgevoel het nie, is oek nou
beskaam."[6] Dit was die eerste kragtige ontwikkeling van die
volksbewussyn, waarvan in die stryd teen Willem Adriaan van der Stel
Continue reading on your phone by scaning this QR Code

 / 145
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.