Trekkerswee

Totius
A free download from www.dertz.in
The Project Gutenberg EBook of Trekkerswee, by J.D (AKA Totius) du Toit
This eBook is for the use of anyone anywhere at no cost and with almost no restrictions whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms of the Project Gutenberg License included with this eBook or online at www.gutenberg.net
Title: Trekkerswee
Met tekeninge van J.H. Pierneef
Author: J.D (AKA Totius) du Toit
Release Date: August 18, 2005 [EBook #16543]
Language: Afrikaans
Character set encoding: ISO-8859-1
? START OF THIS PROJECT GUTENBERG EBOOK TREKKERSWEE ***
Produced by Michael Ciesielski, Christine D and the Online?Distributed Proofreading Team at http://www.pgdp.net
[Illustrasie: Voorblad]
Totius?Trekkerswee
Met tekeninge van?J.H. Pierneef
Tafelberg
INHOUD
'n Woord van Inleiding
Silwer Strale 1
Goue Gode 31
Groue Grawe 59
'n Woord van Inleiding
Die versies verplaas ons bo-op die Rand, ongeveer waar Johannesburg nou l��. Daar het oom Gert, 'n trekker, met vrou en enigste dogter, gaan woon. Later kom oom Koos, 'n kolonis, wat in die nabyheid grond gekoop het. Sy seun Willem raak verlief op Dina, oom Gert se dogter. Nadat die twee families saam Perdekraal-fees gevier het, gaan Willem en Dina trou.
Die tweede versereeks beskrywe die ontdekking van die goudvelde en die opkoms van Johannesburg, maar ook die verleiding waaraan Willem en Dina, wat by oom Gert inwoon, blootgestel is en waarvoor hulle beswyk. Die tweede stuk eindig dan met die groot Boer-Britse oorlog.
Die derde versereeks verplaas ons in die tyd toe die Unie tot stand gekom het, en beskryf die treurige einde van oom Gert en Dina.
Dis die simpele storie waarop die hele gedig gebou is. Ons kan hier nog byvoeg dat die S.A. Akademie, deur die vrygewigheid van genl. Hertzog, in staat gestel is om jaarliks 'n milde geldprys vir letterkundige werke uit te loof. Die prys vir 1915 is aan hierdie gedig toegeken.
[Illustrasie: "Verlore-klein l�� op die Rand / hul huisie in die trekkersland."]
Silwer Strale
I
Dis heuwels, heuwels, heuwels net?sover 'n mens se oog kan speur;?grasheuwels waar ook riwwe gaan,?met enkele stroompies tussendeur.
Daar is geen ho? berge nie,?want hoog is daar die w��reld self;?en luggies waai daar dun en fris,?of dit stroom uit die blou gewelf.
Die baie dale en klowe wat?die hoogland kruis en dwars deursny,?bied winterskuiling vir die vee?wat anders al te koud sal kry.
En as die eerste rypies val?trek bosveld toe wat kan,?om daar in lekker warrem son?hul winterlaers uit te span.
Maar somers is dit heerlik op?die Rand; dan l�� in sonnegewaad?die heuwels soos ramme te sluimer-slaap?langs strome wat lag en praat.
Dan re?n die wolke somaar as?hul swaar skuif oor die ho? land,?en die dak van Transvaal se geute spuit?die water weg na alle kant.--
D����r in die ho? wildheid met?sy huppelende heuwelskoon?het jarelank 'n trekker met?sy vrou en kind alleen gewoon.
II
Verlore-klein l�� op die Rand?hul huisie in die trekkersland;?dit is 'n stip net in die wei--?die rietedak en muurtjies van klei.
Daarlanges l�� die beestekraal,?waar smiddags doodse stilte daal?as kalfies, in die son gebraai,?die vlie? van hul kop l�� waai,
so dom-gerus; en bly-ontsteld?eers opspring as uit ruie veld?die koeie aandraf wat met hul?geloei die awendstond vervul.
'n Bietjie verder van die huis,?waar mielieblare helder ruis?as windgeroer hul sanggeluid?hef bo die dowwe velddreun uit,
l�� laer af, 'n klein vierkant,?die rooi geploegde akkerland?waaruit die boer by goeie jaar?sy mielies, ��l sy graan vergaar.
'n Enkele perske, aan die lug?gew��nd, dra daar sy goudgeel vrug,?en bied, gedroog, in wintertyd,?'n skaars-verkrygbre soetigheid.
Dit is die plasie wat daar leg,?s�� rustig in die wydte weg--?'n koninkrykie op homself?waaroor 'n helder hemel welf.
III
Nou ry 'n ruiter oor die rant.?Die bodeur 's oop al as hy kom;?net die onderdeur se werwel draai?'n vrouehand by die aanklop om.
Sy groet as sy hom binnelaat,?en vra hom wat sy wense is:?hy moes maar bietjie sit as sy gaan?om pa te s�� dat daar mense is.
Sy skuif verby met mooie buig?en stap met ligte voetstap weg.?Die vreemdeling sien skrams nog net?haar volle wese en hare-vleg.
'n Glimp, 'n glans, 'n gouigheid,?nes of 'n gees verskyn.?Maar nooit sal in sy lewenstyd?di�� ligbeeld uit sy siel verdwyn.
So half-verle?, asof bespied,?laat sy haar hande strelend gly?oor halme wat in volle saad?hul hooghef aan haar wedersy,
en saai 'n handvol grassaad heen,?denkend so in verbygaan dat?by se?ning van wind en re?n,?'n enkele wel sal wortel vat.
Intussen kom haar moeder met?'n lekker koppie koffie aan;?sy sit gesels en sien haar kind?al verder na haar man toe gaan.
IV
Hoe lyk dit of die plasie so?all��nig in die w��reld leg??Is daar geen ander plase omheen--?naby en verderweg?
Ek sien daar nog geen telegraaf?of kronkelende spoorwegbaan;?geen stofferige heuwelpad?wat na die trekkerswoning gaan.
Net oor die werf, met kweek deurwas,?l�� duidelik in kronkelspoor--?so loop die mens se voet altyd--?die voetpad na die watervoor.
En verder, aan die werf se kant,?juis waar die ho? halme waai,?sien ek 'n tweelingstrepie wat?bevallig deur die velde swaai.
Die tweeling-spoortjies, so gering,?met die maanhaar tussenbei,?is die kompas wat trekkersboer?deur skraal bewoonde streke lei.
Dit is sy seker spoorwegbaan,?meteens sy wisse tel'graaflyn,?waarlanges gaan sy tripp'laar en?sy stadige ossewa-trein.
Wanneer
Continue reading on your phone by scaning this QR Code

 / 14
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.