hier en daar 'n reël of 'n woord wat ek nou, as ek
weer die rympies moes oorskrywe, nie sou behou nie.
Die meeste van die gediggies is gemaak geword, toe ek nog half flou
was met die skok van die oorlog, en toe die donder van die Engelse
kanonne nog altyd in my ore was. Miskien het dit my snare al te veel
laat tril. Miskien is dit beter, dat ons nie meer oor sulke goed praat of
sing nie. Maar daar is ook 'n ander kant: en dit kan wees, dat daar onder
my lesers is, wat nie maklik vergeet nie, hoe gou hul ook vergewe. Ek
laat dus maar die versies, soos ek hul geskrywe het, in die hoop, dat die
leser hul met 'n bietjie geduld en lankmoedigheid sal lees, en nie 'n al te
strawwe oordeel sal vel oor
_Die Skrywer_.
LONDEN, Oktober 1911.
BY DIE TWEDE DRUK.
Die spelling is in ooreenstemming gebring met die voorskrifte van die
Suidafrikaanse Akademie; en hier en daar is 'n woord verander, of die
punktuasie verbeter. Vir die orige is die gediggies nog, soos ek hul
oorspronklik geskrywe het.
C.L.L.
PRETORIA, Mei 1917.
INLEIDING.
'n Teken van Lewe en Groei.
As 'n gesonde kind 'n seker leeftyd bereik, dan begin hy praat, en sy
moeder is groots. So ook met 'n volk: solank as hy nog jonk en klein is,
is dit voldoende vir hom om na die stem van die moederland te luister;
maar sodra hy verstand begin kry, wil hy ook self praat--op sy eie
manier. Hoe krom en skeef die eerste woordjies vir volwasse ore ook
mag klink, dit getuig van lewe en vooruitgang--en aanhou!
Gedurende die laaste helfte van die neentiende eeu het die Afrikaanse
volk selfbewus begin word, en gevolglik ook begin lisp. Toe kom die
gebeurtenisse van die end van die eeu; en dié het sy groei sodanig
verhaas, dat dit bykans onmoontlik is om in die forse mannetaal van
vandag die dowwe stemmetjie van tien jaar gelede te herken.
Sover ek weet, dagteken die allereerste geskrif, waarin die
Afrikaans-Nederlandse taalvorm op 'n bewuste wyse aangewend word,
uit die jaar 1861. Ons skryftaal is dus uiterlik vyftig jaar oud; en wat
beteken vyftig jaar in die lewe van 'n volk? Elkeen weet, hoeveel eeue
dit geneem het om 'n standaardtaal in Duitsland of in Engeland te
ontwikkel; en in vergelyking met dié lande gaan alles by ons snel,
verbasend snel--maar tog nie te snel nie, want ons lewe mos nie meer in
die Donker Middeleeue nie, en ons hoef ook nie te wag nie op die koms
van 'n Dante, 'n Luther of 'n Chaucer, om vir ons uit 'n legio van
dialekte te kies of te smee, wat ons reeds besit--'n algemene Afrikaanse
taal.
Die Taal is die Volk Self.
Dit is 'n ou gesegde, deur alle eeue heen gehoor, dat volk en taal ten
nouste aan mekaar verbonde is. Die taal weerspieël die karakter en die
geskiedenis van die volk, wat dit praat; en 'n volk gee alleen dan sy taal
op, as hy nie meer as selfstandige volk kan of wil bestaan nie. Die mag
van die volkstaal as 'n middel om die volk te ontwikkel en aan te vuur,
is ook oorbekend uit die geskiedenis van byna elke nasie ter wêreld.
Tereg kon Willems, die wakkere en ywerige kampvegter van die
Vlaamse Beweging, getuig:
O Belgen! uw geluk is aan uw taal verbonden;
Slaat uw geschiedrol
op; waar gij uw recht geschonden,
Uw heil vertreden vindt, de
landspraak vindt ge er bij, En haar verdelging steeds het doel der
dwinglandij;
Want om naar eisch der kunst een moedig paard te
temmen, Moet men door 't slaafsch gebit, vooral zijn mond beklemmen;
Die kunstgreep is aan Spanje en Frankrijk nut geweest,
In 't
onderdrukken van den Nederlandschen geest.
En wat omtrent die taal van die Afrikaner? Vorm die 'n uitsondering op
die reël? Geensins. Die Nederlandssprekende[1] Afrikaner--'n
afstammeling nie alleen van Hollandse, maar ook van Duitse en Franse
voorouers--het, deur 'n verblyf van twee eeue en 'n half, onder 'n
Afrikaanse son en in 'n Afrikaanse omgewing, kenmerkende
eienskappe ontwikkel, wat aan die Hollander van vandag totaal vreemd
is. Dié eienskappe word natuurlikerwys in die taal van Suidafrika
weerspieël; en juis dié feit is een van die grootste redes vir die skrywe
van 'n Nederlandse taalvorm, wat, ewenas die Afrikaner self, uit
Suidafrika geboortig is. Ons eenvoudige, maar doelmatige grammatika
en die vele tiepiese woorde en uitdrukkinge, in Suidafrika ontstaan of
uit ander tale ontleen om in die behoefte van die land te voorsien, roep
luid om erkenning, en moet ook erken word, as ons die ontwikkeling
van ons volk nie onnodig wil strem nie. En ook niks minder as algehele
erkenning is nodig; want om aan tiepies Afrikaanse woorde Hollandse
stertjies te gaan las of geslagte
Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.