slingerpad!
88
XIX. Die see het juwele, robyne
88
XX. Die see is wild, die see is blind
89
Die Einde
90
OPDRAG.
"Aan almal, wat voorgegaan het".
Die son gaan onder in die weste, agter
Die grysvaal koppies van ons
ou Karoo;
Die hele lug is rooi, en goud, en silwer,
Met elke wolk
half-wit as sneeu daarbo;
En saggies oor die veld hier val die skemer.
Die laaste glans en jongste gloed verdwyn
Van elke berg, waar nog
so kort die kranse
Geverf was deur die son met karmosyn.
Oor al
ons land daar trek die nag 'n skadu,
Groen as die blare van 'n
sederboom.
Die hamerkop verlaat die vlei; die reier
Stap na sy nes
om op een been te droom;
Die naguil vlieg, en vlieënd klop sy vlerke;
In die tabaktuin gons die duiwelby;
En die aandblommetjies is
algar ope
Om wierook oor die vlakte te versprei.
Waar in die weste,
as 'n muur van purper,
Die bergrant teen die lug 'n skadu bou,
Daar
stadig klim die volmaan na die sterre
En haal die hele wêreld weer uit
rou.
Sag is die nag en slaaprig al die wêreld--
Sag as die wit
gesiggie van 'n kind.
Dof in die maanlig skitter net die sterre,
En
rustig in 'n klipskeur skuil die wind.
Slaap rustig so, jul almal, wat
geworstel,
Slaap so, jul algar, wat gesneuwel het!
Hoe hard ook was
die dag, die nag gee slaaptyd:
Na stryd kom slaap--dis die natuur se
wet!
Kan julle op ons neerskou as die sterre,
Kind, vrou, en man,
wat in ons tyd van nood
Die bitter kelk gesluk het en gevinde
'n Rus
vir ewig in 'n heldedood,
Neem dan, wat ek (die nooit geen kans
gehad het
Die laaste stap te doen uit liefdeplig)
As brokkies vir 'n
eerbewys gebou het--
'n Nietig reeks van rympies--my gedig.
Ja,
nietig, want geen sterretjie kan dowwer,
In vergelyking met jul
voorbeeld, blink--
En tog, miskien, dis moontlik, dis 'n weerklank,
Van wat vir altyd in ons harte klink!
Die maanlig gooi 'n silwerwaas oor velde,
Waar eens die grys
kruitwolke het gerol;
En elke plaas, wat vroeër van rook geruik het,
Is met die geure van aandklossies vol.
Maar selfs die silwerlig kan nie
verberge
Die tekens van die tyd tien jaar verby:
Maak net jou oë toe,
en tussen wierook
Bespeur jy nog die kruitrook op die vlei!
Ja, man,
wat op die slagveld het gesneuwel,
En in die kinderkampe, kind en
vrou,
Slaap rustig stil, julle, wat so geworstel,
En so gesterwe
het--want ons onthou!
VOORREDE.
As 'n mens 'n Voorrede skrywe, dan het hy die reg om van homself te
praat. Ek wil egter van die reg afsien, want van myself is daar niks te
vertel nie. Slegs dit: hoe ek daartoe gekom 't om die bundel rympies te
laat druk. En miskien is dit nodig, dat ek die leser 'n verklaring van
sulke astrantheid gee.
Vir jare het ek my vermaak met versies draai en met die loop van tyd
het ek 'n hele boel van die rympies in my tafellaai opgegaar. Dit was,
en is, 'n onnosel vermaak, waarmee ek net maar myself gekwel 't,
deurdat ek somtyds nie 'n rym in die hande kon kry nie, en nog meer
kere nie goed in woorde kon uitdruk, wat ek gevoel en ondervind 't.
Toe het ek terloops eenmaal met my vrind Smith oor ons taal gepraat,
en hom ook een en ander van my versies gewys. Hy was vrindelik
genoeg om te sê, dat dit hom geïnteresseer het; en later het hy my
wysgemaak, dat dit ook miskien andere van ons mense kon interesseer.
Hy het sommige van die rympies uitgekies--dié wat in die volgende
bladsye staan--en het my gehelp om dit vir die pers klaar te maak.
Die leser sien dus, dat die boekie in 'n seker sin soveel sy, as my kind is,
en dat hy 'n deel van die lof, as daar lof is, of van die blaam, as daar
blaam is, moet dra.
Vir die gevoelens, wat in die gediggies geuiter word, is ek alleen
verantwoordelik. Ek weet natuurlik nie, of die gevoelens byval sal vind
nie by ons mense, wat nog gediggies lees; en ek vra ook geen ekskuus
daarvoor, al is daar
Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.