Oom Gert Vertel en Ander Gedigte | Page 6

C. Louis Leipoldt
bewys, dat die Afrikaanse taal onmagtiger of minder verhewe is as enige ander Germaanse taal? Dit is die taal, wat deur 'n hele volk, ja in die hoogste en aansienlikste kringe van di�� volk, gepraat word, en wat hom ook reeds by magte getoon het om die diepste digterlike ide? in sierlike woorde te vertolk.
Die bekwaamheid en doelmatigheid van Afrikaans is nooit ernstig betwis geword; maar meer as een te?stander het sy toevlug geneem tot die standpunt, dat Afrikaans laag en plat is--'n gebrou van Hottentots en Hollands, 'n Maleis-Portugese mengelmoes. Mense, wat so praat, laat hulle vooroordeel met hulle verstand weghol. Hier is die feite: Afrikaans is so "plat", dat selfs Dominee dit in sy preke op die preekstoel gebruik, en dat selfs die hooggeleerdste Afrikaner in sy natuurlike oomblikke hom daarvan bedien in sy huislike omgewing. Taalvorsers, wat in alle verskimmelde hoekies gegrawe het, het al te saam nog geen honderd-en-vyftig Indiese en Hottentotse woorde in ons taal kon aantoon; en onder di�� getal is daar nog meer as een, waarvan die afleiding verkeerd of twyfelagtig is. Die Maleis-Portugese invloed veral is geweldig oorskat geword, en daar is o.a. geen voldoende rekening gehou met di�� Maleis-Portugese woorde, wat ook in Hollands bestaan of bestaan het, en wat ons dus waarskynlik deur Holland gekry het. Maar dis nie hier die plaas om di�� onderwerp te bespreek nie, en ek volstaan dus met daar net op te wys, dat Afrikaans een van die suiwerste Germaanse tale is, wat daar vandag bestaan, oneindig suiwerder as Hollands--om nie eers te praat van Engels nie met sy duisende van vreemde woorde uit elke moontlike taal ter w��reld ontleen. Nee, die taal self is seker goed genoeg.
Maar wat omtrent die omstandighede? Is dit wel wenslik en prakties om in die twintigste eeu met 'n nuwe skryftaal aan te kom? Wel seker is dit. Dit is wenslik, want dit sal ons 'n intellektuele mag en 'n natuurlike selfstandigheid gee, wat ons onmoontlik met 'n ander taalstandaard kan verkry. Nou word dit nog dikwels verskonenderwys ges��: "Hollands is te moeilik; Afrikaans het ek nooit leer spel nie: ek is dus verplig om my toevlug tot 'n vreemde taal te neem." In dieselfde gees word ook menigmaal geklaag: "Hollandse boeke val nie in my smaak nie; Afrikaanse boeke bestaan daar nie, of nie genoeg nie: gevolglik lees ek net Engels." Die slotsom van dit alles is: die Afrikanerdom ly skade, en word van sy beginsels vervreem. Die gees tog is van oneindig groter waarde as die vorm; en sal ons nou, in ons ywer om 'n seker, vir die Afrikaner verouderde vorm te behou, die gees veronagsaam?
Die toestande in ons land is baie gunstiger vir die ontwikkeling van 'n nasionale skryftaal, as dit ooit in enige Europese land gewees het. Daar is by ons, byvoorbeeld, geen teenoormekaarstaande dialekte nie: inteendeel, ons taal is wonderlik eenvormig van die Kaap tot aan die Sambesie; en daar kan dus geen stryd ontstaan omtrent die basis van 'n algemene skryftaal nie.
Ons het ook die voorreg om by die ontwikkeling van ons skryftaal, die hulp in te roep van die hedendaagse taalwetenskap om vir ons die beste woordvorme te bepaal in die paar gevalletjies, waar daar wel verskil van uitspraak bestaan, of om vir ons aan 'n praktiese, wetenskaplike spelling te help; en ons hoef dus nie, ewenas die Europese nasies, di�� dinge aan die eeue-durende willekeur van die tyd oor te laat nie.
Dan weer is daar die moderne drukpers, wat ons 'n mag gee, waar geen middeleeuer ooit van gedroom het nie.
Die allergrootste voordeel l�� egter daarin, dat ons Afrikaans 'n spruit is van 'n edel en ou geslag, wat nie alleen in Suidafrika nie, maar ook in Holland en Vlaandere voortlewe--'n geslag, wat 'n ryke litteratuur en 'n uitgebreide woordeskat gesamentlik besit.
Vyftig jaar gelede was die taal van die Czechs versmaad en verag, sonder letterkunde en sonder enige regte: vandag bloei die taal in hof en skool en universiteit, nieteenstaande die langdurige verset van die Duitssprekende inwoners van Boheme; en Praag, die hoofstad van die land, het dosyne boekwinkels vol met werke in die Czechiese taal--ja, selfs die straatname van Praag is alleen in Czechies te lees. En dit alles kon binne 'n halwe eeu geskied, en in weerwil van die bitter te?stand van die Duitse taal met sy w��reldlitteratuur! Voorwaar, die saak is in Suidafrika nie hopeloos nie.
Twee Taalstandaarde.
Vir my is Afrikaans en Hollands nie soseer twee afsonderlike tale, as twee afsonderlike standaarde van dieselfde Nederlandse taal, waarvan die een meer bepaaldelik in Suidafrika, die ander meer bepaaldelik in Holland tuis hoort. Elke standaard het sy ontstaan te danke aan die besondere behoeftes en omstandighede van 'n besonder land.
Atties, Dories en Ionies was drie letterkundige standaarde van dieselfde Griekse taal; en net so kan Hollands en Afrikaans as twee
Continue reading on your phone by scaning this QR Code

 / 31
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.