Trekkerswee | Page 9

Totius
draai
wat die waentjies optrek met die

gruis.
Die heuwels is party al oud;
verlate en vasgereën party,
en storms
het baster-klofies in
hul naakte ribbes ingesny.
Die ander is nog in die maak
van poeiergrond of gruis nog grof;
en
as die wind die fynes vat,
dan trek daar tuite stof.
Die heuwels lyk soos duine wat
in blankheid rys aan verre strand--

dáár rys hul uit die blou-diep see,
hier uit die aard se ingewand.
Hier's ook 'n dreuning soos die dreun
van sagbewoë wêreldsee,
en
winde wend, dan hier, dan daar
die dowwe dreuning met hul mee.

Maar waarom is die heuwels dan
so hoog en ook so bleek?
En
waarom is die dreun so diep,
so droef nes een wat smartlik smeek?...
Hul sê die duine aan strand is die
grafheuwels van wie sterwe in see;

en daardie droewe dreuning is
die klag van wees en weduwee.
Maar hiérdie heuwels, heuwels dan
wat ook so hoog is en so bleek?

En hiérdie droewe dreuning dan
wat klaag soos een wat smartlik
smeek?...
II
'n Agtal jare is weer verby.
Die boereplase is opgebou,
die platjies
is weer huise nou,
die woeste leegte 'n landery.
Gou ruk weer alles
in verband--
Suid-Afrika's 'n wonderland!
Maar net oom Gert se lewe kwyn.
Sy hart is nie meer in die werk,

sy wank'le bene is al onsterk,
en ook die plasie word te klein.
Die
lewensreggie, kort van duur,
wag net nog op sy sterwensuur.

Wanneer hy die omtrek saans beskou,
hoedat die huis-tal groter word,

die vrydom steeds word ingekort--
dan sê hy: "Ja, daar is dit nou!

Die vroeëre boere-paradys
is nou één molshoop, groot en grys.
"Hier bly net hope en holtes lê:
die vreemd'ling kraak die neut in twee

waarvan hy ons net doppe gee,
maar al die neutvet dra hy weg.

Ons goud gaan na 'n vreemde strand--
Transvaal bly lê: 'n
armmans-land!
"Die voorpos van die armes woon
in Blikkies-dorp se kronkel-sink

wat ver soos bottelstukke blink.
Hul lewe van 'n hongerloon
in
huisies aanmekaar gepas
en jaartjies vol van steenkool-as.
"Ag, arm Transvaal, waarvoor ek vrees,
jy't Afrika voorheen geroer

tot wakkerskudding van die boer--
sal jy nie nou die laaste wees?

Jou heil'ge eersgeboorte-reg
word op die mark te koop geleg."
III
Oom Gert het min verwagting meer.
Nog één ding hou hom aan die
loop,
dit is die vleugie van 'n hoop
dat eens sy dogter weer sal keer.

Die droewe en tog verbede dag,
daar bly sy siel nou stil op wag.
Sy hopie word hom aangesterk
deur 'n storie in 'n boek gelees:
"In
Skotlands berge is 't gewees,
en 't was ook daar 'n stad se werk.
'n
Eenge dogter in haar fleur
is uit die vadershuis geskeur.
"Nie wetend waar sy swerwend gaan,
kon haar vader net nog bid.

Geen grendel is snags opgesit,
maar deur die deur wat opestaan,

flikker 'n kersie heelnag lang,
wat haar by weerkoms moet ontvang.
"En ja, sy het eennag gekom!
Die trekking van die ver-oop deur,
en
kersgeflikker deur die skeur,
die stille bede-heiligdom--
ja die
gebed nog allermees--
was 't vir haar hart te sterk gewees?...

"As sy haar vader wenend kus,
bars die oue ook in trane uit:
'My
kind, die deur was nooit gesluit
en daardie kersie nooit geblus;
dáár
het ek biddend, nag aan nag,
geduldig op jou koms gewag.'"

Maar ag, oom Gert se hart is bang;
want as die jaartal al maar slyt,

dink hy: "My hoop is ydelheid,
my wagte duur tog al te lang;
my
lewensdaggie's netnou om,
en dan het sy nog nie gekom."

Die mense vier al Unie-fees!...
Hy, arme, sal ook maar gaan kyk

hoedat die nuwe wêreld lyk--
wie weet, miskien sal sy daar wees!

Sy eensaamheid verlaat hy dan
en kyk die vreemde wêreld an:
IV
Hoe mooi het al die stad geword!
Hoe slinger, soos 'n krans, omheen

die villatjies in keur van steen
en wisseling van boumodel!
Hoe mengel hulle kleuretint,
van helder-wit tot donker-dof,
omlaag,
omhoog; dis alles of
'n kunst'naarshand hul plek bepaal.
Hoe groei die bome in die rots
en bloei die blomme in kleure sag,

vlak teen die rant se wilde prag,
asof dit nooit nie anders was.
En dan, die golwende verskiet
van bulte en bosse, al deureen,
totdat
die oë vasslaan teen
Magaliesberg, die groot blou reus.
('n Bietjie goud maak baie mooi,
en--dis maar krummels van die
groot,
uit louter goud gebakte brood,
wat na Europa word vervoer!)
Ook saans nog wyk die mooiigheid
nie heeltemal nie, want dan blink

'n see van liggies; mens sal dink
die sterre 't uit die lug geval.
Die stad self lyk nou een en al
koopmanspaleise opeengehoop,


waartussen al die mensies loop
wat vreselike drukte maak.--
Oom Gert sien niks van al die skoon.
Die agterbuurt, daar dink hy aan

waar die blikhuisies almal staan,
en alles vuil-armoedig is;
bedink maar hoe die mense woel
waar huise en stof die son versper,

waar sawends skyn geen maan of ster,
en net die lampeskynsels
blink.
Hy sien skoorstene en steenkoolrook;
hy hoor die treine met hul haas;

hy hoor die myn se toeter blaas,
en 't gaan asof die aarde brul.
Hy dink dan aan die myn-graf waar
die mense lewendig in kruip,

om soos erdvarke rond te sluip
vir bietjie geld en--longekwaal.
Hy dink aan ander duisende
van mense, voorheen eerbaar-braaf,
vir
wie die skandgraf word gegraaf
wanneer die goud rys uit die grond.--
Maar--daar is fees bo-op dié graf!
Nes die ou tyd
Continue reading on your phone by scaning this QR Code

 / 15
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.