Trekkerswee | Page 7

Totius
vriendskap is geskeur.
Is
dit miskien die profesie
van wat op later dag nog met
die hele nasie
sal gebeur?...
Dina het Engels gou geleer,
en ook so mooi leer sing...
Sy het
verlaas oom Koos besoek
om hom saam met sy huisgesin
tot
vriendskap met die stad te dwing.
Sy praat van meegaan met die stroom,
van nie so alles te vermy.

Maar nee, oom Koos het vas besluit
dat hy met sy geslag
op die
ou-ou boere-pad sal bly.
Sy sing oplaas vir hul 'n lied
om so hul harte nog te vang.
Oom
Koos die volg dit met 'n sug
en dink aan beter tyd terug
wanneer hy
hoor die mode-sang:
X
"Stad waar die ligte newels swewe,
waar ligte luggies skitter-bewe;

stad op 'n hoogland uitgebou,
ver-sigbaar by die hemelblou--

Johannesburg jy's waarlik ja
die glorie van Suid-Afrika.
"Van digte donkerheid omgewe
het Boer en Kaffer hier gelewe;
hul
kon die goudstraal nie ontdek
wat die beskawings-lewe wek;
geen
boeretent of ossewa
kon lig bring vir Suid-Afrika.
"Geen trekker bring hier nuwe lewe,
maar deur 'n hoër drang gedrewe,


kom pionier en delwer aan
wat goudvonke uit die rotse slaan.

Johannesburg die was weldra
die ligpunt van Suid-Afrika.
"Johannesburg is hoog van strewe,
wat laag is word nie neergedrewe,

maar naturel en trekker-boer
word uit hul onkunde opgevoer.

Johannesburg is waarlik ja
die glorie van Suid-Afrika.
"Johannesburg is hoog verhewe,
die koningin uit lig gewewe;
haar
goue beeld sal wonders doen,
sal immer ophef en versoen.

Johannesburg sal steeds hierna
die glorie wees van Afrika!"
XI
Blink is die saal van lampelig;
gloed-helder blink hulle aangesig.
Warm is die saal van somergloed;
warm en onstuimig die hartebloed.
En kringlend sweef daar bont deureen
die danseresse op ligte been.
Maar Dina is die skoonste as sy
haar liggaamskoon in dans uitsprei;
en Willem, die gewenste man,
sien van die kant die skouspel an;
terwyl hom loof 'n kring van mans
dat hy só 'n vrou leen vir die dans.
Daar word gebuig, gevra, geswaai,
die arrems in mekaar gedraai.

Dan rus oom Gert, in slaap gesink,
waar net Gods sterre in stilte
blink.
Rus?... Nee, hy sien op donker muur,
in helder letters van hemelvuur:
"Geweeg, geweeg, te lig bevind!"
Dan roep hy: "Ag, my arme kind!"
Sy vrou die stoot hom saggies aan,
maar berg ook self 'n snik en

traan.

Dof word én saal én walsgeluid,
en langsaam gaan die lampe uit...
Leeg is die saal... Op tafelblad
staan leë bottels in hul nat.
En eind'lik, ná die sondenag,
staan weer daarbuite 'n ander dag.
XII [A]
'n Warrelwind, die dagspook wat
so plots ontwaak,
en plots op
straat of in die pad
sy dans-swaai maak--
is hy nie soms die bode
van
'n storm wat naak?
Papiere, blare, voddegoed,
van stof deurdring;
geswaai, geruk, soos
in 'n tregter
opgewring,
kry skielik lewe en asem, hul
dans in 'n
kring.
Is dit 'n gees, haastig gedaal
uit hoër lug,
wat van 'n naadrende
onheil bring
die voorgerug?...
Kyk hoe die loom-lui stof geswind

sy voet ontvlug!
Of is dit dalk 'n toorheks wat
puur uit 'n grap,
op straat al in die
rondte wals
met ligte stap,
en met die voddegoed en stof

kalkoentjies trap?...

Rumoer'ge warr'ling langs
die stof-vuil straat;
binne die sinkgebou
staan al
'n mense-plaat,
en op die platform staan 'n klomp
klaar
om te praat.
Uit alle wêreld-oorde saam
gewarrelwaai,
lyk hul oom Gert soos
hane wat
staan koningkraai;
wanneer hul veg vir stemreg met
'n
groot lawaai.

Intussen pak die stormwolk al
op Tafelberg;
en anderkant die water
is
'n leeu vererg
wat nog in sagte woorde-klou
sy naels verberg.
Oom Gert is moeg van die tumult;
ryp is sy plan:
hy self met
honderd ander storm;
gryp pote van
die stoele, en slaan op kop en
lyf
so wat hul kan.
Die helde vlug na alle kant
die deurpoorte uit.
Van lae galery vlug
hul
deur vensterruit,
totdat 'n al te dikkert daar
op half-lyf stuit.
Oom Gert laat hom dit dugtig op
sy sitplek voel.
Die dikkert skreeu
sy buitevriend:
"o Pull, John, pull!"
Oom Gert die slaan; die dikkert
roep:
"o Help, John, pull!"
[A] 'n Beskrywing van die stemreg-agitasie.
XIII
Is 't oorlog?... In oom Koos se huis
woel almal net om klaar te kry.

Daar word geslag weer en gebak,
en buite voor die agterdeur
trek
reeds die seuns die bokwa reg
om op te pak.
Die harte voel nie lekker nie,
die woorde het angstig-min geword--

soos steeds by donker voorbesef,
by die vergeefse angsgevraag
van
hoe en waar
die ontwaakte lewenslot sal tref.
Lughartig praat 'n enkele seun
hoe hy die Engelsman sal skiet,
maar
moeder maan: My kind, my kind!
Die seun wyk willig vir die woord,

want, ja, daar was 'n kleinigheid
wat hy nog aan sy saal wou bind!
Dis amper klaar... Daar kom hul aan,
die burgers van die omtrek,
want
oom Koos die is nog veldkornet...
Straks staan hul, teuel in die
arm
en met geboë hoof,

want een gaan voor in smeekgebed.
Die vrouens staan effens opsy,
met arrems oor mekaar gevou,
nou

dat hul taak is afgedaan.
Nou kan hul eers hul smart besef,
en enkle
droog met voorskoot-punt
al die eerste oorlogstraan.
Dan skuif en skok, met gang en draf,
die burgers op hul perde weg--

dit lyk somaar 'n mengelklomp!
Maar tussen hulle flikker-blits

geweldig in die lenteson
die blinkgemaakte mauser-tromp!
Oom Gert wat hom meer tuis voel by
dié ruiterskaar--hy het oom
Koos
sy krygsmansdiens al aangebied--
die luister hoe die jongspan
in
hul oorlogsblydskap sing
die klanke van 'n oorlogslied:
XIV
Continue reading on your phone by scaning this QR Code

 / 15
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.