die skemer.?Die laaste glans en jongste gloed verdwyn?Van elke berg, waar nog so kort die kranse?Geverf was deur die son met karmosyn.?Oor al ons land daar trek die nag 'n skadu,?Groen as die blare van 'n sederboom.?Die hamerkop verlaat die vlei; die reier?Stap na sy nes om op een been te droom;?Die naguil vlieg, en vlie?nd klop sy vlerke;?In die tabaktuin gons die duiwelby;?En die aandblommetjies is algar ope?Om wierook oor die vlakte te versprei.?Waar in die weste, as 'n muur van purper,?Die bergrant teen die lug 'n skadu bou,?Daar stadig klim die volmaan na die sterre?En haal die hele w��reld weer uit rou.?Sag is die nag en slaaprig al die w��reld--?Sag as die wit gesiggie van 'n kind.?Dof in die maanlig skitter net die sterre,?En rustig in 'n klipskeur skuil die wind.?Slaap rustig so, jul almal, wat geworstel,?Slaap so, jul algar, wat gesneuwel het!?Hoe hard ook was die dag, die nag gee slaaptyd:?Na stryd kom slaap--dis die natuur se wet!?Kan julle op ons neerskou as die sterre,?Kind, vrou, en man, wat in ons tyd van nood?Die bitter kelk gesluk het en gevinde?'n Rus vir ewig in 'n heldedood,?Neem dan, wat ek (die nooit geen kans gehad het?Die laaste stap te doen uit liefdeplig)?As brokkies vir 'n eerbewys gebou het--?'n Nietig reeks van rympies--my gedig.?Ja, nietig, want geen sterretjie kan dowwer,?In vergelyking met jul voorbeeld, blink--?En tog, miskien, dis moontlik, dis 'n weerklank,?Van wat vir altyd in ons harte klink!
Die maanlig gooi 'n silwerwaas oor velde,?Waar eens die grys kruitwolke het gerol;?En elke plaas, wat vroe?r van rook geruik het,?Is met die geure van aandklossies vol.?Maar selfs die silwerlig kan nie verberge?Die tekens van die tyd tien jaar verby:?Maak net jou o? toe, en tussen wierook?Bespeur jy nog die kruitrook op die vlei!?Ja, man, wat op die slagveld het gesneuwel,?En in die kinderkampe, kind en vrou,?Slaap rustig stil, julle, wat so geworstel,?En so gesterwe het--want ons onthou!
VOORREDE.
As 'n mens 'n Voorrede skrywe, dan het hy die reg om van homself te praat. Ek wil egter van die reg afsien, want van myself is daar niks te vertel nie. Slegs dit: hoe ek daartoe gekom 't om die bundel rympies te laat druk. En miskien is dit nodig, dat ek die leser 'n verklaring van sulke astrantheid gee.
Vir jare het ek my vermaak met versies draai en met die loop van tyd het ek 'n hele boel van die rympies in my tafellaai opgegaar. Dit was, en is, 'n onnosel vermaak, waarmee ek net maar myself gekwel 't, deurdat ek somtyds nie 'n rym in die hande kon kry nie, en nog meer kere nie goed in woorde kon uitdruk, wat ek gevoel en ondervind 't. Toe het ek terloops eenmaal met my vrind Smith oor ons taal gepraat, en hom ook een en ander van my versies gewys. Hy was vrindelik genoeg om te s��, dat dit hom ge?nteresseer het; en later het hy my wysgemaak, dat dit ook miskien andere van ons mense kon interesseer. Hy het sommige van die rympies uitgekies--di�� wat in die volgende bladsye staan--en het my gehelp om dit vir die pers klaar te maak.
Die leser sien dus, dat die boekie in 'n seker sin soveel sy, as my kind is, en dat hy 'n deel van die lof, as daar lof is, of van die blaam, as daar blaam is, moet dra.
Vir die gevoelens, wat in die gediggies geuiter word, is ek alleen verantwoordelik. Ek weet natuurlik nie, of die gevoelens byval sal vind nie by ons mense, wat nog gediggies lees; en ek vra ook geen ekskuus daarvoor, al is daar hier en daar 'n re?l of 'n woord wat ek nou, as ek weer die rympies moes oorskrywe, nie sou behou nie.
Die meeste van die gediggies is gemaak geword, toe ek nog half flou was met die skok van die oorlog, en toe die donder van die Engelse kanonne nog altyd in my ore was. Miskien het dit my snare al te veel laat tril. Miskien is dit beter, dat ons nie meer oor sulke goed praat of sing nie. Maar daar is ook 'n ander kant: en dit kan wees, dat daar onder my lesers is, wat nie maklik vergeet nie, hoe gou hul ook vergewe. Ek laat dus maar die versies, soos ek hul geskrywe het, in die hoop, dat die leser hul met 'n bietjie geduld en lankmoedigheid sal lees, en nie 'n al te strawwe oordeel sal vel oor
_Die Skrywer_.?LONDEN, Oktober 1911.
BY DIE TWEDE DRUK.
Die spelling is in ooreenstemming gebring met die voorskrifte van die Suidafrikaanse Akademie; en hier en daar is 'n woord verander, of die punktuasie verbeter. Vir die orige is die gediggies nog, soos ek hul oorspronklik geskrywe het.
C.L.L.?PRETORIA, Mei 1917.
INLEIDING.
'n Teken van Lewe en Groei.
As 'n gesonde kind 'n seker leeftyd bereik, dan begin
Continue reading on your phone by scaning this QR Code
Tip: The current page has been bookmarked automatically. If you wish to continue reading later, just open the
Dertz Homepage, and click on the 'continue reading' link at the bottom of the page.